Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -14 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -14 minutes ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -55 minutes ago
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -9 hours ago

Kampeerplekke in die Kruger wildtuin

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die draad het begin na aanleiding van my vraag hier onder maar het toe op “resensies”, menings en ervarings oor al die ruskampe en satelliet kampe in die Kruger wildtuin met kampeerplekke uitgeloop. Dit is van onskatbare waarde vir enige voornemende of terugkerende kampeerder in die nasionale park.

Hier is die oorspronklike plasing en vraag:

Uit die aard van die saak het almal hulle voorkeure, is dit redelik subjektief en is daar drastiese verskille tussen seisoene en binne/buite seisoen maar ek wil tog die draad begin. As daar dalk reeds so een is; verwys my gerus daarheen. 
Ons staanplek vir Julie is reeds bespreek; 4 aande by Punda Maria, 4 aande by Shingwedzi en 3 aande by Tsendze. Ek ken die wildtuin goed en besoek dit al vir 47 jaar elke jaar ten minste een keer. Die meerderheid van my besoeke was egter nie kampering nie en ek het nog net by Shingwedzi, Tsendze, Letaba, Balule, Satara, Pretoriuskop en Malelane kampeer en die laaste keer was by Tsendze omtrent 7 jaar gelede. 
Alhoewel ek lief is vir die Suide en wildbesigtiging daar goed is, is dit vir my te besig en moet ek vanwee skoolvakansies van volgende jaar af binne seisoen gaan. Ek verkies dus om nie verder Suid as Satara te gaan nie. Ek en my vrou verkies rus en vrede bo skares en verkeersknope by elke leeu en daarom die drie ruskampe waarby ons vanjaar staan. My klong het egter verlede jaar toe ons in hutte by Punda Maria, Shingwedzi en Letaba geslaap het laasgenoemde die meeste geniet want hy hou baie van die olifantmuseum en die natuurlewe rolprente wat saans daar buite vertoon word. 
Ek wil egter weet uit ‘n kampeerperspektief watter julle gunsteling ruskampe is om by te staan en waarom? Ek moet een of ander tyd besluit waar ons volgende jaar wil gaan staan. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2020 - 17:05

Hierdie is my laaste bydrae op hierdie draad t.o.v. kampeerplekke in die wildtuin. Len noem iewers hier na boontoe dat ek nogal lief is vir dié kampie. Ja - dit is so half-en-half die waarheid, maar ek het maar net een nag se ondervinding van Malelane. En ek het die betrokke aand baie geniet. Die geluk was seker maar aan ons kant, want ons was ongetwyfeld nie blootgestel aan die geluide van hetsy die suikermeule of plase oorkant die rivier nie.

Ons aanvanklike beplanning vir ons 2017-vakansie het behels dat ons iewers naby aan die wildtuin sou oornag voordat ons in Berg-en-Dal arriveer. Ons sou vanaf Bass Lake Lodge (naby Pretoria) ry. Nader aan die tyd het ek besef dat ek inderwaarheid met gemak vanaf Pretoria tot Berg-en-Dal kan ry. Al wat my daarvan weerhou het, was die feit dat ek maar laterig daar sou arriveer. Eenklaps kry ek toe die "bright" idee - maar waarom nie eerder die een aand in Malelane oorstaan nie? Dit sou beteken dat ek die volgende oggend vroeg in Berg-en-Dal kan wees en sodoende 'n beter kans staan om 'n lekker staanplek te vind - wat toe inderdaad die geval was.

Ek was beïndruk met Malelane se ablusie- en buite-kombuisgeriewe - in teenstelling met Berg-en-Dal s'n. En dit het die saadjie by my geplant om dalk vorentoe weer by Malelane te gaan kamp. Een aand by 'n plek, kan nie vir jou 'n werklike prentjie daarvan skep nie. Daarom het ek met 'n volgende kort wildtuin-besoek, wat ook gepaard gegaan het met 'n kliënte-besoek in die noorde, besluit om in Malelane (weliswaar in 'n rondawel) te gaan bly vir 3 aande.

Ons het by Malelane-hek ingegaan - oppad na Pretoriuskop vir ons eerste drie aande. Die hekbestuurder het opgelet dat ek na Pretorius sou terugkeer na Malelane-kamp. Aangesien jy by Malelane-hek moet inboek vir Malelane-kamp, het hy my gewaarsku dat daar grootskaalse konstruksie in Malelane-kamp aan die gang was. Ons het toe besluit dat ons eerder daardie drie aande na Berg-en-Dal gaan verander. Tydens ons verblyf in Berg-en-Dal het ons toe een dag by Malelane gaan inloer - en was baie bly dat ons besluit het om die drie aande eerder vir Berg-en-Dal te verruil. Dit was maar bietjie chaoties met die bouery in Malelane.

Hier staan ons die een aand in Malelane.

Malelane

Malelane

My seun-hulle was 'n klompie jare gelede (gedurende Oktober), saam met vriende, vir twee aande in rondawels in Malelane. Terwyl hulle die laaste aand buite om die vuur sit, kom 'n groot slang reguit in hul rigting aangeseil. Toe almal opstaan, swenk die slang weg en lyk of hy by die een rondawel se "gulley" ingaan. Hulle het baie bekommerd gaan slaap, want hulle't die slang nie weer gesien nie. Hy is tot vandag oortuig dat dit 'n mamba was.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/02/2020 - 21:07

Baie dankie vir die heerlike resensies oom Chris. Dis ‘n waardevolle skatkis tesame met Oom Len en ander se insette vir enige voornemende kampeerder in die wildtuin, hetsy ‘n maagd of ‘n terugkerende besoeker. 

0

Môre Chris En ander lesers

Ek kyk so na Chris se foto geneem in Malelane kampie, en besef dis presies waar ek ook laasjaar vir my enkele aand gaan staan het. Op die hoek waar mens omry na die onderste platter plekke in die skadu.

Dit lyk my die een aand oorslaap kampeerders se koppe werk dieselfde. Waar kan ek staan, dalk sonder om af te hak, en maklik volgende oggend weer wegkom.

Ek sal baie maklik weer van Malelane kamp gebruik maak vir 1ste of laaste aand in wildtuin. Lekker ablusie, en naby N4 om pad kort te maak huistoe.

Wees net gewaarsku, mens moet self die hek oop en toemaak. Ek het soos 'n aap sit en wag totdat die realiteit deurgedring het. Daar was 'n blinkblaar  by sy Eksklusief, wat dit ontsien het om my te kom reghelp[of hek oop te maak].

Groete

  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 18/02/2020 - 08:23

Wessel, hou van die "blinkblaar", raak beskrywing. Dan natuurlik kry mens die Drolpeer wat ook in dââi wêreld voorkom, interesante spesie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 18/02/2020 - 08:40

Dan natuurlik kry mens die Drolpeer wat ook in dââi wêreld voorkom

Laat my dink aan baie jare gelede toe ons eenkeer by Loskopdam in een van die houthuise vir 'n aand of twee was. Vanaf die houtdek sien ek 'n jongerige boompie voor ons huis en let op daar is 'n naambordjie op die stam - maar te ver van my af om die naam te kan lees. Ek vra toe my dogter - toe seker so 12 - 13 jaar oud, om te gaan kyk wat die naam van die boom is. Te sy voor die boom staan, draai sy om en sê sy kan nie die naam sê nie. Ek dog toe dit is slegs die biologiese naam van die boom op die bordjie. Totdat sy uiteindelik skamerig sê dit is 'n 'Gewone Drolpeer'. Baie preutse dogter gewees - seker daarom dat sy vandag 'n voltydse sendeling in Roemenië is.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/02/2020 - 10:17

 By die Eiland naby die C-blok ablusie.

Snotbessie, Slordige struikagtige boom.  Blare leeragtig, hard en baie skurf.

.

0

Middag Willem

Het jy ooit die Bessie self gesien--- is dit snotterig en eetbaar vir diere?

Groete

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 18/02/2020 - 11:53

Wessel - die bessies van die snotbessie is selfs vir die mens eetbaar. Dit is 'n ou klein vruggie met 'n enkele saadjie en bevat 'n soeterige jellie-agtige pulp. Dit is so 'n gelerige-oranje kleur as dit ryp is.

Ek het die inligting op die internet gekry.

0

Middag Chris

Dankie vir die omskrywing, so die naam is eintlik "snot on" of is dit "spot on".

Ek sal dan eerder maar by druiwekorrels en die verwerkte vorm daarvan bly.

Groete

 

0

Middag almal

Hierdie is voorwaar 'n goue draad, en sal sekerlik nog baie besoek word deur nuwelinge en ons oues.

Wat is die antwoord op die vraag aan die begin van die draad: eintlik is daar nie slegte plekke in die wille Krugertuin nie. Almal het sy voor- en nadele, sommige is maar net meer gewild, by sommige kampeerders, en dit is meestal gebaseer op persoonlike voorkeure.

Dankie aan almal wat 'n snotbessie gelê het aan die lekkerlees draad. 

 

  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 18/02/2020 - 16:04

Wat is die antwoord op die vraag aan die begin van die draad: eintlik is daar nie slegte plekke in die wille Krugertuin nie. 

Ek stem, miskien moet ons die draad se Naam verander na "Kampeerplekke in die KNPark"

0
pretoria

pieterc

Sun, 23/02/2020 - 19:18

Baie dankie vir almal se bydraes, ek het elke inset gelees - soms meer as een maaal - en geniet.

Ek het sommer al my Wildtuin gidse nader getrek en mooi gekyk waar al die kampe en roetes is waarvan almal praat. Ons sal moet plan maak om die Sentrale en Noordelike kampe ook te gaan besoek!

In een van die gidse ontdek ek toe n kaart van 1993 met n paar Volkskas advertensies op. Dan het ek ook nog die ou Wildtuin kaart wat seker van my kinderdae af dateer. Die vouplekke het al begin skeur van al die oop-en-toe vou en is met kleefband geplak. Ek onthou nog hoe ons die kaart in alle rigtings gevou het sodat die pad waarop ons ry voorop was.

Ek praat nou van baie lank terug……..

0
Worcester

Wildehont

Sun, 23/02/2020 - 19:59

Ek onthou nog hoe ons die kaart in alle rigtings gevou het sodat die pad waarop ons ry voorop was

Heerlike herinneringe! Ek dink dis hoekom die Kruger wildtuin my gunsteling plek op aarde is. My gelukkigste tye as kind het ek daar deurgebring.  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 07:20

My gelukkigste tye as kind het ek daar deurgebring. 

Hoe ouer 'n mens word begin jy weer terugkeer na kind-wees . G'n wonder ek sien so uit na oor 65 dae nie !  Daardie eerste aand sit ek weer net mooi hier in Tsendze en vleisbraai  -  net 'n raps (12 jaar) ouer !

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/02/2020 - 07:40

................en hier gaan ek stort in die stort sonder dak en die sterre bekyk terwyl ek daar stort :

.

.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/02/2020 - 07:52

Heerlike vooruitsigte Oom Len! Ek begin nog nie slapies tel tot ons volgende besoek in Julie nie, ons het darem elke maand tot dan ten minste ‘n nawekie weg (en twee langes in April) so ek hoef nie so ver te tel nie. 

0

Môre Len

Ek merk op jy doen dinge sit sit so. Ek sal natuurlik effens versigtig wees om so naby warm kole te sit.

Tel maar jou slapies, ek tel ook af na middle Mei---dan is eke, die beterhelfte oppad na die Kalaghadi.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus