Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -28 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Branblusser?

Gariep/Alberton
Submitted by Tiengelieng on
Forums

Hallo kampeerders.

In die karavaan ( C.I Escape 2) is daar 'n monteer plek vir 'n brandblusser(tjie). My 1.5kg is net te groot om daar te pas.

Seker 'n 1kg.  Wie ry nog daai dingetjie saam? Gaan hy kan help?

Wonder maar net?

Groetnis

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 01/05/2019 - 20:56

n Brandblusser is n redelike goedkoop item, en myself dink dit is iets om altyd op standaard te hou........... daai eendag as dit benodig woord mag dalk lewens red.

0
Centurion

Matroos21

Wed, 01/05/2019 - 21:08

Ek wou nog byvoeg dat sou jy afgetrek word deur 'n kundige verkeersbeampte, is een van die goeters waarna hy/sy behoort te kyk is die (ten minste) 1kg brandblusser in die wa en die se diensdatum.   Myne en die van my kinders (9 blussers van 4,5 tot 1kg) is verlede Donderdag deur Dumela Diamond Fire by my huis gediens.  Ek laat doen dit elke jaar in April.  Die firma kontak my jaarliks om die afspraak te reël.  

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 01/05/2019 - 21:14

Oom Matroos, hierdie kant het ek n lapa, Het die brandblusser onder die lapa en in die wa laat diens. Dit is met ander vervang, en die prys billik, gemoedsrus.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 01/05/2019 - 21:27

Oom Koos Mol byvoorbeeld, hy gaan lê uitgestrek op n Nasionale teer pad, waar het jy gesien n nugter denkende mens doen dit smiley wens ek kon so vry wees.

0

Net wanneer ek stories lees oor ouens wat ses beeste vervoer en dan 'n ongeluk maak in JHB.   Wonder toe of daar 'n kundige beampte gaan wees om die ou op te skroef omrede hy waarskynlik onwettig gesleep het.  Bedoelende die sleepwa se BVM het die tarra van die bakkie oorskrei, daar nie die korrekte remme was nie en gevolglik het ons 'n resep vir 'n gemors.

Intussen moet die brandblusser gediens wees.   Vir die lapa hierbo vermeld is daar 1 x 4,5kg per 25m² nodig. 

My bakkie se 2,5kg en die wa se 1,5kg is nou reg vir die kuier in KNP in Junie.

0
Pretoria

Wollie

Sat, 04/05/2019 - 12:52

Ek is nie 'n kenner nie maar karavane kom met brandblussers uit - dit laat my dink dit is wet om 'n brandblusser in jou karavaan te he - ons sal nie ons brandblusser sommer uitgooi nie - jy weet nooit wanneer jy hom nodig gaan kry nie.   Maak net seker dat hy reg m.a.w. gediens is,  wanneer nodig.

0
Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 13/05/2019 - 15:11

Dankie manne.

Ek het die a.a een in die wa en die wyser is hoog in die groen skaal. 1.5kg en een aangekoop 4.5kg vir groter probleme en in die bakkie agter naby die kappie se deur gemonteer.

Lekker dag almal. Groete. Jan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus