Na ons Namibië toer het ons so paar dae in Pretoria by familie oorgebly en die wa op stal gesit. Toe ons op 23 Junie uit Pretoria vertrek na Dinokeng Resort het Irene die merke op die karavaan se linker allooi wielvelling opgemerk. By nadere ondersoek sien ek dat drie van die vyf speke gekraak is. Die krake is regdeur en ook agter op die velling sigbaar. Hoeveel kilometers ek so met die wiel gesleep het weet ek nie.
Ek het in Nata (Botswana) een van hulle spoedwalle in die pad met ‘n redelike spoed getref en suid van Nata het ons so 4 of 5 keer padverleggings gehad wat redelik sleg en met baie gate in was. Dis al plekke waar ek aan kan dink waar ek die skade kon optel. Indien dit in Nata was waar die skade gedoen is, het ek sekerlik so verdere 800 kilometers gesleep met die gekraakte velling. Ek is dankbaar die wiel het gehou en dat ons veilig in Pretoria aangekom het.
Na ‘n gesoek na ‘n nuwe velling het ek uiteindelik by ALKO in Vereniging reggekom. Die gate op die velling se PCD is nie dieselfde as die van gewone padvoertuie nie en geen van die vele bande plekke wat ek besoek het kon my help nie.
Einde saak is alles weer reg en ons vertrek op 23 Julie hier van Dinokeng Resort af na Morêson naby Tshipise. Ons staan op Morêson oor vir ‘n maand voor ons besoek van 6 weke aan oom Paul se plaas.
Sjoe, julle kan dankbaar…
Sjoe, julle kan dankbaar wees niks het op die pad gebeur nie, gelukkig het julle dit vroegtydig gesien. Nou moet jy die onderstel ook na gasn vir enige ander probleme wat skade kon kry.
Koos sien uit om julle hier…
Koos sien uit om julle hier te sien .
Ons hier tot einde Aug.
Ou Koos, ek dink daar is n…
Ou Koos, ek dink daar is n engeltjie wat na julle omsien.... eintlik is die velling gebreek, en n wonder dat nie gevaal het nie, regtig.
Len.........
Len. Allooi vellings kan herstel word. Ek het egter met die ouens gepraat wat dit doen en hulle het aanbeveel dat ek liewers 'n nuwe velling kry want die krake is op kritieke gedeeltes van die velling. Ek het nie kostes vir herstel gekry nie maar met die nuwe velling teen R2300 wil ek my verstout om te sê die herstel sou nie baie goedkoper wees nie.
ALKO het my van 'n identiese nuwe velling voorsien.
Die spaarwiel is 'n staal velling.
Koos ek dink daai Ford van…
Koos ek dink daai Ford van jou is te sterk vir die wa?
Anton, ek moet verskil.Ek…
Anton, ek moet verskil.
Ek dink die ou agter die stuurwiel moet sy oê oopmaak.
Herman. Met die lang slepe…
Herman. Met die lang slepe en ure op die pad dink ek daar's hele span engele saam met my, tenminste 3, een by elke speek. Ook maar gelukkig dan kan ek hulle die skuld gee.
Koos, daar is mos.....
............langs jou ook een, nie waar nie?
Nogal skrikwekkend! Dit is…
Nogal skrikwekkend! Dit is die eerste keer dat ek so iets sien. Het nie besef dat met 'n allooi-velling kan gebeur nie.
Die bande en wiele op my wa kry bykans die meeste van my aandag: Voor ek vertrek, as ek stilhou langs die pad en selfs nadat ek by my bestemming aangekom het.
Heel toevallig het Hans se mobiele karavaandiens my wa pasafgelope Vrydag 'n volledige ondersteldiens gegee. Ons het die toestand van sleephak, die rubax-as, die remstelsel, die wiellaers, die vellings en die bande volledig nagegaan en gediens, waar nodig.
Nou is ek weer vol vertroue vir my volgende trippie later in Augustus.
Andries....
Andries, wat die wiellaers betref, het Hans die binneste en buitenste wiellaers uitgehaal, gewas en oorgepak ?
