Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 minutes ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -1 hour ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -1 hour ago
Hierdie is natuurlik 'n Toep… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago

Kampeerplekke in die Kruger wildtuin

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die draad het begin na aanleiding van my vraag hier onder maar het toe op “resensies”, menings en ervarings oor al die ruskampe en satelliet kampe in die Kruger wildtuin met kampeerplekke uitgeloop. Dit is van onskatbare waarde vir enige voornemende of terugkerende kampeerder in die nasionale park.

Hier is die oorspronklike plasing en vraag:

Uit die aard van die saak het almal hulle voorkeure, is dit redelik subjektief en is daar drastiese verskille tussen seisoene en binne/buite seisoen maar ek wil tog die draad begin. As daar dalk reeds so een is; verwys my gerus daarheen. 
Ons staanplek vir Julie is reeds bespreek; 4 aande by Punda Maria, 4 aande by Shingwedzi en 3 aande by Tsendze. Ek ken die wildtuin goed en besoek dit al vir 47 jaar elke jaar ten minste een keer. Die meerderheid van my besoeke was egter nie kampering nie en ek het nog net by Shingwedzi, Tsendze, Letaba, Balule, Satara, Pretoriuskop en Malelane kampeer en die laaste keer was by Tsendze omtrent 7 jaar gelede. 
Alhoewel ek lief is vir die Suide en wildbesigtiging daar goed is, is dit vir my te besig en moet ek vanwee skoolvakansies van volgende jaar af binne seisoen gaan. Ek verkies dus om nie verder Suid as Satara te gaan nie. Ek en my vrou verkies rus en vrede bo skares en verkeersknope by elke leeu en daarom die drie ruskampe waarby ons vanjaar staan. My klong het egter verlede jaar toe ons in hutte by Punda Maria, Shingwedzi en Letaba geslaap het laasgenoemde die meeste geniet want hy hou baie van die olifantmuseum en die natuurlewe rolprente wat saans daar buite vertoon word. 
Ek wil egter weet uit ‘n kampeerperspektief watter julle gunsteling ruskampe is om by te staan en waarom? Ek moet een of ander tyd besluit waar ons volgende jaar wil gaan staan. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/02/2020 - 17:23

Ek gaan so stuk-stuk my kommentaar lewer, anders is 'n enkele inset dalk te lank en raak die mense gatvol om hier te lees. Die opskrif van hierdie draad is: "Beste kampeerplekke in die wildtuin". En uiteraard gaan ek my kommentaar beperk tot kampe waar jy kan kamp. Ek gaan dit hanteer van noord na suid.

Punda Maria - Die kamp en sy omgewing bly maar een van my gunstelinge in die wildtuin. Ons het drie keer hier gekamp (2006, 2016 & 2019), afgesien van die kere wat ons in ander akkommodasie gebly het. Sedert ek vanaf 1987 rekord hou van my wildtuinbesoeke (alhoewel ek die park reeds vanaf die 60's saam met my ouers besoek  asook menige ander besoeke veral toe ek nog in Tzaneen gewoon het) het ons 'n totaal van 21 nagte in Punda oorgebly.

Ek hou nie van die normale toegangsroetes na Punda Maria nie, hetsy via Thohoyandou of Giyani. Sou ingang by Pafurihek wel vir jou 'n opsie wees (dalk jou laaste aand by Tshipise oornag voordat jy die wildtuin binnegaan) is hierdie roete na my mening die beste om te sleep. Verlede jaar het ons egter by Phalaborwa ingegaan en eers 'n nag elk in Letaba en Shingwedzi oorgestaan alvorens ons vir 8 nagte in Punda gaan kamp het.

Dié kamp het ongetwyfeld dramaties in populariteit toegeneem. In 2006 kon ons glad nie watergat voor die kamp sien nie - dit was totaal toegegroei. Ons het maklik 'n lekker staanplek gekry, alhoewel nie teen die draad nie. Terloops, dit is een van min kampe waar ek graag teen die draad sal wil kamp, maar dit was my nog nie beskore nie. Ons was maar min kampeerders in die kamp. In 2016 het ons dieselfde staanplek gekry, maar die kamp was stampvol. Dit was ook die jaar wat ek vir Len Loader en Koos Mol in Punda raakgekamp het. Verlede jaar was dieselfde staanplek weer oop toe ons daar aankom, maar ons kon nie 'n kragpunt kry nie. Ons was gelukkig om 'n gelyk en skaduryke staanplek in "die tweede ry" vanaf die draad te kry. Hiervandaan het ons darem 'n redelike "glimpse" van die watergat gehad.

2019 was die kamp aand na aand tjok-en-blok. Inteendeel, mens het die idee gekry dat daar inderwaarheid meer kampeerders was as wat daar veronderstel was om te wees. Kragpunte was 'n groot probleem. Die een wat ons aanvanklik gebruik het, se "Earth Leakage" het kort-kort uitgeskop. Na besoek van die ruskampbestuurder, het ek toestemming gekry om vanaf een van die buitekombuise krag "te tap". Punda is een van die kampe waarvoor jy 'n lang kragkabel benodig. Ek het my 50 meter en 30 meter kabels verlede jaar gelas, anders het ek probleme gehad.

Die grootste gedeelte van die kampterrein is maar baie ongelyk. Erosiewalle maak die ook nie makliker nie. Die ablusies (die een onder teen die draad sowel as die een langs die swembad) was tydens geeneen van ons kamp-ekskursies iets om oor huis toe te skryf nie. Maar die toestroming van wild na die watergat, laat jou sommer gou-gou van die kamp se paar tekortkominge vergeet. Net jammer dat die blou-ape by jou die indruk laat dat daar meer van hulle in die kamp is as mense. Joe, kan hulle jou gas gee!!

Wat my aanbetref hoef jy ook geen ander paaie te gaan ry nie as die S99 (die Mahonie-ompad) nie - behalwe as jy nog nie by Pafuri was nie. Wild is nie volop soos in die suide nie behalwe vir olifante, buffels en njala's. Maar die luiperdwyfie wat bykans elke aand die watergat kom besoek, die troppie wildehonde wat rondom die kamp hou, die sku tropiese grysbokkies en die kans om elande te sien is vir my hoogtepunte.

Ek kan my nie 'n kampeer-vakansie in die toekoms in die wildtuin indink sonder Punda op die reisplan nie.

Punda Maria 2006

Punda

Punda Maria 2016

Punda

Punda Maria 2019

Punda

Punda se veelgeroemde watergat

Punda

Punda

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 04/02/2020 - 20:18

Zimbabwe wildtuine :

Arie, ten spyte daarvan dat ons 7 jaar in Zimbabwe gewoon het, was ek nooit by Mana Pools nie, veral omdat ons met ons teerpad karavaan nie ingerig was vir die uiters swak stofpad paaie nie en ook nie reg was vir ware boskampering nie.  Ons het dikwels, trouens eerder baie, die Kariba-meer besoek en dan met ons bank se huisboot gekuier  -  sommer ook wildbesigtiging gedoen vanuit die meer in die Matusadona Nasionale Park wat langs die meer geleë is.

Ons was wel by Hwange National Park oppad  Victoria Valle toe, maar ek was uiters teleurgesteld in die vervalle toestand van alles, kampterrein, ablusie, kantore, drinkplekke ens.

Arie, wanneer laas was jy by Mana Pools en ander wildparke in Zim ?

0
pretoria

pieterc

Tue, 04/02/2020 - 22:00

As n jong, werkende in die 1980`s het ek by Berg-en-Dal en Satara of Letaba gekamp met n baie dun 2-man nylon tentjie. Behalwe dat ek in die aand koud en bedags warm gekry het, kan ek nie veel van die kampe self onthou nie en kan dus nie bydra tot hierdie onderwerp nie.

Ons gaan wel weer in Mei 2020 by Skukuza kamp -hierdie keer met n Slipstream karavaan- en geniet dus al die plasings en fotos hier.

Dit sal baie help met besluite t.o.v moontlike kampe in die toekoms, baie dankie. Tsendze is op my wenslysie maar sal seker daar bly aangesien vroulief klaar gesê het sy kamp nie waar daar nie krag is nie….

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 05/02/2020 - 05:45

Pirter, dit is ongelukkig teveel van die vrougoed se probleme daai.

vroulief klaar gesê het sy kamp nie waar daar nie krag is nie….

En ek vat nie 'n krag opwekker saam nie.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 05/02/2020 - 08:06

Hierdie draad gaan nog lekkerder raak noudat Oom Chris Boucher losgetrek het. Ek geniet sy objektiewe resensies. Dis maklik om sentimenteel te raak oor ‘n plek waarvan jy goeie herinneringe het en dan die gebreke wat oor tyd ingetree het mis te kyk. As mens die eerste keer na ‘n plek toe gaan is dit baie beter om voorbereid te wees vir die hoogtepunte en die laagtepunte. Vir baie van lg kan ‘n kampeerder voorbereidings tref sodat dit jou minder pla wanneer jy daarmee te doen kry. As jy egter net van die hoogtepunte geweet het word jy dalk teleurgestel. Ek sal bv my rubberslange saamvat vir die ape by Punda Maria en ‘n katrol verlengkoord vir elektrisiteit.
Dis darem lekker dat ons mense soos Ooms Len en Chris en die ander wyse gryses (ek is reeds laasgenoemde maar bou nog aan eersgenoemde want ek het nog nie die jare in pag nie) op die forum het sodat ons uit hulle ervaring kan voordeel trek. 

0

Môre Arie

Ek dink almal van ons wat lief is om Kruger toe te gaan, het 'n broertjie dood aan presies dieselfde faktore wat jy opnoem, verkeer, baie mense, ongedissiplineerdheid, soms effe swak ablusies.

Jy is/was bevoorreg om die wye vlaktes in te vaar en in ongereptheid te kampeer. Ek droom egter nog daarvan om my vlerke uit te sprei en dit te doen. Tans is ek egter beperk deur verskeie faktore tot wildtuine binne my bereik, en kampeertoestande wat my beterhelfte aanstaan.

Ek stel voor dat ons 'n soortgelyke draad aan die gang kry waar forumlede op soortgelyke wyse hulle voor/afkeure deel oor ander wildtuine.

Groete

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 05/02/2020 - 10:19

Wessel,ja hier wel pragtige wildtuine in ons land wat beslis nie so komersieel is soos die Kruger nie, ek dink huer aan Mapangubwe, self ń pragtige plek.

Ablusies pla my nie erg as ek kamp nie, solank dit werk en betreklik skoon is. Ons het baie by Ponta Malangane gekamp, seker die swakste ablusies wat ek nog teegekom het. Naar die pragtige natuur en strand maak ip daarvoor. Siza khala by Kosi net so pragtig, sommer stap afstand van Banga Nek strand en op die oewer van Kosi meer. Ablusies daar is soort van "non excistend"

Len ek was so 3 jaar gelede by Mana, nog heel gowd daar. My swaer gaan jaarliks Wange om wild te tel, behalwe vir die agteruitgang van geriewe, nog baie lekker. Ons het toe direk van Nana langs die meer deir Matisadonna gery valle toe. Daai pad(?)  is een van die mooiste stukke natuur.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 10:35

Wat my interesseer oor kommentare van wildtuine in die algemeen, maar meer spesifiek van die Kruger Wildtuin, is die wyduiteenlopendheid van hoe mense dit daar ervaar  -  dieselfde plek en omstandighede word deur enersdenkende wildlewe liefhebbers totaal anders ervaar.

