Ek gaan op hierdie draad veranderings sit wat nie nodig is vir 'n spesiale draad nie.
Exclusive Veranderings ...
Len hier is 'n foto van waar ek die proppe in gesit het agter.
Soos julle weet het ek 12v punte gesit om buite ligte vir agter, Wijan se tent en ook onder die tent dak. Dit het effe aanpaksels (roes) gehad en iemand het gesê ek moet die "Gold-plated" RCA's gebruik wat ek toe gedoen het.
Willem, soos Len sê, netjes…
Willem, soos Len sê, netjes en funksioneel.
Ek het net weer in die plek van 'n sigarette aansteker, vir my twee sterker kontakte in gesit, en die "male" kontakte, op die domkrag kant gesit, ook agter die onderste vent soos jy👍
Netjies gedien WilSur. …
Netjies gedien WilSur.
Alles wat mens doen, maak die lewe net makliker.
Dankie julle, ja die maak…
Dankie julle, ja die maak dit net maklikker.
Daar is ook een aan die anderkant en een binne die karavaan.
Robbie het een jaar jy foon se huis laaier vergeet en het heeltyd sy foon met die voertuig laaier daar gelaai, dit was by die Eiland gewees.
Ek wil net weet hoekom die…
Ek wil net weet hoekom die vervaardigers dit nie al klaar insit wanneer hulle die waens bou nie, miskien maar goed want dan vra hulle weer baie duurder vir die produk.
Ek dink net elke ou se…
Ek dink net elke ou se behoeftes is anders maar dit sal lekker wees as hulle dit vir jou kan uitwys voor jy koop en dan die opsie gee dat hulle dit volgens bestelling kan doen.
Soos my Exclusive het in die middelste kas bo sulke ronde uit gesnyde panele, vra toe destyds vir Jurgens hoekom is dit daar en vir wat ? Dit is vir 'n lugversorger was vir jy gesê, seker vir die wat uigevoer word want hier het hulle nog nooit dit ingesit nie.
Sake makliker gemaak :
Dis vir my ook heerlik om veranderinge aan my wa aan te bring om sake makliker te maak. Wat krag vir die elektriese domkrag betref, het ek met my Exclusive weer 'n ander roete gevolg :-
- Agterin die Pathfinder het ek lekker dik drade aangelê vanaf die battery voor in die enjin tot in die laairuim agter met 'n Anderson-sok. My Edesa-vrieskassie se sigaret-aansteker-prop het ek vervang met 'n Anderson-prop wat hier kan inprop.

- Voor op die A-raam van die Exclusive, in die ou battery-hokkie, het ek ook 'n Anderson-sok aangebring wat gekoppel is aan die wa se fris battery wat na binne, agter geskuif is om ook die "movers" van krag te voorsien.

- Ek het ook 'n lang verlengkabel aangeskaf en Anderson-proppe weerskante aangebring. Netso het ek die sigaretaansteker prop van die domkrag vervang met 'n Anderson-prop.

Ek kan nou my vrieskassie agterin die Pathfinder laai sonder proppe wat smelt omdat drade te dun is en sokke te pieperig is.
Wanneer die domkrag benodig is, kan die verlengkabel ingeprop word voor op die A-raam of agterin die Pathfinder. Die kabel is lank genoeg om by enige van die Exclusive se vier wiele by te kom of by enige van die P/F se vier wiele.
Wanneer ons iewers kamp waar daar nie krag is nie, koppel ek eenkeer per dag die P/F se Anderson-sok deur middel van die verlengkabel met die sok op die A-raam van die Exclusive en top sodoende die battery in die Exclusive op.
Len ja, dit is 'n beter…
Len ja, dit is 'n beter oplossing, maar toe ek dit gedoen het, het ek van daai sigaret sokke in die motorhuis gehad, daarom dit gebruik.
Ek stem ook vir die Anderson…
Ek stem ook vir die Anderson proppe, dit werk sonder enige probleme. Die Hella "male" en "female" kan nie dikker drade akkomodeer nie, en is nie gemaak vir baie gebruik nie.
Mini Brad Anderson
Middag alle handige vriende
Julle ouens is sekerlik bewus dat mens ook 'n mini Anderson prop kry. Dit kom in 2 los dele, rooi en swart, wat netjies inmekaar skuif om 'n eenheid te vorm, indien nodig. Dit kan ook 30 amp hanteer en dan natuurlik die gepaardgaande dikker drade. Ek moes dit aanskaf om my elektriese neuswiel se kabel te vervang.
Ek het dit opgespoor by 4x4 Direct in Montana omgewing, net af van ou Zambesi rylaan.
Groete
Wessel
Omdat hy meer robuust is en…
Omdat hy meer robuust is en stewiger gemonteer kan word, hou ek persoonlik meer van die grys een.





Bedrading agter ...
Destyds toe ek die gewig verander het het die toets grond inspekteur my gevra waar is die nommerplaat liggie want hy is geskuif na onder die buite eenheid van die lug versorger. Hy het net gevra dat ek die liggie moet aan sit, wel ek het na al die tyd toe besluit om dit te doen want ek het een in die motor huis gekry.
Ek het toe oob besluit om die bedrading te verbeter.
Len, daai "square tubing" waarop die eenheid vas is het nie eers proppe in gehad nie
ek het spook piepie in gesluit (voorkom roes) en een elke kant in gesit.