6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Sit ek hier onder onder 'n Kameeldoring boom en wonder?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Na aanleiding van 'n ander draad hier oor politiek, Kerke en karre wat meestal op 'n fight uitloop.

Gisteraand so klomp pelle en kenisse oor gehad vir 'n braai. so deur die aand en na so paar biere en Rum's begin die manne toe praat oor Kerke en gelowe.

Nou ek is 'n groot voorstaander van debateer oor 'n onderwerp, MAAR dit moet sonder verkleinering gedoen word, alhoewel ek daarvan hou om kort kort so bietjie humor tussen in te gooi.

Om die saak in perspektief te bring, die gelowe en kerke waaroor daar gepraat word, was almal die Christelike geloof, ek weet daar is talle ander gelowe ook, ek het heelwat boeke wat die basiese beginsels van talle "ander" gelowe uit lig. Hier het dit egter net oor die Christelike geloof gegaan.

nou ongelukig soos julle almal weet is ons mos maar 'n nasie wat dit vrek moeilik vind om saam te werk. Laat jy net 'n politieke party stig, binne 'n week sal daar drie ander partye wees wat afstig. Net so met ons Kerke, die drie suster Kerke wat maar basies die selfde idees het [behalwe een wat se jy mag alles doen jy mag dit net nie geniet nie?] het ook al hoeveel afstigtings. Len help wat is die regte woord? Daar is die Artikel 31 wat selfs al hulle eie skool het en dan nog so paar ander. Die grootste kerk van die 3 het gereeld lekker bek gevegte in die sinode en so karing ons aan.

Daar is hoeveel Afrikaanse kerke, die sogenaamde "Dogmatiese" kerke en dan die Charismatiese kerke, en elkeen van daai groepe het hope onder verdelings?!

Nou terug na gisteraand, iemand [wat lid is van een van die grootste charismatiese kerk [let wel nie 'n sekte nie] vertel van 'n persoon in sy kerk wat in tale praat. Nou kyk ek kan nie in tale praat [behalwe as ek my duim raakslaan, maar daai is verkeerde tale] nie, maar ek kan nie se dat daar nie so iets is nie. Erens in die Bybel, en ek verbeel my dit is in Openbaringe, word daar gepraat oor die "vrug" wat jy sal ontvang as die Heilige Gees in jou woon. As ek reg onthou is daar 9 [?] Onder andere die gawe om die Woord te versprei, om te kan genees deur die Heilige Gees, en onder andere om in tale te praat en dit te kan uitle.

Dadelik vat iemand hom aan en se, "O is jy van die Happy clappers wat praat wat g'n mens verstaan en op die vloer val en rond rol" Nou met ons lewens styl kom ons noodwendig in vreeslike baie kerke van heel uieenlopende dominasies, almal het egter een ding in gemeen almal glo in die Drie Enige. Ja ek het al mense in tale hoor praat, ek het al mense hoor klap en lekker saam geklap en my lyf geswaai, nog nerens in die Bybel gesien dat ek nie met totale oorgawe my Lofbetuiging mag uit jubbel nie?

Die man het egter heel smalend en neerhalend na die "Happy clappers" verwys, en ek kon sien die eerste ou is seergemaak en gekrenk. Die gesprek begin toe warm word met oor en heer se verkleinering oor enige kerk waarvan jy nie lid is nie, almal is verkeerd.

Ek het toe maar die "kenisse" gevra om maar huis toe te gaan, sodat ons pelle lekker kan verder kuier.

Die ding het my nogals gepla deur die nag en stap ek toe vroeg vanoggend so na 'n lekker boom en gaan sit en dink oor die lewe.

Wonder toe oor mense;

Ons is almal kinders van die Vader, MAAR het ons regtig 'n Verhouding met die Vader?? Ek sien baie sulke versies soos "God is my Koning" agter op voertuie en karavane, ja dit is reg Hy is ons almal se Vader en Koning, maar as jy geen verhouding met Hom het beteken dit niks?

Het jy regtig 'n Verhouding met Hom as jy gedurig na skepsels wat ook deur Hom geskape is verwys as sleg onosel en kriminele?