Die lys van klagtes is oneindigend lank, sonder dat iets daadwerklik deur die klaers deur die regte kanale daaromtrent gedoen word.  Hoekom sou dit wees dat mense na sosiale media gryp om hul misnoeë op mekaar se skouers te kenne te gee en dan hoop dat dit sal verander ?

Uit my eie ervaring, net twee voorbeelde hoe 'n swak diens of produk in 'n jap-trap reggestel kan word :-

  • Skukuza se twee ablusieblokke het nie 'n Porta-Potti stortingplek gehad nie.  Ons het in Julie 2017 daar gekamp en dit het my geïrriteer, veral toe ek daarop gewys is dat ek nie die toilette daarvoor moet gebruik nie, maar wel die stortingsput (vir toerbusse) omtrent 'n kilometer daarvandaan !  Ek het geweier en voortgegaan met die gebruik van die ablusie-toilette. Terug by die huis het ek 'n skrywe aan SANParke gerig en die tekortkoming uitgewys, 'n vriendelike antwoord ontvang en is drie maande later verwittig dat by elke ablusie-blok 'n chemiese stortingfasiliteit aangebring is.
  • By Twee Rivieren in die Kgalagadi  was die meerderheid buisligte buite werking.  Toiletpapier het ontbreek en een van die urinale het gelek en die vloer bemors.  Ek vang toe ook die skoonmaker waar hy die handewasbakke met 'n mop skoonmaak. (Seker die mop wat die vloere mee gevee word en die handewasbak waar ek my tande borsel !)  Dit was duidelik 'n totale gebrek aan bestuurstoesig en opleiding.  By Ontvangs het ek gevra om die toerisme-bestuurder te sien, Doepels Erasmus as ek reg onthou.  Hy was glo oppad terug van Mata-Mata in 'n swart Landrover.  Later terwyl ons uit op 'n wildrit is, sien ek 'n swart Landrover van vooraf aankom.  Ek stop die ou en vra hom of hy Doepels Erasmus is en hy antwoord bevestigend.  Ek vra hom toe wanneer laas was hy in die ablusie by Twee Rivieren.  Ontwykend wil hy toe weet hoekom vra ek.  Ek sê toe my sê en ons ry verder op ons wild-uitstappie.  Net voor hek-toemaak-tyd is ons terug in die kamp en wat vind ek ?  Alles 100% reggestel.  Tuis het ek 'n brief aan SANParke gerig en foto-bewyse van my ervaring saamgestuur met ook melding daarvan dat Doepels dadelik die tekortkominge reggestel het.  Ek glo tussen die lyne het almal, Doepels inkluis, die boodskap gekry dat bestuurstoesig opgeskerp moet word.

Ek besoek die Kruger Wildtuin jaarliks nou al vir 50 jaar in my volwasse lewe, plus nog seker 10 jaar van my kinderlewe en elke keer bly dit vir my 'n wonderlike ervaring wat 'n mens nuwe krag gee om die lewe met sy struikelblokke weer aan te pak.  Die Kruger Wildtuin het oor die jare drastiese veranderinge ondergaan, maar die nostalgie van die verlede bly aangename herinneringe.  Dis ook nie nodig om daaroor te kla of huil nie, want die pragtige natuur en die wildlewe is nog presies dieselfde !

0
Worcester

Wildehont

Wed, 05/02/2020 - 10:35

Ten einde hierdie draad op Kruger wildtuin gefokus te hou het ek soos Wessel voorgestel het ‘n nuwe een genaamd Wild(er)tuine begin. Gaan vertel asseblief verder van al julle wedervaringe en drome buite die Kruger wildtuin daar. Ek (en ek is seker baie ander) wil graag daarvan hoor/lees!

0

Die Kruger Wildtuin het oor die jare drastiese veranderinge ondergaan, maar die nostalgie van die verlede bly aangename herinneringe.  Dis ook nie nodig om daaroor te kla of huil nie, want die pragtige natuur en die wildlewe is nog presies dieselfde !

100% Ek voel presies dieselfde

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/02/2020 - 11:24

Len, ek vra altyd waar het jy/sy dit gerapporteer ?  Gewoonlik geen antwoord.  So moet nie kla as jy dit nie gerapporteer het nie.

0

Middag julle klomp klakouse

Rapporteer/kla werk nie in post '94 era. Ek stel voor ons stig brand, breek toilette en wasbakke. O ja, versper die ingange en maak lewe donners ongemaklik vir ander kampeerders.

Moontlik dan kry ons die vakansie sommer verniet.

Groete

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/02/2020 - 11:51

Shingwedzi is ongetwyfeld een van die bes-bestuurde ruskampe in die wildtuin. Die kampeerterrein is lekker gelyk - miskien 'n bietjie blootgestel aan die son - maar die ablusiegeriewe was nog altyd van die netjieste wat jy in die groter kampe vind. Ek moet dadelik sê, ons was nog altyd gelukkig om 'n lekker skaduryke plek te vind. Dit is ook die enigste kamp waar jy 'n staanplek teen die grensheining kan bespreek - en uiteraard ekstra daarvoor betaal. Nou wil ek nie op (o.a. Len) se tone trap nie, maar waarom 'n mens meer betaal vir 'n grensheining-staanplek in Shingwedzi is 'n bietjie onverstaanbaar vir die kleintjie tussen my ore. In 'n kamp soos Punda - beslis ja. Maar in Shingwedzi kyk die grensheining-staanplekke in die rigting van die kampong. Met die uitsondering van 'n witkwasjakkals wat ons een aand gesien het, sien jy so hier en daar 'n verdwaalde rooibok of nou en dan 'n olifant. In my opinie is daar baie lekkerder skaduryke staanplekke in ander dele van die kamp. Maar nou ja - dit is maar net my opinie.

Sedert my rekordhouding, wat in 1987 begin het, het ons reeds 34 aande in Shingwedzi deurgebring waarvan 28 "gekamp" is (2006, 2012, 2016 & 2019). In 2012 het ons slegs met 'n tent en gazebo gekamp - watter fantastiese belewenis. Ons is aand na aand uit verskillende rigtings wakker gebrul deur die ou vuilbaarde. In 'n ou tentjie voel jy maar net nog nader aan die natuur.

Wat die omgewing t.o.v. wild aanbetref, is dit ongetwyfeld een van die wildtuin se beter areas - veral die S52 suidoos van die kamp en die S56 (Mphongolopad). Ek was aanvanklik baie teleurgesteld toe daar besluit is om nie die Kanniedooddam (langs genoemde gedeelte van die S52) te herbou na die vloedskade nie. Maar suid, vanwaar die damwal eens was, is sóveel natuurlike watergate in die Shingwedzirivier dat dit nog steeds die moeite is om hierdie wonderlike roete te ry.

Shingwedzi is ongetwyfeld een van die lekkerste groter kampe in die wildtuin is om in te kamp. Dit sal ook altyd 'n standaard insluiting in my wildtuin-reisplan wees.

2006

Shingwedz

2012

Shingwedzi

2016

Shingwedzi

2019

Shingwedzi

 

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 05/02/2020 - 12:51

Len ek het nie gekla nie, ek het net my persoonlike redes gwnoem hoekom ek baie selde Kruger toe gaan.

Smaak verskil en ek glo nie die duisendw toeriste  wat jaarliks die park besoek is verkeerd nie, smaak en voor of afkeure verskil.

Wat ek en my gesin verkies sal 500 ander mense dalk glad nie van hou nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 13:05

Chris, ek stem saam, Shingwedzi is 'n tops kamp !

Hier is 'n foto waar ons in 1980 in Shingwedzi gekamp het.  Ons drie kinders het nog by ons in die Gypsey ll geslaap, op twee enkel beddens en 'n hangmat  -  ons twee op die dubbelbed. Jou vertelling van die brullende leeus wat in die droë rivierbedding verbstap, het my juis daaraan laat dink dat al drie kinders hier in Shingwedzi skielik penregop in hulle beddens sit van hierdie helse brul-klanke  -  wonderlike gebeurtenisse wat 'n mens altyd bybly.

Die effense gedeelte van die ou ablusieblok (vandag nog daar) wat tussen die boom en die Gypsey sigbaar is, se donkie moes elke aand eers gestook word vir warm water, selfs nadat die personeel al na hul blyplek terug is.  Heerlike dae, alles sonder krag !

.

Jare later kamp ons hier langs die heining met 'n buffel wat nader staan. (Verskoon tog maar die DStv-skottel  -  ons het intussen aanbeweeg, maar Shingwedzi bly nog tops).  Ons is juis weer Meimaand oppad soontoe.

.

En kyk net hierdie lieflike koelte-staanplek langs die grensdraad :-

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 13:12

Arie, ek weet jy kla nie  -  jy het bloot jou voorkeur vorm van wildtuin-kampering gegee en daarmee is natuurlik niks fout nie.  Ander gaan jaar na jaar Kruger Wildtuin toe en kla oor alles en nog wat in die Wildtuin op sosiale media.  Selfs die bespreking-prosedures loop deur op sosiale media.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/02/2020 - 15:38

Die meeste van ons het mos maar 'n "all time favourite" kampplek - hetsy of dit nou in die bos, see of selfs die wildtuin is. Ek kan met alle reg sê dat Tsendze myne is. Net so jammer dat ek Tsendze eers laterig ontdek het. Ek het voorheen al voor die kamp se hek omgedraai - uit respek vir die wildtuin se reëls dat toegang slegs vir oornagbesoekers is. Totdat ons in 2015, met 'n dagbesoek vanaf Eiland Spa, mense by die aangrensende Mooiplaas piekniekplek ontmoet het wat op daardie stadium in Tsendze gekamp het. Toe hulle hoor dat ons ook kampeerders is, het hulle ons aangeraai om gou-gou 'n draai deur dié kamp te gaan ry, wat ons toe gedoen het. Met die eerste oogopslag was ons "hooked on". Daar en dan het ons besluit dat ons volgende besoek beslis Tsendze sal insluit, al is ons nie werklik ge-"gear" om sonder elektrisiteit te kamp nie. 'n Paar aanpassings (waarop ek nie nou sal uitbrei nie) het dit moontlik gemaak om nou reeds drie keer (2016, 2017 & 2019) vir 7 nagte elk in Tsendze te kamp - met ons 1993 Caravette 6B wat inderwaarheid toegerus is om met 220V te kamp. En as ek my sin kan kry sal Tsendze altyd in die toekoms deel van my wildtuin-reisplan uitmaak.

Ek het destyds heelwat van Tsendze op Sanparke se forum gelees en sodoende agtergekom watter is die lekker staanplekke. Jy kan in Tsendze jou kampplek vooraf bespreek, sodra jy jou besprekings-bevestiging ontvang het, deur Ontvangs by Mopani (waar jy moet gaan inboek) te skakel met jou besprekingnommer byderhand.

Met ons eerste besoek het ons No 13 bekom - 'n uitstekende skaduryke plot wat jou amper laat verbeel dat jy alleen iewers in die bos staan. Ek dink net dit is nie 'n goeie staanplek vir iemand wat afhanklik is van sy solarpanele nie - té veel skadu.

Die volgende twee keer het ons beide op No 26 gestaan - wat in die toekoms altyd my voorkeur staanplek sal wees.

Tsendze het natuurlik geen elektrisiteit nie. Jou kampopset moet aangepas wees om sonder krag te kan kamp. Die netjies-versorgde ablusies beskik oor solar-ligte en gasverwarmers. Die kombuisgeriewe het gasstowe. Vir diegene wat nie oor vriesruimte beskik nie, is daar gasvrieskaste by die twee onderskeie kombuise.

Die twee kampopsigters, Rodger en Elinah, is sout-van-die-aarde mense. Hulle hou die kampeerplekke en geriewe in 'n netjiese toestand en is nie verniet verskeie kere vereer vir hulle werk wat hulle daar verrig nie. En as jy die gebande- en skopuiltjies, wat algemeen in die kamp voorkom, wil sien - vra maar net vir Rodger.

Ek weet dat menige wildtuinbesoeker nie lief is vir die struik-mopanieveld nie. Alhoewel Tsendze self oor pragtige groot bome beskik, is dit geleë in die hart van die wildtuin se struik-mopanieveld. As mense net eers hierdie veldtipe leer ken en besef watter unieke wildsoorte hier voorkom, sal hulle opinies dalk ook verander. As 'n uiters rare "sighting" van 'n bastergemsbok vir jou meer "punte tel" as die katte, of om troppies tsessebe's en elande teen te kom, sal jy ook verlief raak op hierdie deel van die wildtuin. Maar hier het ek ook  van die beste luiperd "sightings" gehad en leeus, jagluiperds, wildehonde en selfs 'n rooikat gesien. Olifante en buffels is volop. Wag - dat ek eerder hierdie inset stop. Ek kan dalk liries raak oor Tsendze.

2016 (No 13)

Tsendze

2017 (No 26)

Tsendze

2019 (weer No 26)

Tsendze

In die appelblaarboom, wat op die laaste foto links voor verskyn, het ons in 2017 die beste "sighting" ooit van 'n mamba in die natuur gehad. Gewoonlik sien jy net 'n "glimpse" van een wanneer jy ry, maar hierdie een (seker so 1,2 meter lank) kon ons vir 'n lang ruk dophou toe hy op die jag was vir boomrotte wat soos vrot velle uit hulle gate geval en laat spaander het.

Praat van 'n 5-ster kampeerplek. Ek sal dit mis om nie vanjaar in die wildtuin te gaan kamp nie. Maar om nie in Tsendze uit te kom nie is eintlik hartseer.

0

Middag vriende

Man, ek lees so lekker aan die draad, wil met mening in willetuin kom. Dankie almal, laat rol die insette. net geen verdere verwysings na slange nie---die beterhelftes lees ook hier.

Dalk moet die forum die draad as 'n bemarkingsbrosjure aan SANPARKE beskikbaar stel,

Groete 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/02/2020 - 15:56

Chris, en daardie "charcol" sakke ?  'n Mens sou sweer jy is 'n Valie  -  ons Kapenaars braai mos met hout !

Verder onderskryf ek natuurlik jou kommentaar oor hierdie boskampie.  Op 5 Mei trek ons daar in by Rodger.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/02/2020 - 16:31

... my seun het verlede Saterdagaand 'n T-hemp aangehad, waarop staan "Ware manne braai met hout". Ek het sommer vir hom gesê om te gaan skyt. Moet nou nie dat ek dit vir jou ook moet sê nie.

Jy sal op die middelste foto sien dat daar 'n klein Weber (Smokey Joe) op die braai staan. Ek lief daai dingetjie. Maar hy benodig brikette.

Nee - ek braai met hout ook (soos jy darem sal sien met die sakke hout wat ook daar staan). Maar my ou Webertjie het my al menige keer uit die verknorsing gehelp wanneer dit só reën dat niemand anders kan braai nie - maar hierdie seun kan braai omdat ek die Weber sommer op 'n tafel onder my stoepdak kan sit.

En donkie!! - 'n Weber se vleis proe maar anders (meer van 'n rokerige geur). My kleinseun wil pal hê dat oupa op die Weber moet braai, want daardie vleis proe volgens hom lekkerder.

As jy kamp, bly 'n houtvuur maar die aangewese ding danksy die atmosfeer wat met 'n vlammevuur saamgaan. Soms maak ek 'n houtvuur vir die atmosfeer, maar ek braai my vleis op die Weber.

Nee jong, ek verraai darem nie heeltemal die Kapenaars nie, maar ek wil nooit weer sonder 'n Smokey Joe wees nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus