Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

Karavaan levelling

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Waar en hoe meet jy om jou woonwa waterpas te kry, veral vir die yskas.

Middag Ski

Op ligter noot, jy moet 'n gasbottel koppel en die gas oopdraai.laugh

Ek het gevind dat dit baie help om die gasstofie binne in die wa eers aan die brand te kry. Hou dit aan om gasvloei in pype te werkstellig. Terwyl dit brand, steek die yskas aan.

Ek het later opgehou om myne aan die gang te kry met die drukknop op die yskas. Die beterhelfte het die gasknop ingehou, en ek het sommer met die lang aanstekers die vlam aan die buitekant aangesteek. Dan moet jy die vlam lank genoeg aanhou, totdat mammie skree die pyltjie beweeg in die groen in. Dan eers kan jy die aansteker wegvat. Onthou die meeste stelsels het die outomatiese gas-afsluit sisteem. Dit is wat die pennetjie is, daar waar die vlam brand.

Hoop jy kom reg.

Wessel

0
Centurion

Dusty

Wed, 13/03/2019 - 20:14

Die stroke langs die wa an aan die voorkant is parallel met die vloer binne. Dus is die waterpas blokkies parallel aan die stroke geplak. So is verseker dat dit nie skeef is nie. Sal later n foto of so gaan neem en hier plaas

0
Heidelberg GP

StephanS

Fri, 15/03/2019 - 09:33

Die stroke langs die wa an aan die voorkant is parallel met die vloer binne.

Dusty, maak net doodseker dat dit wel so is. Gevind myne is nie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/03/2019 - 20:44

.....by die oorspronklike vraag : hoe om 'n karavaan waterpas te kry.

Ek het die linker-agter-hoek op my Exclusive bepaal as 'n punt wat  waterpas is as die wa waterpas in alle rigtings staan.  Ek gebruik die ondervermelde waterpas wat ek dan teen hierdie hoek druk en kry met een oogopslag die links/regs en voor/agter waterpas-vlakke van hoe die wa staan.

.

'

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/03/2019 - 10:58

............ongelukkig nie Johann, het dit 'n klompie jare gelede as geskenk gekry.

As ek die waterpassie dwars draai, kan ek my vrieskassie presies waterpas opstel.

.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 16/03/2019 - 19:13

Ek verkies eintlik dat ons waentjie nie heeltemaal waterpas is nie, maar 'n klein bietjie van 'n helling het na die agterkant van die bed se kant toe.  Dan rol ek gewoonlik lekker styf teen mamma vas smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus