
Ons baie gelukkig hier in Aus met al die gratis kampplekke en die 'grey nomades' wat hulle kinders se erfgeld uittoer, maak deeglik gebruik daarvan. Ons gebruik dit graag en selfs al is ons oppad kus toe slaap ons oor waar daar ook al een op ons roete is en met die terugkom dieselfde. Sommiges het 'n beperking van 24 uur ander weer 36 uur en daar is waar jy selfs 'n week lank gratis kan staan en die rus en vrede veilig geniet.
Nog een tussen die berge...

Hierdie gratis kampplek is so drie kwart uur se ry van ons af en ons kamp graag vir 'n naweek hier. Daar is 'n pragtige creek en die mooiste sonsondergange.

Met 'n kampsessie langs die creek geneem

Meraai lekke kamp
Welkom terug Meraai vannie baai dit lyk lekke dis mos kamp dankie vir deel
Raaitjie, julle is so…
Raaitjie, julle is so gelukkig om gratis te kan kamp met so smart kombinasie en so veilig.
Dankie vir die fotos, groete vir A3.![]()
Gratis kampering
Haai julle. Pleit skuldig :) Was groot verrassing toe ek sien Anton het die kommentare gedeel. Johann, ek draai jou groete oor aan A3 hoor. Ons is inderdaad bevoorreg om gratis te kan kamp. Mens spaar 'n magdom geld en kan feitlik 'n round trip aanpak met die minimum onkostes verbonde aan karavaanparke. Ek het die volgende geskaai:
https://www.campsaustral…
"... we followed our Camps Australia Wide book clockwise around the coastline. Our fist caravan park stop was in Canarvon in WA – about 5 months into our trip. 12 months of travel and only six nights in a caravan park – we save $10,000 we reckon!”s
Robyn told us she’ed try and stay a week at a time at free camps to make the most of the region. “Day trips radiating from the base is much cheaper.” Robyn says.





Dit lyk darem lekker om daar…
Dit lyk darem lekker om daar te kamp.
Oulike wa wat tannie Meraai -hulle het 