Met die gepraat op Koos se "Namibië en Botswana Toer" draad oor "Movers" het ek besluit om hierdie draad te begin sodat ons nie Koos se toer draad bederf nie.
Mover Wenke …
Len, ek stem saam en het van die begin gekla oor my installasie en steeds is ek ontevrede want ek glo ook dat die beweeg rigting van die "mover" inlyn moet wees met die middel punt van die as. Weet nie hoekom het hy daai tyd besluit om myne voor te sit nie.
Die PowrTouch........................
........................mover se veiligheidskakelaar is gewoonlik binne-in die wa gemonteer om naby die battery en mover-motors te wees. Sorg dus dat as jy kan, dat die wa se deur oop-staan wanneer jy die mover in werking stel in 'n beperkte ruimte. Indien die veiligheidskakelaar om een of ander rede uitskop ("trip"), die deur is toe en jy is naby aan 'n muur waar jy nie die deur kan oopmaak nie, het jy 'n probleem om by die veiligheidskakelaar uit te kom om dit te reaktiveer.
Sorg dat.......................
............jy altyd 'n spaar 12V batterytjie in voorraad het indien die "remote" s'n skielik die gees gee.
Pasop vir......................
.....................middelmannetjies as jy op 'n twee-spoor paadjie sleep. Die dwars-balk wat die linkerkantse motor met die regterkantse motor verbind, gaan vashaak en buig.
As jy 'n..................
..............dubbel-as wa op 'n geel "leveling block" met die mover wil optrek, moet jy die blok AGTER die wiel waarop die mover-roller rol plaas en dan agteruit opry. As jou movers VOOR die voorwiele gemonteer is, dan plaas jy die blok voor die VOORSTE wiel en ry vorentoe op. Indien jy nie hierdie prosedure volg nie, gaan die wiel met die mover naderhand van die grond af oplig en kan dus nie die wa verder beweeg nie - die wiel gaan net in die rondte draai.
Hierdie prosedure geld net vir dubbel-as karavane met twee mover-motors.





Mover Wenke ...
Ek heg paar van die geskrewe aan.
"Wessel
Eric se Papwiel
Middag vriende
Ek wil nou 'n klip in die bos gooi, oor daai papawiel, hier nanuit my sitplek ge oordeel op die foto wat wa se skade wys.
Is dit moontlik dat die wiel weens gewig en swak paaie geloop en raak het aan die "mover", of die modderskerm se agterkant. Dit lyk darem alteveel of daai wiel baie naby sit aan iets wat soos 'n mover lyk.
Beweeg die Jurgens se wiel nie effe na onder en agter wens die suspensie beweging van die as nie.?? Ek het op my Palma ekstra spasieerders laat insit juis om dit te voorkom.
Sommer 'n gedagte. "
"Willem
Wessel, die nuwer onderstelle kan jy nie so maklik lig soos die vorige onderstelle nie. Ja die mover is nogals naby aan die band, 19mm.
"Arie
Willem eindlik makliker! Jy boor net nuwe gate bietjie laèr af laat sak die as en bout weer vas.
Ek het n vriend gehelp in die kamp om sy penta te lig.
Sommer een middag sonder om sy tent af te haal.
Vinnig en maklik."
"Len
Bandprobleem : Wessel, ek dink jy het nogal 'n geldige punt beet. Die Al-Ko aste van ons karavane se veerstelsel is so ontwerp dat dit nie vertikaal op-en af beweeg nie, maar effens na agter wanneer die wiel na bo beweeg - net mooi daar waar die mover sit as dit agter die wiel (en nie aan die voorkant van die wiel nie) gemonteer is. Maar dit hang natuurlik af of die mover korrek gemonteer is - die roller moet presies teen die band druk gelykstaande aan 'n denkbeeldige waterpas, horisontale lyn deur die middelpunt van die wiel."