Ek het verlede jaar my wa se onderstel in Pretoria laat diens oppad Wildtuin toe. Terug by die huis na 2500km is een van die vier wiellaers heeltemal kapoet en die ander drie het so 'n groot speling op die wiele veroorsaak dat ek maar al vier splinternuut laat vrvang het. Ek het my voorgeneem om nie sommer weer die laers te laat "diens" nie omdat ek vermoed hierdie saak word onnodig opgeblaas. Sal graag jou opinie wil hoor.
Koos, ja, jy kan praat van…
Koos, ja, jy kan praat van dankbaarheid na daai vellings nie gefaal het nie, eerste keer dat ek so iets sien, en gaan more oggend sommer na myne kyk, net om seker te maak.👍
Wil nie die draad kaap nie, maar ek sit met twee gebuigde vellings op my sleep kar, T&W het dit uit gewys tydens ons kaapse toer, ek sit en redeneer juis, om nuwes op te sit, of te laat reg maak.
Johann, ek dink om gebuigde…
Johann, ek dink om gebuigde vellings is ok om reg te maak. In Koos se geval is dit heel anders.
Willem, my gat jeuk vir mooi…
Willem, my gat jeuk vir mooi mags op my kar, maar sal eers moet uitvind van die waarborg.
Daai alooi veiling mooi maar…
Daai alooi veiling mooi maar ek verkies maar die staal. Let wel ek het al staal veilings ook gehad wat gekraak het.
Len, ja hulle het al die…
Len, ja hulle het al die wiellaers uitgehaal, gewas en oorgepak. Hulle evalueer dan ook tersefdertyd die integriteit van die bestaande wiellaers en die stand van die remskoene. Hans het dit reeds twee keer vantevore met my vorige stel wiellaers gedoen, maar die voorlaaste (derde) keer het hy die wiellaers vervang (Die eerste keer in nege jaar). Dit was nou die eerste keer dat hy die nuwe wiellaers oorgepak het.
Ek het ongelukkig nie genoeg praktiese tegniese kennis om te bepaal of die gereelde oorpak van wiellaers 'n goeie of slegte ding is nie, Party ouens sê dis goed, terwyl ander weer sê jy verkort die lewe van die wiellaers. Ons pak dan nie die wiellaers op ons motors se vrylopende wiele so gereeld oor nie? Dit is ook nie ongehoord dat die diensentrums vir hulself werk skep nie.
Al wat ek gereeld na so 'n diens doen is om, veral gedurende die eerste trip daarna, gereeld by stilhouplekke aan die vellings te voel of daar nie uitermatige hitte in die as- en wielgedeelte opgewek word nie. Dit is altyd vir my die beste aanduiding as daar iets met die wiellaers kan skort.
Ek het dus nie sterk gevoelens na die een of die ander kant toe nie. Ek neig egter na die kant van versigtigheid toe.
Aggenee Ski man, watse teken…
Aggenee Ski man, watse teken is daar op jou boodskap?
Ek stem met jou saam, staal wiele is baie sterker, maar alluminium wiele is vrek mooi.
Andries,...
Andries, ek is ook eerder bang-jan as dooie-jan en verkies ook om voorkomend op te tree.
Ek dink die storie van wiellaers gereeld oopmaak, verwyder, skoonmaak en opnuut met ghries pak het sy oorsprong by boot-sleepwaens wat gereeld onder water gestoot word of in 'n mindere mate, waens wat baie stof- en sandpaaie moet verduur. Daar is seker niks mee verkeerd as die taak deur 'n kundige gedoen word nie, maar soos my Pretoria-ervaring getoon het, was dit beslis die firma se skoonmaker wat die taak verrig het.
Bearings is relaltief…
Bearings is relaltief goedkoop.
Hoekom die oues terugsit na al die arbeid om uit te haal en skoon te maak?
Nee wat vir daai bietjie geld sit ek nuwes in.





Sjoe, dit lyk nie goed nie…
Sjoe, dit lyk nie goed nie. Net bly saam met julle dat dit nie probleme op die pad veroorsaak het nie. Groete vir Arie en Petra sodra julle daar kom