Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -22 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -33 minutes ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

Die Ford Territory ST & Exclusive

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

w

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/10/2019 - 17:52

Inloop-skokbreker :

Toe jy by Roadque 'n skokbreker gekoop het en dit self ingesit het, het jy die boonste en onderste boute van die skokbreker saamgekry of het jy die ou Jurgens boute gebruik.  Het Caravan Man nuwe boute saam met die AL-Ko skokbreker gekry of het hy die ou boute gebruik ?

As beide skokbrekers nie voorsien is van nuwe, presies-passende boute nie en die oues is gebruik, is daar dalk 'n speling tussen die boute en die skokbreker se boonste en onderste skag want dit kan moontlik die effense klap-geluid veroorsaak ?

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 22/10/2019 - 18:48

Willem dis nie baie geld vir wat aan jou wa gedoen gaan word nie

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/10/2019 - 19:27

Len, ek weet nie maar die klap/skok is duidelik soos wat die skokbreker uit trek en dan teen die voorste rubber vas stamp.

Shaun, ja dit is seker tyd om paar Rc te spandeer na 8 jaar se sleep al is dit net onder 35,000km.  Die remskoene is glo nog 100% en ek het gevra om nie die wiel laars oop te maak nie is dit gedoen en ook glo nog 100%.  Die lugversorger is volgens my onnodig omdat hy Maart herstel was weens 'n gas lek.  Die Powrtouch moes ek seker lankal deur gevat het Villiers toe, nie dat daar regtig 'n probleem is nie is ek net nie tevrede hoe die installasie gedoen was nie.

0
Centurion

Dusty

Tue, 22/10/2019 - 19:55

Willem, so paar jaar gelede het ons firma se 2 ton sleepwa geklap wanneer jy wegtrek en ook geklap wanneer jy stop. Dit was toe die halfmaantjies wat in die stang was wat foutief was. Nadat ek dit reggemaak het is die probleem op gelos. Dalk moet jy na joune ook laat kyk

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/10/2019 - 20:17

Ek verstaan nie  -  van watter halfmaantjies praat jy, waar sit hulle en wat is hulle doel ? Praat jy van die blink "stang" wat in en uit beweeg ?  Hoe het jy die halfmaantjies "reggemaak" ?

Wat my pla van Willem se probleem is dat hy nou al by die derde skokbreker is en die probleem is nog daar.  Die fout moet dus iets anders as die skokbreker self wees.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/10/2019 - 20:28

Dit was toe die halfmaantjies wat in die stang was wat foutief was.

Verduidelik asb. waar sit die ding ?

Len, Klaus het die ou een vir my gewys en hy was redelik pap gewees.

0
Centurion

Dusty

Tue, 22/10/2019 - 20:42

Willem daar is 2 halfmaantjies om die stang in 'n gleuf aan die voorkant. Na dit op gesit is gaan dit saam met die stang by die voorkant van die huls (dit is die gat, aan die voorkant) en druk dan teen 'n skouer aan die binnekant en dan kom daar weer twee aan die agterkant ook in 'n gleuf en dit word weer met 'n plaatjie in posisie gehou. Dit doen dieselfde as 'n circlip behalwe dat dit in 2,helftes is. Daar is 'n circlip gleuf voor en een agter. Hoop dit maak sin

0
Centurion

Dusty

Tue, 22/10/2019 - 20:44

Ek sien nie die halfmaantjies op jou skets nie. Sal more kyk op my rekenaar by die kantoor. Ek dink ek het daar 'n skets van dit

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 22/10/2019 - 21:02

…..as die Roadque-skokbreker redelik pap was, hoekom klap daar nog iets nadat Klaus die Al-Ko skokbreker ingesit het ?  En hoekom het Roadque na hulle toets,  vir jou gesê hulle produk makeer niks nie ?

Jou trekstang op die Ford : is dit die verwyderbare tipe ?

