Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Die Ford Territory ST & Exclusive

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

w

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 14/11/2019 - 17:27

My Ford is weer reg en blink.

Die "smash and grab" moet nog gedoen word, sal môre die versekering bel.

Ek is nie tevrede met die agter ruit se kabel nie maar hulle sê hulle sal by Ford hoor hoe kom hy vas.

.
Ek het nie bybetaling nie toe lastdoen ek die glaze, nou blink hy mooi.
.
Ek het nie 'n foto van hoe hy vas was nie, maar weet hy het nie so gehang nie.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 14/11/2019 - 17:39

Willem ek vermoed daai "hang" is maar ouderdom.

Ek het ook soms daai probleem, kry ń mooi jong dametjie met ń klein bikini om daar by die kabel te staan, moontlik sal die jabel dan staan pleks van hang?

0

Môre Willem

Jou wa lyk sommer spoggerig.

Daai kabel is verkeerd ingesit. Dit moet net agter die bekleedsel aan regterkant ingevoer wees. Al wat jy moet sien daarvan is die kort "coil" gedeelte. Kyk mooi regs bo, ek dink daar is gaatjie waar kabel moes ingaan.

Ek is amper seker my geheue is nog OK.

Groete

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 15/11/2019 - 18:40

Wessel

Nee daai is net glas.  Op fb se Auzi groep het die ouens vir my foto's gestuur daar moet 'n soort van "channel" wees waar is die draad moet wees, hy word dan teen die ruit geplak. 

Die ouens by Auto Magic wat die werk gedoen het het ek die foto gestuur, hulle het my vanmiddag gebel en gesê hulle het hom gekry.

.

Nou lyk die kante buite of daar iets kort maar sal eers vir die klomp vra vir foto's.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/11/2019 - 11:53

My geluk met die Territory het my jare gehou sonder eise en nou 😡

Gister stoot ek terug om die wa te hak, daar is so skuins "ramp"op, trek die Ford reg sien die ouens staan reg om my te wys om mooi die hak by die wa te kry.  Ek smile by my srlf en hou die skerm in die Ford dop want ek kan hom mos self onder die wa se hak kry stoot terug met krag om die bult op te kom.  Sien nie die kante nie en stoot die Ford se linker agter kant teen die "beam"

.

Die stamp op die buffer is niks maar die lens is moeg 😢

Seker om dat ek geskok was met die kontant (sonder dokumentasie) wat hy my gevra het, sal by die huis moet kyk wat wad die bedrag wat hulle op e-pos vir my gestuur het.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/11/2019 - 12:00

Dirk die oubaas het net een kyk gegee toe sê hy dit is die werk van Albert (war waar is).  Hulle het die kontrole kas geskuif na die neus kas en al die drade vervang want van die drade was gelas sonder soldeersel.  Nou is die rollers meer inlyn met die senter van die wiel en hy druk op die hele band se breedte, sal by die huis foto neem.

.

.

Hy was hier op die vloer gewees.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 19/11/2019 - 12:02

Ai, dis ‘n gatslag (letterlik en figuurlik). Sterkte met die admin daar rondom. Hopelik was dit nou die laaste strooi. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/11/2019 - 12:05

Ek was so 08:00 by oubaas Johan gewees (hy werk van sy huis af, daar is nie plek by sy lugversorger besigheid wat sy seun nou bestuur nie).  Het die wa neus errste met die movers in gery (spasie is beperk)  Toe verduidelik hy my om by die groot nuwe Vaal Mall uit te kom en te gaan fliek om die tyd om te kry.

Hy reken ek moes eerder 'n 12,000btu in gesit het, hy hanteer die wa beter.

0

Middag Willem

Ek wou eers lag vir die vorige opmerkings, maar dis nou 'n gatslag.

Nou wonder ek, bewys jou ongeluk dat mens selfs met kamera ondersteuning onder normale omstandighede, tog die hulp van mense [beterhelftes] benodig met woonwa hak??

Groete

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/11/2019 - 14:43

Willempie, daar het jy dit nou !  Toe Surette die agterkant van die Ford by Phalaborwa teen 'n boom gestamp het, kon jy nie verstaan dat sy nie ag geslaan het op twee hulpmiddels nie : die kar se trukamera en "reverse" sensors.  En wie het nou nie aggeslaan op hierdie hulpmiddels nie ?

Gaan vra dadelik vir haar om verskoning dat jy so kwaai en kwaad vir haar was !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/11/2019 - 19:09

Die ou segeskree daar by die wa se hak het ek gedink hy wil my skrik maak omdat ek nie vir hom sit en kyk nie, toe skree hy want hy het gesien waarheen ek gaan.

Interpetasie verskil van sy geskree 😣😡😢

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/11/2019 - 08:17

Ek is so 17:00 by Caravan Cooling weg Koppiesol toe vir oorslaap.

Die eenheid is geskuif en lyk goed.  Hy het 'n vakuum pomp opgesit om al die lug uit die stelsel te suig (glo wat almal moet doen as die pype oop was) het hom getoets en Johan was tevrede.  Ek het hom hie hy die kamp op 21° gestel en hy het hom goed van sy taak gekweit.

.

Sal as ek môre by Jurgens (Tian) hoor of hulle hulle vir my 'n stuk van die materiaal het wat die kante mee oorgetrek is om die ou gate toe te maak.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/11/2019 - 09:58

Willem, waar loop die pype en bekabeling, in die stort of langs die stortdeur ?

Ek sien die een kassie se deur sal nou nie kan oopmaak nie, maar gelukkig kan goed deur die linker-deur deurgeskuif word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus