Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

Inloop-skokbreker :
Len, ek weet nie maar die klap/skok is duidelik soos wat die skokbreker uit trek en dan teen die voorste rubber vas stamp.
Shaun, ja dit is seker tyd om paar Rc te spandeer na 8 jaar se sleep al is dit net onder 35,000km. Die remskoene is glo nog 100% en ek het gevra om nie die wiel laars oop te maak nie is dit gedoen en ook glo nog 100%. Die lugversorger is volgens my onnodig omdat hy Maart herstel was weens 'n gas lek. Die Powrtouch moes ek seker lankal deur gevat het Villiers toe, nie dat daar regtig 'n probleem is nie is ek net nie tevrede hoe die installasie gedoen was nie.
Willem, so paar jaar gelede…
Willem, so paar jaar gelede het ons firma se 2 ton sleepwa geklap wanneer jy wegtrek en ook geklap wanneer jy stop. Dit was toe die halfmaantjies wat in die stang was wat foutief was. Nadat ek dit reggemaak het is die probleem op gelos. Dalk moet jy na joune ook laat kyk
Dusty...
Ek verstaan nie - van watter halfmaantjies praat jy, waar sit hulle en wat is hulle doel ? Praat jy van die blink "stang" wat in en uit beweeg ? Hoe het jy die halfmaantjies "reggemaak" ?
Wat my pla van Willem se probleem is dat hy nou al by die derde skokbreker is en die probleem is nog daar. Die fout moet dus iets anders as die skokbreker self wees.
Dusty Help asb.
Dit was toe die halfmaantjies wat in die stang was wat foutief was.
Verduidelik asb. waar sit die ding ?

Len, Klaus het die ou een vir my gewys en hy was redelik pap gewees.
Willem daar is 2…
Willem daar is 2 halfmaantjies om die stang in 'n gleuf aan die voorkant. Na dit op gesit is gaan dit saam met die stang by die voorkant van die huls (dit is die gat, aan die voorkant) en druk dan teen 'n skouer aan die binnekant en dan kom daar weer twee aan die agterkant ook in 'n gleuf en dit word weer met 'n plaatjie in posisie gehou. Dit doen dieselfde as 'n circlip behalwe dat dit in 2,helftes is. Daar is 'n circlip gleuf voor en een agter. Hoop dit maak sin
Ek sien nie die…
Ek sien nie die halfmaantjies op jou skets nie. Sal more kyk op my rekenaar by die kantoor. Ek dink ek het daar 'n skets van dit
Maar Willem......
…..as die Roadque-skokbreker redelik pap was, hoekom klap daar nog iets nadat Klaus die Al-Ko skokbreker ingesit het ? En hoekom het Roadque na hulle toets, vir jou gesê hulle produk makeer niks nie ?
Jou trekstang op die Ford : is dit die verwyderbare tipe ?
Is jy seker die twee boute wat die skokbreker weerskante in plek hou, het geen speling nie. met ander woorde dalk te dun ? Op jou prentjie is die een bout nr.35, maar die bout aan die ander kant van die skokbreker is nie genommer nie.
Sien jy die halfmaantjies waarvan Dusty praat op die diagram hierbo ?
Willem, op jou skets is die…
Willem, op jou skets is die halfmaantjies item 27. Kon dit gisteraand nie mooi sien op die selfoon nie. Op die rekenaar is dit meer duidelik.
Die voorste 2 halwes gaan in die bus in saam met die as en item 29 hou die agterste twee in plek. Hoop dit help
Nou sien ek wat Stoffel sê,…
Nou sien ek wat Stoffel sê, en dit maak sin 👍
Ek is nie tegnies gekwalifiseerd nie, maar daai 2 x No. 27's kan dalk klap as jy weg trek?
Weg trek, is normaal mos "vinniger" as rem, en dalk is dit die probleem?
Klap / Skok geluid
Dankie Stoffel
Ek het vir Klaus 'n e-pos gestuur om te hoor of hy daarna gekyk het. Dalk kan ek hom terug vat as die Ford reg is en ek terug is van Villiers.
Len, nee die Ford het nie 'n verwyderbare trekstang op nie.


Ek sien....
Ek sien nou, die twee "halfmaantjies" is nr. 27 op die skets, maar daar lyk dit soos ronde ringetjies. Die "ringetjies" is natuurlik in twee halfmaantjies verdeel om dit oor die as in posisie te kan plaas.
Willem, lyk vir my hier het Dusty jou probleem geïdentifiseer ! Dalk het daardie halfmaantjies agterweë gebly toe jy self die eerste keer die skokbreker vervang het.
halfmaantjies
Len, nee, jy haal nie daai kop uit as jy die skokbreker vervang nie.
Willem......
Nou wanneer kry ons 'n bietjie terugvoer :-
Lugversorger : is dit toe herstel en waar was die fout toe - het die gas uitgelek en indien wel, waar was die lekplek ?
Inloop-skokbreker : is die geklap nou opgelos en indien wel, wat was die oorsaak ?
Ford : is die agterruit intussen vervang ? Het die versekering alles betaal en is jy in jou skik met KingPrice ?
Die Ford en die Exclusive
Len,
Ford : hy is in en hoop om hom die 14de November terug te kry, dan ry ek Maandag 18 November Villiers toe vir die movers.
Inloop-skokbreker : hy is vervang, maar sal hom verder toets as ek Villiers toe gaan.
Lugversorger : ek vat hom in na ek by Powrtouch was. Ek gaan die hinne eenheid skuit na die badkamer se muur.
Dankie.....
Dankie Willem. Sjoe, maar dit neem lank om die Ford te herstel. Is jy tevrede met KingPrice se hantering van jou eis ?
Hoekom skuif jy die binne-eenheid van die lugverorger agtertoe na die badkamermuur ? Maak dit te koud as julle slaap ?
Len
Ja ek is 100% tevrede met King Price.
Die skuif van die binne eenheid, is vir my beter vir die verkoeling want waar hy nou is word die eerste deel glladnie afgekoel nie en moes ons altyd 'n waaier oorkant die yskas sit om daai deel effe af te koel. Onthou Wijan slaap nog daar as,ons net gewone naweke kamp em ook op lang afstande met oorslaap. Die ander rede is diemlang pype na agter en daar is 'n las plek in die pyp.
Willem, jy moet maar…
Willem, jy moet maar flippers aan die woonwa sit






Inloop...
Inloop-skokbreker :
Toe jy by Roadque 'n skokbreker gekoop het en dit self ingesit het, het jy die boonste en onderste boute van die skokbreker saamgekry of het jy die ou Jurgens boute gebruik. Het Caravan Man nuwe boute saam met die AL-Ko skokbreker gekry of het hy die ou boute gebruik ?
As beide skokbrekers nie voorsien is van nuwe, presies-passende boute nie en die oues is gebruik, is daar dalk 'n speling tussen die boute en die skokbreker se boonste en onderste skag want dit kan moontlik die effense klap-geluid veroorsaak ?