6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/09/2019 - 12:58

Mugabe se afsterwe :

Ek was 'n ooggetuie in Zimbabwe toe Mugabe in 2000 begin het om die blanke boere se plase te gryp en hulle te verdryf.  Die klompie jare voor dit was Zim (selfs onder Mugabe se leierskap) 'n rustige, vooruitstrewende land en daarna het alles in duie gestort, veral as gevolg van die kommersiële landbou se verval.

Een ding waarvan ek kan getuig wat Mugabe wel gedoen het om van hom te onthou is die sukses om by Zimbabwiërs 'n leer-kultuur te skep  -  almal studeer, kinders, sekretaresses, tiksters, klerke, sekerheidswagte, ens.   Daar was selfs sateliet-kampusse van die universiteit op feitlik elke dorp !  Dus, as SA net drie dinge by Mugabe kan leer, dan sal dit ons ver bring :-

  • Grondgrype sonder vergoeding is 'n resep vir groot mislukkings op alle vlakke in die land
  • Die skep van 'n leer-kultuur met leer-geleenthede vir die hele bevolking
  • Moenie onnodige risikos loop met gesondheidsorg in jou land nie, want dan moet selfs die president van die land medies versorg word (en selfs sterf) in 'n vreemde land soos byvoorbeeld Singapoer.
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 07/09/2019 - 17:17

Praat jy so van leer Lennie. Donderdag was ek by Nampo Wes Kaap. By die mini doughnuts stalletjie vra die dame vir my wat wil ek neem, die 8 vir R20, 00 of die 10 vir R30, 00. ???? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/09/2019 - 19:45

Herman, ek aanvaar jy het die duurder opsie maar laat verbygaan !

Centurion

Voortrekker

Fri, 15/11/2019 - 20:42

En toe laat S A L sy vliegtuie op die grond bly vandag en weier om toe te gee aan die stakers se eiese.  Dit is darem baie sleg, maar ja, verbaas mens nie eintlik nie ....   nie in SA nie! indecision

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/11/2019 - 09:42

En nou kla die vakbonde (beter benaming fokbonde) dat die nuwe Eskom-hoof nie 'n swarte is nie !  Wil jy nou meer ?

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/11/2019 - 10:03

Dit gaan net oor kleur vir hulle maak nie saak of werk gedoen word of nie patete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/12/2019 - 20:59

Vakansie teleurstellings :-

Dit is erg genoeg as 'n mens jou vakansie moet afstel as gevolg van sekere omstandighede, maar ek dink dit is baie erg as jou vakansie kort-geknip word oppad of selfs as jy by jou vakansiebestemming is.

Ek lees op sosiale media dat 'n gesin se sleepvoertuig waarvan die enjin 'n week tevore nuut oorgedoen is, halfpad moes omdraai terug huis toe omdat die verkoeler-waaier mors afgebreek het  -  in die middel van die langnaweek !  Dit moet 'n verskriklike teleurstelling wees, veral vir kinders wat altyd so na 'n vakansie uitsien.

Ek sien ook vanaand oor die nuus dat swem by Scottburgh nou al vir drie dae verbode is as gevolg beskadigde haainette.  Wat 'n ramp vir binnelanders wat derduisende rande spandeer het om vakansie by die see te hou terwyl die vakansiedae al minder word en jy en jou kinders kan nie swem nie !

Worcester

Wildehont

Wed, 18/12/2019 - 22:45

Dis baie erg as jou vakansie gekanselleer moet word weens voertuigprobleme. Ek is bly ek het myne betyds ontdek die afgelope naweek!

Die swemmery wat verbied word is ook sleg, maar kyk net hoe lyk die see by die Umgeni riviermonding in Durban op die video!

video
Centurion

Voortrekker

Fri, 20/12/2019 - 14:43

kyk net hoe lyk die see by die Umgeni riviermonding in Durban 

 Nee vrek dit is 'n absolute tragedie!   Ek moes 'n paar keer kyk om te sien dat dit plastiek bottel branders is no

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 20/12/2019 - 18:41

SABC / eNews

Ek merk die SAUK put genot uit die rampspoedige gebeure by hul felste kompetisie, eNCA wat ook KykNet se eNuus aanbied.  Die nuusredakteur by eNews, Kanthan Pillay is summier ontslaan nadat hy een van hul verslaggewers, Sam Meseko, 'n rot genoem het nadat hy bedank het. Pillay het ook daarop aangedring dat Sam onmiddellik die perseel verlaat en hy is uit die gebou begelei sonder dat hy sy kollegas kon groet. Sam is blykbaar oppad SAUK toe en Pillay het na die SAUK as 'n sinkende skip verwys.

Dis baie jammer, want Sam is wat my betref, 'n uitstekende joernalis wat geen duit stuit vir arrogante politici nie - 'n regte Jack-Russel tipe wat net nie laat los nie.

Intussen is Pillay onmiddellik ontslaan weens sy optrede.

Hoe meer dae, hoe meer dinge.

Ns.  Ook 'n gesoute TV-aanbieder van KykNet-Nuus, Gustav Greyling het by die SAUK se radiodiens aangesluit en Jena-Lee ??? wat 'n eNuus-leser was, is nou 'n nuusleser by die SAUK se TV-diens.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/12/2019 - 18:07

SanParke se Tafelberg Natuurreservaat

Dis hoofberig oor SAUK se nuusdiens en ons koerante se voorblaaie  -  ook op sosiale media :  die Suid-Afrikaanse fietsryer, Nicholaas Dlamini se arm is gebreek in 'n onderonsie met omtrent 4 of 5 SanParke sekuriteitspersoneel.  Die aanranding is natuurlik onwettig en afkeuringswaardig en verdien optrede teenoor die skuldiges.

Maar Dlamini se binnegaan van 'n natuurpark sonder 'n permit en sonder om daarvoor te betaal is ook onwettig. Maar hiervan word nêrens melding gemaak nie.  Sou hy die park op 'n wettige manier binnegegaan het, het hy nou nie met 'n gebreekte arm gesit nie.

Dis vir my opvallend hoe beriggewing eensydig aangebied word. In hierdie voorval het die SanParke personeel onwettig opgetree, maar fietsryer Dlamini het ook onwettig opgetree, maar daaroor word skreiend geswyg.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 28/12/2019 - 19:20

Ek het by myself gewonder toe ek vanoggend die berig lees. Hier kom 'n ou en hy ry net goedsmoeds 'n area in waar jy ingang moet betaal. Dit is 100% reg dat die wagte hom gekonfronteer het, maar daar ís seker té veel hardhandigheid gebruik. Aan die anderkant - as hy toegegee het dat hy verkeerd opgetree het en sy samewerking gegee het, sou hy beslis nie so ernstig seergekry het nie.

Maar weereens, soos al in die verlede gebeur het, laat 'n politikus haar uit voordat die geval behoorlik ondersoek is. En ons lees eensydige beriggewing.

Nou wil ek dalk my kop in 'n bynes steek. Na my mening is daar 'n groot mate van wetteloosheid onder 'n baie groot persentasie fietsryers. Kyk maar by stopstrate hoe dit geïgnoreer word. Ek gun hulle die reg op paaie en gaan uit my pad uit om akkommoderend teenoor fietsryers te wees. Ek gaan uit my pad uit om minstens 'n 1,5 meter afstand vanaf hulle te handhaaf as ek hulle van agter verbygaan. Maar hoeveel kere ry hulle twee-twee langs mekaar. En waag dit om die toeter te blaas, dan sien jy watse handseine jy kry.

Op die pad tussen Rooi-els en Gordonsbaai ry hulle in groot bondels in georganiseerde groepe met hulle begeleidings-voertuig wat die agterhoede dek. Soms ry jy vir kilometers agter die groep alvorens jy kan verbygaan.

Ek weet almal is nie só nie, maar 'n baie groot persentasie is arrogant t.o.v. hul padgebruik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/12/2019 - 21:19

........ja, gegewe die baie ongelukke waar fietse betrokke is, is dit beslis nie altyd die motoriste wat skuldig is nie.  Talle en talle fietsryers hieronder by ons in die Kaap ry al geselsend langs mekaar in die noodbaan wat jou as motoris dan dwing om verder in die baan van inkomende verkeer te beweeg om verby te kom.

Maar my eintlike punt was onbillike, eensydige beriggewing deur formele media nuushuise en/of kommentaar op sosiale media. In die SanParke geval ter sprake is daar net een oortreder (SanParke) en die wettelose fietsryer is nou die slagoffer - behalwe vir sy gebreekte arm kom hy nou skotvry.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 29/12/2019 - 13:40

Ons arme fietsryers, wil ook maar net ons klein bietjie van die pad geniet. devil

Ek wonder of hulle ook pad belasting betaal soos die motoris ?

Centurion

Voortrekker

Sun, 29/12/2019 - 13:58

Kyk hoe word die wettelose fietsryer se arm gebreek.     Sanparke personeel het die situasie baie professioneel gehanteer of hoe?  En stel natuurlik nou die regte voorbeeld van hoe soortgelyke situasies in Suid Afrika gehanteer moet word?  Ek hoop hulle elkeen kry 'n medalje. frown

Kyk hoe word Nic se arm opgedruk en luister mooi na die geluid van die breek.  Youtube video hieronder.

Sanparke behoort huleself te skaam vir sulke verteenwoordigers.

En nee, ek sê nie dit is reg om sonder permit te ry met jou fiets in gebiede waar permitte nodig is nie, ek se wel dat dit verkeerd is om iemand se arm te breek daarvoor.   

video
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/12/2019 - 16:01

Dit lyk vir my my eintlike boodskap dring nog nie deur nie.  Ek het van meet af aan gesê SanParke se personeel het verfoeilik opgetree en verdien om gestraf te word.  Die punt wat ek die hele tyd probeer beklemtoon is die eensydige beriggewing en standpunte wat ingeneem word.  Nêrens rapporteer iemand dat as Dlamini eerbaar opgetree het, vir sy toegang betaal het en 'n permit bekom het sou hy nie nou met 'n gebreekte arm gesit het nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus