Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou.
Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.
Lekker trip
Dis n lekker trip Rona, net jammer ons gaan julle netnet miskamp....andersins gehoop op n ontmoeting by n lekker plek soos Tshokwane....maar miskien n ander dag.
Ek dink dis n lekker trip vanaf Satara na Pretoriuskop. Ons het Maart vir een aand oorgebly in Pretoriuskop en het dit baie geniet....lekker rustige kamp gewees so buite seisoen. En dan is die Wimpy vir ons n groooot trekpleister gewees vir n lekker ontbyt.
Geniet die voorbereidings
Wimpy
Ek lees dat Wimpy sy deure gesluit het by Pretoriuskop. Blykbaar kontrak wat verstreke is. Oms kom oor die algemeen nie sommer daar nie, maar het wel gedurende Maart heerlik daar ge-eet. Ons geniet hul burgers en ontbyte. Wat lekker was van Wimpy was hul lekker ontbyt teen billike pryse. Wonder wie nou die tender gekry het....hoop net nie die maatskappy wat in Letaba, Olifants kamp en BergenDal is nie....hulle doen dit nie vir my nie.
Sover ek weet was Mug en Bean se kontrak ook laasjaar verstreke en het n jaar ekstra gekry....wonder of daar ook n skuif gaan wees
Wildtuin restaurante
Ons maak baie selde gebruik daarvan - enigste is piekniekplekke soos Tshokwane en Nkuhlu. Miskien tel Afsaal met sy groen melkskommels ook. Ek kan wel verstaan dat heelwat mense van die restaurante gebruik maak (om verskeie redes). So hoop ek dan vir Pretoriuskop se gaste dat 'n nuwe goeie restaurant gou weer daar sal oopmaak.
Terloops, ons vind Afsaal deesdae totaal 'oorbevolk'. Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar? Verder aan op die teerpad na Skukuza gaan naderhand nie meer plek oorlaat vir wildbesigtiging nie. Dink dit is onprakties vir SANParke om sulke piekniekplekke op grondpad roetes te bou a.g.v die moontlikheid dat die paaie kan verspoel. Oplossing? Weet nie. .
Piekniek plek
Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar?
As ek so na lugfoto kyk van Berg-en-Dal se piekniek plek, lyk dit baie aangenaam. Lyk of alles nog staan en omheining in plek






Raak al beter!
Baie dankie, Geert. Ek het die 4e en 5e van Pretoriuskop uitgeruil gekry vir Satara op grond van jou plasing hier bo. Die 6e steeds Pretoriuskop. Wanneer ons eers daar is kan dit moontlik weer verander. Intussen is ek baie bly vir 2 aande in Satara.