Dit is darem lekker so 'n kitaar wat rustig gespeel word om 'n kampvuur. Wonder ek of daar enige mense hier is wat so 'n talent het?
Musiek
Kyk, as daar nou een ding is wat vir hierdie vrou sexy is, dan is dit 'n man wat kitaal speel. As hy boonop 'n bekfluitjie terselfdertyd kan bykom, nog beter. Soos Theuns Jordaan, ek loooove dit!
As ons kamp en ek hoor iewers iemand kitaar speel en sing, luister ek tog te graag, dit klink mos soos kamp! Soos Slowstrike se kinders, dit is nou lekker.
Ons oudste dogter het altyd…
Ons oudste dogter het altyd maatjie/niggie saamgeneem as ons Desember gekamp het by Warmbad. My dogter is begaafde kitaarspeler, en kleindogter , nou 10/11, is ook besig om te begin naam maak, kry kitaarlesse in Swakopmund, maar het sommer eendag vir die lawwigheid die dromme bygekom met die stokkies?, en is nou reeds goed aan die gang daarmee, natuurlik met die kitaaronderwyser se leiding. Klink my amper die dromme gaan wen!!!
Sy sal beslis vir haar verjaarsdag hierdie Junie stel dromme kry!!!
Ekke, nee wat, nie die hande en geduld daarvoor nie!!!
Kitaarspeel
In my jonger dae het vir baie jare kitaar gepeel en ook in verskeie orkeste gespeel. Ongelukkig speel ek glad nie meer nie. My 1964-model kitaar, wat saam met my deur die weermag en universiteit was, lê steeds in my kas!!
Kitaar speel
Ek het ook in my jong dae die kitaar getokkel. Later lewe slegs by familie saamtrekke. Toe ek egter aftree het my vrou weer vir my nuwe kitaar en amplifier et gekoop en het ek die stokperdjie weer sterk op geneem. Speel nou redelik gereeld by restaurante; klubs en flooi markte. Het vir my 'n Boss V2 gekry wat 10 "drum beats" het asook 'n "harmoniser" sodat dit klink of iemand saam my sing. En ja Freda, ek speel die mondfluitjie ook.
Is nou besig om 'n groep te probeer bymekaar te kry hier in Hermanus. Soek nog 'n baskitaar speler en goeie en iemand wat keyboard kan speel.
Dit is 'n baie lekker stokperdjie en hou my besig.
Kitaar speel
Nou kyk nou net. Ons het talentvolle manne hier op die forum. Nie net musiekinstrumente nie, sommer sing ook! Watter tipe musiek maak jy Servaas? Hoe noem die kunstenaars dit? Genre? Ek glo dit gee jou baie plesier. Anton is so slim met die forum, dalk bring hy nog vir ons klank ook in, dan kan ons luister. :-)
Ek doen 'n redelike groot…
Ek doen 'n redelike groot verskeidenheid musiek. Country is altyd gewild maar ek hou ook van 60's Beatles musiek, Elvis, Johnny Cash, CCR; Bee Gee's en Folk musiek en ook 'n verskeidenheid Afrikaanse liedjies. Ek hou nogal van Les Jovan se musiek. Veral as jy beperkte musiek instrumente het om 'n gehoor mee te vermaak.
Nou is dalk `n goeie tyd om…
Nou is dalk `n goeie tyd om hom af te stof en weer te begin. Ek het altyd met die kinders op my skoot gesit ek klavier speel en soos hulle groot geraak het het dit al minder geword. Dit was baie spesiaal to my dogter op haar troudag op my skoot kom sit en vra om vir haar `n stukkie te speel.
Vandag is dit my kleinseun wat daar sit en luister Hoe geseënd kan mens wees...
Die fyn lyn....
....tussen kitaarmusiek om 'n vuur en lawaai wat steurend is vir mede kampeerders.
Ek was tot tandekners Juliemaand in Skukuza "vergas" op mense wat probeer saamsing het met die musiek uit 'n selfoon. Hoe onbedagsaam kan kampeerders tog wees.
Dit is soos woonwa-klubs wat saamtrek in 'n park, en dan eie geregtig begin optree, sonder enige konsiderasie vir ander wat ook duur betaal om daar te wees. Ek het lank gelede aan 'n klub behoort en binne 2 kampe my blaker in 'n krul gewip vir die gedwonge aktiwiteite ensovoorts. .





Ek sal maar sukkel om die…
Ek sal maar sukkel om die klavier saam te piekel kampplek toe. My dogter en haar vriende en vriendinne wat soms saamkamp is `n talentvolle klomp kinders wat kitaar banjo en bekfluitjie speel. Wat vir hulle as `n groep lekker is om te sit en doen om die vuur loop soms uit op `n mini konsert ssos die mense kom luister
Groetnis