Wessel...
Wessel, Harry praat blykbaar nie twak nie. Op Google praat hulle net van Hilux timing belt en selfs die fotos daarvan wys hulle die beld.
Jy het seker maar net my been getrek en ek het in die slagyster getrap !
Andersins is Hilux waarvan jy praat ge- "chip" en toe kry hy sommer 'n "timing chain" by !
Hierdie kan amper 'n " My pa…
Hierdie kan amper 'n " My pa is sterker/slimmer as jou pa" debat genoem word eerder as Ford vs Hilux. As daar 'n "regte" (perfekte) manier was om kinders groot te maak sou ons mos almal daardie handboek slaafs nagevolg het om die perfekte kinders groot te maak?
My pa het my geleer dat leen iemand se naam is, en dat jy net skuld maak vir 'n kar of 'n huis. So is ek nou op 47 skuldvry behalwe vir R65 000 wat ek nog afbetaal op my verband vir die swembadjie wat ek verlede jaar laat bou het vir my kinders (goed, ek is self lief vir swem - veral in Worcester se somers). Ek moes my eerste kar ('n oue) ook afbetaal aan my pa en losies betaal en het weens die Here se genade nooit nodig gehad om na ek uit die huis is weer vir hulp te vra nie.
Die manier wat my pa my grootgemaak het, het vir seker bygedra tot my bevoorregte posisie tans. Die positiewe sameloop van omstandighede nadat ek hulle huis verlaat het egter ook. Hulle is albei al vir jare oorlede en ek is al vir 4 jaar 'n "weeskind" so as die wiele nou moes afkom het ek nie 'n veiligheidsnet wat my gaan vang nie. Shaun se dogter is geseend dat sy hom het, en Shaun is geseend dat hy dit vir haar kan wees (en dit boonop ten koste van sy eie plesier). Maar kampeer gaan hy kampeer en daarvoor verdien hy ook 'n Bells!
Maar kampeer gaan hy kampeer…
Maar kampeer gaan hy kampeer en daarvoor verdien hy ook 'n Bells!
Hy moet nou net een van ons saamtrekke ook bywoon sodat ons saam daai bells kan drink ![]()
Anton en Wildehont
Kamp sal ek bly kamp met my tente die wa kan maar bietjie wag Anton jip kamp sal ek nog saam almal kamp sien die onderwerp loop darem![]()
Len jy is reg, by het n…
Len jy is reg, by het n rubber can belt. 2005 model en aan. Daar is ook n cambelt liggie wat aankom op 150,000 km om jou daar aan te heriner dat jy hom moet vervang. Liggie word dan weer ge "reset"
Dalk het die vroeer modelle n ketting gehad, voor 2005.
My Run-X het weer n ketting 2003 model.
My ou Coralla het ook ketting gehad 1975.
Ek beskou elke geval met die…
Ek beskou elke geval met die kinders as uniek. Sal help indien ek sien dat dit nie anders kan nie. Sal nie sommer net betaal nie. Byvoorbeeld, medies is belangrik en word veral met 'n kind baie gou uitgeput. Daar sal ek help indien dit krities raak.
Nog nooit nodig gehad om my seun te help nie. My dogter is alleen broodwinner en kry nie 'n fantastiese salaris nie. Haar man was nou amper 10 jaar gelede in 'n noodlottige ongeluk betrokke. Vir haar sal ek af en toe help met medies.
So verskil ons almal van…
So verskil ons almal van mekaar, as gevolg van omstandighede, een kind moet jy help, ander een is onafhanklik.
My dogter in Australia en haar man, verdien goed, hulle maak 'n baie goeie bestaan (skoonseun is 'n elektriese ingeneer, en my dogter het nou van chemiese ingeneer, na onderwys verander om meer saam met die kinders te wees) my jongste is 'n konstabel in SAPD, haar salaris gee haar geen beweeg ruimte nie, maar dit is haar passie. Ons help haar baie, ek het vir haar 'n kar gekoop, en haar huis klaar betaal, sy betaal ons 'n paaiment terug. (Sy spaar geweldige klomp geld op rente, en ons kry 'n maandelikse ekstra inkomste)
Dit is goed dat ons as ouers ons kinders se welstand 'n prioriteit maak, maar ook elke saak op meriete hanteer.
My tweetjies beter op hulle…
My tweetjies beter op hulle eie voete kan staan wanneer hulle klaar is met tersiëre opleiding want ek sal nie kan bekostig om hulle verder geldelik te help nie!
Ek het vandat my huis afbetaal is begin 2018 vir hulle elkeen 'n effektrust rekening oopgemaak waarin ek maandeliks vir elkeen 'n paar duisend inbetaal. Dit behoort hulle skoolgeld en vier jaar se universiteit te dek. Daarna moet hulle vir my begin sorg as iemand vir iemand gaan sorg...
Nou kyk ek skeef, of is ek…
Nou kyk ek skeef, of is ek deur mekaar, maar daai belt se tande, in die binne kring, is dan verkeerd om?
L. M. G. A. maar daai…
L. M. G. A. ![]()
maar daai belt se tande, in die binne kring, is dan verkeerd om?
.... maar dis.....
...Maar dis mos eie aan Toyota, altyd verkeerd-om - genuine !





Dit hang af van die jaar /…
Dit hang af van die jaar / model ?