Is jy seker die twee boute wat die skokbreker weerskante in plek hou, het geen speling nie. met ander woorde dalk te dun ?  Op jou prentjie is die een bout nr.35, maar die bout aan die ander kant van die skokbreker is nie genommer nie.

Sien jy die halfmaantjies waarvan Dusty praat op die diagram hierbo ?

0
Centurion

Dusty

Wed, 23/10/2019 - 05:50

Willem, op jou skets is die halfmaantjies item 27. Kon dit gisteraand nie mooi sien op die selfoon nie. Op die rekenaar is dit meer duidelik.

Die voorste 2 halwes gaan in die bus in saam met die as en item 29 hou die agterste twee in plek. Hoop dit help

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 23/10/2019 - 06:22

Nou sien ek wat Stoffel sê, en dit maak sin 👍

Ek is nie tegnies gekwalifiseerd nie, maar daai 2 x No. 27's kan dalk klap as jy weg trek?

Weg trek, is normaal mos "vinniger" as rem, en dalk is dit die probleem?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/10/2019 - 07:54

Dankie Stoffel

Ek het vir Klaus 'n e-pos gestuur om te hoor of hy daarna gekyk het.  Dalk kan ek hom terug vat as die Ford reg is en ek terug is van Villiers.

Len,  nee die Ford het nie 'n verwyderbare trekstang op nie.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 23/10/2019 - 08:43

Ek sien nou, die twee "halfmaantjies" is nr. 27 op die skets, maar daar lyk dit soos ronde ringetjies.  Die "ringetjies" is natuurlik in twee halfmaantjies verdeel om dit oor die as in posisie te kan plaas.

Willem, lyk vir my hier het Dusty jou probleem geïdentifiseer !  Dalk het daardie halfmaantjies agterweë gebly toe jy self die eerste keer die skokbreker vervang het.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 23/10/2019 - 13:20

Len, nee, jy haal nie daai kop uit as jy die skokbreker vervang nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2019 - 13:05

Nou wanneer kry ons 'n bietjie terugvoer :-

Lugversorger : is dit toe herstel en waar was die fout toe  -  het die gas uitgelek en indien wel, waar was die lekplek ?

Inloop-skokbreker : is die geklap nou opgelos en indien wel, wat was die oorsaak ?

Ford : is die agterruit intussen vervang ? Het die versekering alles betaal en is jy in jou skik met KingPrice ?

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 31/10/2019 - 14:36

Len,

Ford : hy is in en hoop om hom die 14de November terug te kry, dan ry ek Maandag 18 November Villiers toe vir die movers.

Inloop-skokbreker : hy is vervang, maar sal hom verder toets as ek Villiers toe gaan.

Lugversorger : ek vat hom in na ek by Powrtouch was.  Ek gaan die hinne eenheid skuit na die badkamer se muur.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2019 - 18:20

Dankie Willem.  Sjoe, maar dit neem lank om die Ford te herstel.  Is jy tevrede met KingPrice se hantering van jou eis ?

Hoekom skuif jy die binne-eenheid van die lugverorger agtertoe na die badkamermuur ? Maak dit te koud as julle slaap ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 31/10/2019 - 19:52

Ja ek is 100% tevrede met King Price.

Die skuif van die binne eenheid, is vir my beter vir die verkoeling want waar hy nou is word die eerste deel glladnie afgekoel nie en moes ons altyd 'n waaier oorkant die yskas sit om daai deel effe af te koel.  Onthou Wijan slaap nog daar as,ons net gewone naweke kamp em ook op lang afstande met oorslaap.  Die ander rede is diemlang pype na agter en daar is 'n las plek in die pyp.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 11/11/2019 - 10:28

Ek sien dié op fb, moet volgende Maandag oggend vroeg daar wees met die Woonwa.

Hoofstraat van Villiers in die Vrystaat.

Pieter Kriel se foto.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus