Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/08/2019 - 09:05

Freda, ek is nou nie 'n kenner van skoonheidskompetisies nie, maar ek vermoed jy is reg.  Onthou net, dit was 'n meningpeiling van Maroelamedia.  Heelwat ander koerantgroepe sou 'n ander resultaat getoon het.

Ná jou kommentaar vanoggend het ek ons plaaslike Die Burger nadergetrek en merk toe dat haar ma 'n skoolhoof is en haar pa is 'n bestuurder by die Onderwysdepartement.  Sy het reeds 'n universiteitsdiploma en is tans ingeskryf vir 'n Btech-graad.  Beslis 'n persoon om mee rekening te hou.

Ns. Dankie dat jy iets gelaai het op "ditjies en datjies".

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 12/08/2019 - 13:11

Len, jou "ditjies en datjies" draad is 'n baie goeie idee.   As mens iets wil pos onder "Wie het gesê?", wil jy nie noodwendig 'n nuwe onderwerp begin nie.   Dit lyk ook minder na "moeilikheid soek", as jy dit sommer hier doen.laugh

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 13/08/2019 - 08:37

Len het vertel van die digitale meter wat hy het (het daai draad gekry) ek het gaan rond snuffel en op hierdie afgekom en geplaas met die web adres, maar nou kry ek nie meer die web adresse nie.

Is daar iemand wat dal kan help soek asb.

.

.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 13/08/2019 - 08:45

Ek bedoel dit nou glad nie lelik nie,  maar ek vat die temperatuur soos hy kom,  voel hom soos hy voel, en stel nie belang om 'n meter te hê nie. Maar, elke ou soen sy vrou soos hy wil😃

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/08/2019 - 13:32

Dit is soos jy sê Johann, elke ou het maar sy spesifieke voorkeure.  Omdat ons in een vakansierit uiterse weersomstandighede teëkom (in Mei by Beaufort-Wes, Karoo Park met minus temperatur tot in die Kruger Wildtuin met kortbroek-temperature), is dit vir my lekker om te weet hoe koud/warm is dit binne-in die wa en wat kan ek buite die wa verwag.  Dis netsoos om gereeld na die weervoorspellings oor die radio of TV te kyk.  Dieselfde geld vir horlosies, party ouens kom oor die weg sonder om te weet hoe laat dit is en ander verkies weer om gereeld op sy/haar arm te kyk hoe laat dit is.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 17/08/2019 - 07:03

Ek lees daar gaan n nuwe Thor movie gemaak word.

Thor: Love and Thunder

Thor gaan n vrou wees in die movie (Natalie Portman)

Exciting news, kan nie wag nie.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 21/08/2019 - 06:52

Ok, so lyk my dit sal dan Zimbabwe wees volgende week.   My trip was bietjie uitgestel asgevolg van die vakansie dae en ook 'n tekort aan elektrisiteit in die Zim hoofstede.

As alles volgens beplanning loop dan sal ek Sondagmiddag op die vliegtuig klim en Harare toe vlieg vir vergaderings Maandag.  Dinsdagoggend 'n vlug Vick Falls toe waar ek dan verder sal reis met 'n huurmotor tot in Bulawayo en dan ook met die pad langs weer terug tot in Harare teen Woensdagaand.  Donderdag finale vergaderings in Harare en dan Vrydag weer terug SA met die vliegtuig.  smiley

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/08/2019 - 08:05

Zimbabwe :-

Pragtige, moderne lughawe in Harare en Vic Falls bly altyd 'n belewenis om te sien  -  hoop die droogte daar het nie 'n te kwaai invloed op die majestueuse Waterval nie.  Lekker interessante trippie deur per pad terug te ry Harare toe oor Bulawayo.

Mag ek vra, is jou vergaderings/onderhandelinge met staatsdepartemente of met privaat maatskappye ?

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 21/08/2019 - 08:32

is jou vergaderings/onderhandelinge met staatsdepartemente of met privaat maatskappye ?

Len, 6 vergaderings waarvan een met 'n Staatsdepartement is.  Ek werk saam met 'n plaaslike maatskappy wat ons verteenwoordiger is in Zim en gaan om tegniese inleidings aan te bied in die vergaderings. 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 24/08/2019 - 06:48

Dit is altyd maar swaar vir my as ek so moet reis vir werk, of dit Indië, Egipte of Zim is - nie lekker om vir 'n week of so van die huis en my gesin af weg te wees nie, maar dit is maar al die jare nog deel van my werk en moet ek so 3 of 4 keer per jaar so 'n trippie doen.  

Maar ek is seker gelukkig?  Ek weet van mense wat vir baie langer as dit weg van die huis is vir werk.  Daarom is 5 of 10 dae nie so erg nie.  My broer werk byvoorbeeld 4 maande weg van die huis af en dan kom hy weer vir 3 maande terug - hy doen dit ook al vir baie jare - omtrent 20.

Gelukkig?  Ek kry darem ook baie ander lande te sien en beleef ander kulture waar menige mense daarvan droom om oorsee te kan reis vir werk frown   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus