Soos jy sê mes kom die wind vanaand by ons op. Die eerste keer vandat ons 19 dae gelede hier begin kamp het. Die hele dag lieflike weer. Ons kyk 7 uur nuus en die volgende oomblik toe kom hy sonder waarskuwing! Die tent ruk dat goed van die tafel binne in die tent afval. Alles word gou na veiligheid geskuif. Die weer sê ons gaan more 'n wind van 60 km per uur hê. Nog 'n stormtou word gou oorgesit. The joys of camping. Ek gaan rustig slaap, Colin moet maar worry oor wat buite gebeur. :-) :-)
Laat my dink aan n…
Laat my dink aan n soortgelyke storie by Eastco Magalies, maar ek moet dit los vir PhillyZa om te vertel. As hy hopelik eendag begin insette lewer.
Sterkte vir Colin
Stetkte vir Colin, the joys of camping / being the man⛺
Wind Storm
Gesamentlik met Storm Straps gebruik ek ook hierdie beskerming teen storms wat nogal doeltreffend is.

Gras
Kry skaam, ek het die storm net oopgegooi nog voor die gras gesny was. Die tuin engineer was te stadig na my sin en kon nie nog wag tot hy daar gesny het nie.
Dit lyk alreeds weer soos leeu wêreld daar by my huis.
Ek glo die reën sal more bietjie afneem sodat hy weer kan sny voordat ek volgende week vertrek met vakansie.
Gras gesny
DK
Thu, 13/04/2017 - 07:32
Kry skaam, ek het die storm net oopgegooi nog voor die gras gesny was
Huh. Nee maar vir my lyk dit heel netjies.
Die storm nette is ook sharp!
Die erste paar dae nadat ons…
Die erste paar dae nadat ons middel Februarie 2017 in die E-blok by Hartenbos staan gemaak het, het die wind nogal bietjie uitdagings opgelewer. Gelukkig geen skade nie.
Met die ondervinding het ek toe maar besluit om vier van Maxcons se 450mm pennne te koop om die voorste twee hoeke van die tent te vestewig. Het hulle toe by Moerbei op Hartenbos opgespoor teen heelwat duurder as wat Maxcons dit aanlyn verkoop. Maar het nie juis 'n keuse gehad nie.
Wind het gaan lê
Die wind het so tot 9 uur sterk gewaai, toe afgeneem en rukkie later heeltemal gaan lê. Vanoggend is daar net 'n ligte windjie en dit lyk na reën. Die hele wêreld is vol blare, tot binne in die tent.
Winterweer
Soos ek op die Koffiedraad genoem het, ja, hier waai 'n koue wind, alhoewel die son skyn. Johann, regtig, ons raak bietjie moedeloos. Die voorspelling bly sê dit gaan reën maar dit gebeur nie. Volgens berigte moet dit more baie reën. Die Kaapse damme is so te sê leeg en PE is vinnig oppad daarheen.
Augustus winde
Hier innie hoeveld waai die augustus winde verwoed so die kampers moet maar storm toue gooi en seker maak alles is vas kyk so skielike wind kan skade aanbring voorsorg is beter as nasorg of hoe![]()
Nes jy sê Shaun, ek het…
Nes jy sê Shaun, ek het permanent tou in die "toolbox", en soos ek hier gelees het, kan die wind jou nogal roer op Natalia.
Wil juis vir my drie penne maak met 30mm ogies bo, vir die buite pote.
Ek het baie erge stormwinde…
Ek het baie erge stormwinde beleef by Stormriviermond en my 3 stormbande het baie gehelp. Ek gebruik 2 see L penne en kruis oormekaar vir die tenttoue om te verhoed dat penne nie maklik uit die grond los kom nie. Ek het 2 stelle tentpenne vir die see en binneland. Maxcons is ook goed en ek het nog nie van hulle gekoop nie.





Ek hoop nie julle waai weg…
Ek hoop nie julle waai weg nie!