Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Karavaan binne ligte

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het gesoek, maar kon nie 'n draad kry wat te doen het met karavaan binne lig, verandering / byvoeging nie, so, toe begin ek maar my eie.

By die voorste kop kas het ek twee led "warm white - down lights" ingebou, vir wanneer ons binne wil sit en lees, by ons dubbel bed, het ek twee geel led "down lights" in gesit. 

My vrou het gekla dat die "warm white" te sterk is, en "cool white" is nog skerper.

Penta lig
So lyk die dubbel bed se geel liggies 
Penta lig
Ek het twee asfonderlike skakelaars in gebou
Dit is druk skakellaars, en vertoon mooi,  alles is "flash mounted"

 

Ek het ook so vermoede gehad, weet net nie waar om te kyk vir die fuse nie, sal maar sien as ek my wa terug het.

Dankie vir die raad!

0
Pretoria

leeu

Mon, 22/07/2019 - 11:11

Frik, dis die swart boks onder een van jou kassies of beddens. Dit sal seker 'n Hercules of Apollo wees. Daar is gewone "blade fuses" en daar is ook ronde klein "fuses" wat gebruik word. Hulle kon ook dalk die drade onder, indien enige, gebreek het toe hulle onder die wa gewerk het. Dit kan ook wees dat een van die "trip" skakelaars afgeskakel het. Neem 'n Multimeter en meet of daar 'n spanning is by die liggie self wanneer jy die skakelaar aan skakel.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 19:15

Leeu, ek het so stuk (oorskiet) van mynLED's gekry en fotos geneem, hoop jy kan sien.

Led
Dit is baie buigsaam.
Led
Ook "self adhesive" 
Leds
Sommer op 'n 7.5 aph moter hek batery gekoppel netom te wys hoe dit verlig.

Vir binne huis verbruik moet mens redelike lang stroke plak om voldoende te kan sien, maar, ek het kort stukkies gebruik om net genoeg lig snags te vir my mid night snacks.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus