TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -37 minutes ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -1 hour ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -1 hour ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -2 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -4 hours ago
Dit wil vir my ook so… Geniepsig Voortrekker -4 hours ago

c

"Leveling Kit" en sleep

Middelburg MP
Submitted by Willem.Stoltz on Wed, 13/11/2019 - 10:10

Goeie dag, ek is 'n nuwe intekenaar en het raad nodig. ek het 'n nuwe Hilux gekoop en mooi gemaak, en onder andere 'n leveling kit voor ingesit. ek sleep 'n 2006 Gypsey Romany en ek hoor dat die "lift" voor my hantering kan beinvloed met die woonwa as die neus te hoog lig voor. Enige idees of raad?

Centurion

Voortrekker

Wed, 13/11/2019 - 10:17

Hallo Willem en welkom by kampforum yes

Ek dink amper Frikadel sleep ook 'n Gypsey Romany met 'n redelike nuwe Hilux?   Dalk kan hy raad gee.

Môre Willem

Ek is nie 'n 4x4 man nie, maar sal die draad/navraag fyn dophou. Ek het egter 'n paar vragies;

1] hoekom wil mens 'n nuwe Hilux mooimaak, is dit dan lelik

2] wat is die doel van die "levelling kit"?

My swaer het lank gelede sy Pathfinder gelig, en kon daarna nie eers 'n Penta, wat sekerlik van die stabielste waens is, gesleep kry sonder om te begin slinger bo 100km/h nie. So erg dat hy nie kon byhou by my wat 'n Palma met 'n Ford Territory gesleep het nie. 

Groete

Antwoord 1; Die nuwe Hilux is nie lelik nie maar ja ek het 'n nudge bar en spots opgesit, rooi miere in die.....

Antwoord 2; behalwe dat die bakkie beter vertoon dink ek nie regtig daar is 'n ander doel nie?

Middag Willem

Ek oorweeg dit ook om my ou Hilux in te ruil, en sal graag wil verneem watter model jy aangeskaf het, die motivering van jou keuse en wat jou indrukke is.

Die 2.4 SRX dubbelkajuit trek nogal my aandag, hinkepink tussen 4x2, 4x4, of outomatiese opsies.

Groete  

Hi Wessels, ek het die 2.4 SRX D/C  4x2 gekoop soos op my foto. Baie lekker voertuig, lig genoeg op brandstof. Ek gebruik die voertuig vir werk, ry so 950 km per week. rygerief is goed. Rondom die kwessie vd spacers voor het ek wel agter gekom dat die bakkie nie meer "nose dive" as jy hard moet briek nie en dit help op die grondpad vir bietjie grondvry hoogte veral op klipperige paaie. Binne kajuit is baie gerieflik, alles wat nodig is, is daar. O ja ek het 'n cruise control laat insit wat baie handig is, dit het my so R 5000 extra gekos. die bakkie is toegerus vir dit dis 'n plug en play wat deur Toyota gedoen word, nie 'n after market ding nie.

Groete  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 13/11/2019 - 11:20

Baie welkom by Kampforum yes

Ek sleep nou al klomp jare met auto en sal nooit weer anders sleep nie.

Met die speelding (Toy) kan ek nie saam praat nie. wink

Hello Willem

Dankie vir jou terugvoer, ek sal nou nie verder jou gesprekslyn kaap nie.

Geniet jou "stiff upper nose" Hilux, ek dink jy het 'n spoggerige trokkie aangeskaf, en dat dit soos 'n droom sal sleep.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 13/11/2019 - 11:39

Hallo Willem !

Ek ry 'n Pathfinder waarmee ek 'n Exclusive sleep, maar ek is nie Wessel se swaer wat lug onder my gat gesoek het nie !  Ja so is ons ou nasie maar, jy sal sien hier is nou weer 'n ander ou wat spook om sy Ford se agterend opgelig te kry en jy het reeds jou wa se neus in die lug gekry !  Maar dit gaan baie interessant wees om uit die perd se bek (dis nou jy Willem) te verneem of hierdie verandering iets negatiefs aan jou sleepvoertuig se stabiliteit gedoen het.

Baie welkom op ons forum.

Hallo Len, baie dankie, ek is self nuuskierig om dit te toets, maar ongelukkig is my verlof nog bietjie ver. Ek sal laat weet sodra ek die toets gedoen het. Ek hou van inligting en opinies, maak dit net makliker om iets te doen wat al beproef is.

Groetnis  

Worcester

Wildehont

Wed, 13/11/2019 - 12:28

Welkom Willem. Ek is die ou met die Ford na wie Oom Len verwys. My ou Everest se gat sak as ek dit laai en my Kavango gelaai haak. 
Uit my navorsing oor die hele kwessie, stel ek voor jy probeer uitvind of die neus lig enigsins die gewigverspreiding op jou twee aste beïnvloed. Die probleem is dat jy minder effektief gaan rem as gewig geskuif het van jou voor as na jou agter as. Wanneer jy die wa haak kan die probleem verder vererger indien jou wa se neusgewig nie binne perke is nie. 
Dis my stuiwer in die armbeurs maar hier is baie slimmer en meer ervare omies op die forum as ek. 

Hallo daar, dankie vir die inligting dit is nogal wat ek oor gewonder het. Ek het in 2013 ook 'n Ford Everest gery en met hom afgesleep kaap toe sonder moeilikheid, baie lekker familie voertuig met ruimte, maar ongelukkig het my werk sy tol geeis op die voertuig en moes ek hom inruil in 2015.

groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 13/11/2019 - 18:42

Middag Willem, baie welkom op Kampforum👍

Ek stem saam met Wildehont se stelling;

Wanneer jy die wa haak kan die probleem verder vererger indien jou wa se neusgewig nie binne perke is nie. 

Die idee is om jou sleepvoertuig se neus laer te hou vir stuur stabiliteit, jou woonwa moet, of waterpas, of effens neus af sleep. Dit is die idiale omstandighede.

Ek kyk ook uit vir jou terugvoering ivm jou sleep ervaring na jou eerste rit met die kombinasie. My situasie is soort gelyk aan dit waarmee Wildehont sukkel, behalwe dat ek nie so erg met die probleem sit nie.

Bogenoemde, is maar my beskeie opinie.

Jy gaan baie advies kry,  sois jy reeds sien👍

More Willem,

Eerstens baie welkom en Geluk met die bakkie.

Ek het ook ‘n Toyota DC 2.8 en sleep van Desember 2016 ‘n Sprite splash met my Hilux.

Ek noem graag vir jou wat my ervaring is op jou vraag:

1. Volgens my gaan spacers wat die suspensie lig nie deur Toyota aanvaar word maak net dood seker vir waarborg doeleindes.

2.Die double cab se sterk punt as ‘n sleep voertuig is dat jy ekstra pak plek het vir al daai goed wat jy nie in jou wa wil hê.(Fietse,ekstra Yskaste,hout,braaiers,skoonma ens.)dit help ook om die sleep te vergemaklik met die ekstra gewig op die bakkie se agterwiele en wa wat ligter gelaai is.
 

3.Die neus gaan nou gelyk wees met spysers as jy die ekstra gewig op bak sit met wa se hak gewig gaan jy vir die Sterre kyk beheer en ligte wat te hoog skyn gaan ‘n probleem wees.

4. Brandstof verbruik gaan ook verswak agv. Wind weerstand en eurodanamika wat jy verander die ingangs hoek wat wind van vooraf die neus tref.Ek glo nie dit sal baie wees maar daar gaan ‘n verskil wees.

Ek het ook gejuk om dieselfde te doen maar daar is meer nadele as voordele aan dit.

Hou ons asb. Op hoogte hoe die 2.4 sleep Ek het ‘n 2.4 enkel kajuit werks bakkie en is baie beindruk tot so mate dat my volgende DC dalk ‘n 2.4 sal wees.

Lekker sleep

 

More Willem,

Ek sleep inderdaad met n 2.8 Hilux D/C 4x4.

Ek het nog nie spacers op nie want dit was nog nie nodig nie. Toyota gaan nie jou waranty void as jy dit doen nie, hulle kyk na hulle kliente.

As ek sleep teen 110 km/h kry ek tussen 9 en 10 kilos op n liter, bevestig by die pomp.

Ek gaan wel vroeg volgende jaar die CAT uithaal en n 76mm straight De Graaf kezozt laat insit wat baie goed werk vir brandstof verbruik en ekstra krag en hy klink chanana!

Ek glo nie aan mags en vetter wiele en chips en daai goed nie.

Toyota eerbieding my waranty wat eers verval in September 2024 of op 999 999.

O, en dan wil ek nog n snorkel opsit, lyk mooi saam met al die ander dingetjies.

Môre Frikadel

Ek lees dat jy beplan om jou CAT uit te haal en 'n de Graaff uitlaatstelsel in te sit. Maak net seker dat die sensors in die uitlaatstelesel voor dit sit. Jy kan dalk jou Hilux se brandstofbeheer negatief be-invloed as die "alfa"-sensor na die katalisators sit.

Ek het so 2 jaar terug my Hilux 2.7 petrol uiteraard, se katalisators laat uithaal. In die plek daarvan het die ouens vir my die Hilux Kwantum se voorste "box" ingesit, bloot om die lawaai te verminder. Die lugvloei het so verbeter dat ek die plate los geblaas het in die agterste "knaldemper. Dit het ek toe met de Graaff se knaldemper vervang.

Lang storie kort---- ek is nie oortuig dat my petrolverbruik geweldig verbeter het nie. Wat wel verbeter het, is die kraglewering. Ek sleep 'n Kavango en so rondom 110km/h, met baie gebruik van 4de rat teen opdraendes kry ek so 7km/l. 

Groete