Kan jy regtig 'n verhouding met Hom he, as jy permanent swartgallig is en geen hoop vir ons land se toekoms sien nie, belowe Hy dan nie juis die teenoorgestelde nie.

Het jy regtig 'n Verhouding met Hom as jy ander Christelike kerke verneder en verkleineer?

Nog nooit erens in my Bybel gesien dat net een spesifieke kerk dan kwansuis reg is? 

Ek weet van my vriende voel dit is verkeerd as ons ander kerke bywoon en dan bedoel ek anders as my kerk waar ek lidmaat van is, dalk Chrismatiese kerke en so. Hulle voel dat daai kerk my sal verlei??! Wragtag mense sekerlik is ons Geloof sterk genoeg dat 'n "ander" Kerk my nie kan verlei nie.

Sal dit nie lekker wees as ons maar almal in vrede kan saam leef en lekker kan debateer oor sake nie?

Terloops 2 van die drie wat ek gevra het om huis toe te gaan het vroeer om verskoning kom vra, en ons is weer op goeie voet.

Nou ja nou lekker stoom afgeblaas en kan ek weer die dag in die oge kyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2019 - 22:36

Herman, netsoos jy nie weet hoe tyd ontstaan het nie en hoe  al die dinge wat "in die begin" geskep is, ontstaan het nie, weet ek en die hele mensdom ook nie.

Ek probeer dit ook nie verstaan nie want vir my is geloof om seker te wees van die dinge wat ek hoop en om oortuig te wees van die dinge wat ek nie kan sien en begryp nie. Ek weet vir sommige wetenskaplikes is dit onaanvaarbaar om net te glo en nie wetenskaplike bewyse te hê nie, maar gelukkig is ek nie 'n wetenskaplike nie !

Centurion

Voortrekker

Tue, 11/06/2019 - 07:27

Nou kom die probleem in, as tyd nie bestaan het nie, was daar nie "tyd" om iets te skape nie..... 

 Maar Neef, tyd was deel van die skepping? 

Gen. 1 : 1 "In die begin het God die hemel en die aarde geskep."  -   Die hemel en aarde sluit alles in, tyd ook - en buite God se skepping (Die Hemel en aarde) bestaan tyd nie.  'n Studie van hierdie vers openbaar dat God tyd, ruimte en materie geskep het.  God het die ruimte-massa-tyd-heelal geskep. Ruimte en materie moet terselfde tyd bestaan, en tyd benodig ruimte en materie. Tyd is net sinvol as fisiese entiteite bestaan en gebeurtenisse gebeur gedurende die tyd.

Die probleem kom egter in by die ongelowige mens se nougesette konsep van 'n almagtige God.   - 'n Mens wat God probeer beperk tot tyd en die materiële konsepte wat beperk is tot die mensdom se "beperkte" begrip van alles in lig van hierdie skepping waarin hy homself tans bevind.  En dit sluit tyd in!    

Daar was geen "voor" God geskep nie. Daar was nie eens "niks" nie! Daar was God in die ewigheid.  Dit is iets was die mense, as eindige skepsel, nooit regtig sal kan verstaan nie?

Pretoria

leeu

Tue, 11/06/2019 - 07:44

Ek stem saam met jou Len, hoe alles ontstaan het, is nie vir my belangrik nie (alhoewel baie interesant), want dis deur 'n Godelike wese geskape, ons verstand is te "klein" om dit te verstaan. Die skrif sê duidelik ek ken net ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken. Die skepping is so volmaak geskape dat enige persoon moet herken dat dit deur 'n Godelike wese geskape is. Dis dieselfde om te vra wie het God geskape, niemand weet nie maar ons sal eendag weet (dis nie nou belangrik nie).

Die wetenskap word dikwels teen die Bybel afgespeel. Wat baie interesant vir my is, is wat het op aarde gebeur voor die week van die skepping, want die aarde het wel bestaan, die woord sê die aarde was woes en leeg. Dis seker dan waar dat die aarde miljoene jare bestaan, maar die skepping slegs 6000j?

Kyk so hierna: as die ongelowige en die Christen eendag tot sterwe kom en niks is waar oor die hiernamaals nie, verloor niemand iets nie, maar as dit waar is, en altwee sterf het die ongelowige baie om te verloor.....die ewige lewe.

Jy het die konflik goed hanteer Arie, deur die skuldiges bed toe te stuur. Ons is dikwels besig, ek self ook, om te argumenteer oor godsdiens en dis heeltemal onnodig en verkeerd. So is ek spyt oor wat ek geskryf het op die godsdiens draad, ek het mense ongelukig gemaak en dit is verkeerd, hoop hulle vergewe my. Jy dryf die ander persoon verder weg en moet eerder getuig van God se goeie werke in jou lewe, soos wonderwerke wat met jou gebeur in jou lewe. My kind se bestaan is a.g.v 'n wonderwerk, dit was nie moontlik sonder "Godelike ingryping" nie. Noudie dag gehoor die voorvereiste vir 'n wonderwerk is probleme. Ek glo jy moet ontvanklik wees vir ingryping, anders kan dit ook nie gebeur nie. 

Brackenfell

HennieBo

Tue, 11/06/2019 - 08:37

Kyk so hierna: as die ongelowige en die Christen eendag tot sterwe kom en niks is waar oor die hiernamaals nie, verloor niemand iets nie, maar as dit waar is, en altwee sterf het die ongelowige baie om te verloor.....die ewige lewe.

Hierdie is ook my redenasie.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2019 - 11:33

Vir 'n Christen om 'n nie-gelowige te oortuig of andersom is myns insiens omtrent ewe maklik as vir 'n Noord-Transvaal ondersteuner om 'n WP ondersteuner (of andersom) te oortuig dat sy span beter is en eerder ondersteun moet word. Tog kan die rugbyondersteuners in vrede saam leef en saam braai en mekaar se tekortkominge aanvaar sonder om mekaar se voorkeur/oortuiging te probeer verander. 

Kan dit nie maar so wees met geloof ook nie? Dit is kritiek wat dikwels teenoor Christene ge-opper word - dat ons onverdraagsaam is. Christus het wel gesê dat niemand na die Vader sal kom behalwe deur Hom nie. Kom ons laat egter die oordeel daaroor aan Hom oor. Op daardie manier kan ons makliker die tweede gebod gehoorsaam om ons naaste lief te hê soos onsself.

Maar dit is 'n feit

En daar bewys jy hoekom my vergelyking met rugby 'n goeie een is. Mense glo presies dieselfde oor geloof vs wetenskap wink

Vir my persoonlik is die wetenskap nie 'n bewys dat God nie bestaan nie, dis eerder 'n bevestiging van hoe groot Hy is...

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 11/06/2019 - 21:17

Neef gaan liefs nie verder gesels nie. Maar dat soos hierbo gesê word dat dit beter is om te glo, net ingeval.. nee daai werk nie vir my nie. Voorie, om te se dat voordat tyd bestaan het, daar iets was, is regtig net so onaanvaarbaar. Probeer dit verduidelik, en moet nie se dat die menslike verstand nie instaat is om te probeer begryp nie,  dit is n belediging. 

Die wat glo dat die aarde, mens en skepping slegs 6000 jaar oud is, se kennis is te beperk om mee te argumenteer. Dat " moderne" mense hier in die Kaap gebly het 75 000 jaar gelede het, toe die kuslyn 75km verder was, sal as twak afgemaak word. Om verder die bybel as n heilige en heeltemal fytlike boek te beskryf is ook misleidend, gaan gesels gerus met moderne Teoloeë.

Nou ja, dat n mens n vorm van geloof nodig het om op die "straight and narrow" te bly, is dalk vir sommiges nodig, die idee van in vlamme opgaan vir n ewigheid sal baie op hul knieë dwing. En dat die  week se sondes Sondag silwer skoon gewas word, is n gerusstelling om na uit te sien na die kantoorparty se sondes. 

Skuus vir die slegte spelling, het baie foute, ook maar mens.

 

Vaalpark

Johann L

Wed, 12/06/2019 - 07:23

Die aarde bestaan al miljoene eeue, daar was dinosours ens, al daai dinge is waar, maar dat God 6000 jaar gelede die mens geskep het is net so waar, "In die begin (van die mens se tyd) het God gesien dat die aarde woes en leeg was. ....)

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 12/06/2019 - 07:38

Maar dat soos hierbo gesê word dat dit beter is om te glo, net ingeval.. nee daai werk nie vir my nie. 

 Neef, daai werk ook nie vir my nie - daardie tipe geloof is nie op sekerheid gebasseer nie maar is meer 'n tipe "hou jou oë toe en duime vas en hoop vir die beste" mentaliteit?  Ek moet sê ek is tot 'n mate geskok om te hoor dat so iets verkondig word, want geloof in Christus is sekerheid en oortuiging.      Hebreërs 11: 1  "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."

 

om te sê dat voordat tyd bestaan het, daar iets was, , is regtig net so onaanvaarbaar

 Neef, ek verstaan nou nie mooi nie, hoe is dit onaanvaarbaar?  Die mens kan slegs dit beleef en verstaan wat hy sien en voel deur hierdie materiële entiteit wat ons die skepping / heelal noem.  Dit is gemaak deur God.  God is nie gebonde / onderworpe aan Sy skepping (wat tyd en heelal) insluit nie.  

 

dit is n belediging. 

Ja dit is 'n belediging en nie heeltemaal waar nie, (my foutiewe woordgebruik) want ek kan 'n "bitter klein" ietsie daarvan verstaan en daarom is dit nie vir my onverklaarbaar nie - mens moet maar net sit en logies probeer dink daaroor. 

 

Nou ja, dat n mens n vorm van geloof nodig het om op die "straight and narrow" te bly, is dalk vir sommiges nodig, die idee van in vlamme opgaan vir n ewigheid sal baie op hul knieë dwing. En dat die  week se sondes Sondag silwer skoon gewas word, is n gerusstelling om na uit te sien na die kantoorparty se sondes. 

Dit lyk vir my ongelukkig soos 'n persoonlike en subjektiewe misinterpretasie?   Miskien van toepassing op ander godsdienste soos bv Islam?   Maar defnitief nie die boodskap van die Evangelie en Bybel nie .   Maar dit is so dat die meerderheid van die mensdom die boodskap van die Bybel en geloof in Christus ook onder die bogenoemde kam skeer en probeer verstaan en verduidelik- as dit so was dan sal ek dit ook tien teen een teengestaan en uitgemaak het as bog, en ek moet sê daar was ook 'n tyd in my lewe dat ek die Christelike geloof so verstaan het - maar ek dank God dat my oë oopgemaak was en dat ek nou kan sien!  Ja ek kan nou sien, buit hierdie beperkte skepping wat in materie en tyd vasgevang is - ek kan sien dat daar meer is en 'n ewige lewe is saam met 'n ewige Skepper.  God is groot - inderdaad! smiley 

 

Groete en vrede - 

Worcester

Wildehont

Wed, 12/06/2019 - 08:35

Hierdie is net my mening, maar ek dink die mens dink heeltemal te veel van homself. As daar een ding is wat ons behoort te leer uit die wetenskap en al die ontdekkings wat daarmee saamgaan, is dit hoe nietig ons is.

Ons begrip van tyd is 'n sprekende voorbeeld daarvan. Een mens se leeftyd (en dus sy begrip van tyd en die vergang daarvan) is weglaatbaar klein in vergelyking met die ouderdom van die planeet. Volgens Google is die aarde 4,543 miljard jaar oud. Ek dink 80 jaar is 'n baie goeie innings vir 'n mens. Nie een van my ouers het daarby uitgekom nie, so ek sal waarskynlik ook nie, maar kom ons gebruik dit vir die som. Deel 80 jaar deur 4,543 miljard jaar x 365 dae x 24 uur x 60 minute x 60 sekondes. Dit gee ons 'n idee van hoe lank 'n mens se leeftyd is teenoor die ouderdom van die aarde (volgens wat ons "weet" uit die wetenskap). As die aarde se leeftyd 24 uur is, is een mens se leeftyd 0,555 sekondes van so 'n dag.

As jy nie die Bybel se tydskaal glo nie (ek dink in elk geval nie dit was ooit bedoel om so letterlik opgeneem te word nie) en wil gebruik wat ons "weet" uit die wetenskap, is die oudste "moderne" Homo sapiens geraamtes wat tot dusver gevind is, volgens Google amper 200 000 jaar oud. As jy dan dieselfde som as hierbo maak beslaan die bestaan van die moderne mens 23,1 sekondes uit die 24 uur wat die aarde bestaan. 

Dit is net 'n idee van ons invloed (in tyd) op die aarde. Dit sal nie eers sin maak om 'n mens se massa in vergelyking met die aarde se massa uit te werk nie, en ons weet nie eers of die heelal 'n einde het nie so ons is eintlik NIKS. Ten spyte daarvan eien ons vir onsself die reg toe om uitsprake te lewer oor die bestaan/afwesigheid van 'n opperwese. Dis tyd dat ons wakker skrik en onsself gedra soos die nietige wesens wat ons is.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/06/2019 - 09:29

Sonder om nou te veel te karring oor die mens se nietigheid en sy kort bestaan van 200k jaar, en die geloof deur die moderne maar primitiewe mense beoefen was. Onthou dat daar Grieke, Romeine etc was wat hoogs beskaaf was voordat die rigting van geloof verander is. Eienaardig dat hulle so in totale onkunde vir baie lank hulle ding gedoen het.

Nou kan ons dieselfde ontleding  van tyd doen, op waneer die geloof onder bespreking onstaan het en tot die gevolg kom dat dit n baie onlangse besluit was.

En net om weer te beaam, hierdie is nie vir my n bespreking wat gemik is om enigiemand aanstoot te gee, of sy denke te betwyvel of om oortuiging te bevraagteken nie. 

Mooi dag.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 12/06/2019 - 09:52

Neef soos altyd respekteer ek jou siening oor die lewe. Ek sien nerens dat jy aanstoot gee nie.

Ek glo me s moet maar altyd na ander se opibies luister en sodoende leer.

Niks so vervelig om met ń klomp ja broers te praat wat met alles saamstem nie!

Elke mens intrepeteer die lewe op sy manier gebaseer op sy of haar lewens ondervinding.

Dit is in my opinie dom om net te glo jy is reg en die ander verkeerd en net so dom om met almal saam te stem net om die vrede te bewaar.

God het in sy almagtige wysheid ons die verstand gegee om keuses te maak, en hoekom sal jy dan die reg verbeur om jou keuse te verdedig?

Nee wat Neef ek kan nie onthou dat jy al ooit iemand bewustelik verkleineer of aanstoot gegee nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/06/2019 - 21:18

.....................nee, jy is verkeerd  -  hier is geen sprake van 'n faait nie.  Dis 'n dood gewone gesels van dood gewone mense mense met verskillende opinies,  en.............'n respek daarvoor dat ons van mekaar kan verskil.

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/06/2019 - 17:58

Soos altyd, gee Herman  goeie begrip vir almal se siening, sonder om aanstoot te gee, of om jou verkeerd te bewys.  Sou dit nie lekker gewees het as ons almal mekaar so respekteer,  soos op ons forum nie.

Daar is net een ding wat vir God onmoontlik is,  Hy kan NIE Sy woord verander nie,  en juis dit, maak van Hom dit ware God.

Hoe is dit moontlik dat daar 2000 jaar gelede vandag se gebeure so akkuraat kon voorspel word, as daar nie 'n ware God was nie.

Leef en laat leef, elke mens is tot sy keuse in staat, en elkeen gaan vir sy eie lewe verantwoording doen.

Solank ek my keuse om my Godsdiens te beoefen, iscek in vrede net wat due volgende persoon doen.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus