Die verwagte siele op hierdie stadium is al meer as 1.5 miljoen
Hulle het nou boorgate ook gesink vir water.
dit help.....
Dit help vir hom baie.... nie meer nodig om met artappels te boer nie. Meer geld en minder werk......
Dit help vir hom baie.... …
Dit help vir hom baie.... nie meer nodig om met artappels te boer nie. Meer geld en minder werk......
Laat my dink aan 'n aanhaling in 1 Tim 5:18, 'n konsep waarmee ek al vir jare lank mee worstel.
Mammon.....
Ek dink weer Mammon is net hier van meer belang as enige iets anders. Daar is baie mense wat jou sal vertel dat perde mis truksvye is vir nog n stukkie Mammon....
Sovêr ek dit het is die…
Sovêr ek dit het is die toegang gratis en GEEN kollekte word opgeneem nie. Daar word nie eens smouse toegelaat wat kos verkoop nie, tensy ek verkeerd verstaan?
Toegang is gratis en geen…
Toegang is gratis en geen kollekte word opgeneem nie
eet moet mens...
Daar gaan ( soos beweer) 1.5 mil. mense wees. Daai mense moet eet, en hulle gaan nie brood en vis eet nie. Daat moet gery word, en hulle gaan nie op donkies daar aankom nie. Daar moet geslaap word en hulle gaan nie in stalle slaap nie.....
Daar gaan baie geld spandeer word Toegang kos niks. Kollekte word op n minder ooglopende manier gedoen......
My dogter nou 8.5 mnde…
My dogter nou 8.5 mnde swanger wou ook graag gaan maar toe ek hasr vertel van die afstande. Een kilo loop plus plus. Toe begewe haar magie haar lus.
My groot bekommernis is.... gaan jy soontoe vir die regte rede. Ek hoop en bid so.
Want om volgende jaar rond te loop en brag jy was daar, ...... dans jy een van die wat oppie hoeke van die strate staan en verkondig.............
Ielk geval, voordat jy begin wonder ... eks nie n ou vi so baie mense om my nie. Sal my ondersteuning en gebede gee vi die saak en dis dit.
Wees Versigtig
Frans jy praat so waar...... as ek gaan sê wat ek graag sou wou sê is ek dadelik weer die swemmer in die Vaaldam.
Ek haal my hoed af vir die…
Ek haal my hoed af vir die mense wat die geleentheid het en kans sien om soontoe te gaan, ek kan dit ongelukkig nie maak nie. Ek sê net mens moet maar pasop om uitsprake te maak oor iets waarvan jy nie weet nie
Die geld wat spandeer gaan word in en om Bloem gaan tog nie na Anchus toe nie, en dis mos 'n goeie ding dat die gemeenskap daarby gaan baat vind? Ek is bly vir hulle.
My hart loop oor van liefde…
My hart loop oor van liefde vir julle almal!
Anton, ek wil gou bietjie…
Anton, ek wil gou bietjie die draad kaap, watse ster of planeet is so helder vroeg oggend, in die ooste, sien dit die afgelope twee oggende, kan dit Jupiter wees?
In die oggend net voor die…
In die oggend net voor die son MOET dit Venus wees. Die planeet is naby aan die son, tussen ons en die son en dus net sigbaar met sonsondergang of sonop. Mercury doen dieslefde maar is nie SO helder soos Venus nie.
Jupiter steek nou kop uit so teen 8pm en is mooit te sien in die ooste teen 9pm, jy kan hom nie mis nie want hy is die helderste in die hemelruim.
Maak my hart bly
Daar is natuurlik sekere kostes wat gedek sal moet word. Wat my wel baie bly maak is dat daar so n groot behoefte is om dit by te woon...sien hulle praat nou al van 1.7Miljoen...en dis nie mense wat daar is om geld te maak nie...hulle is daar om te bid.
Ek stem saam met Frans. …
Ek stem saam met Frans. Wees versigtig om te oordeel. As jy nie daar wil wees nie is dit jou goeie reg maar moenie 1.7 miljoen mense kwalik neem wat die behoefte het nie. As net 10% van hulle 'n boodskap kry, is dit die moeite werd. Maak nie saak wie finansieel daarby baat of nie. Net my opinie.
Dis 1 miljoen plus Suid…
Dis 1 miljoen plus Suid Afrikaanse burgers wat gaan saamtrek en in geloof hulle bekommernisse van dit wat in ons land aangaan in gebed gaan opdra. Ek het groot waardering vir elkeen wat die moeite doen en die finansiele uitgawes aangaan om daar te wees. Al wat ek kan doen is om hier tuis hulle veiligheid en welstand in my gebede op te dra en morê middag saam met hulle die knie te buig.
Mammon gaan sekerlik daar teenwoordig wees want ons is in hierdie wêreld en die mense moet eet, slaap, ry ens, dis deel van ons bestaan hier. Dis die gesindheid waarmee elkeen daarheen gaan wat tel.
Dis 1 miljoen plus Suid…
Dis 1 miljoen plus Suid Afrikaanse burgers wat gaan saamtrek en in geloof hulle bekommernisse van dit wat in ons land aangaan in gebed gaan opdra. Ek het groot waardering vir elkeen wat die moeite doen en die finansiele uitgawes aangaan om daar te wees. Al wat ek kan doen is om hier tuis hulle veiligheid en welstand in my gebede op te dra en morê middag saam met hulle die knie te buig.
Mammon gaan sekerlik daar teenwoordig wees want ons is in hierdie wêreld en die mense moet eet, slaap, ry ens, dis deel van ons bestaan hier. Dis die gesindheid waarmee elkeen daarheen gaan wat tel.





Uncle Angus. Ek luister…
Uncle Angus. Ek luister juis vanoggend op RSG waar dit bespreek word en hoe baie mense gemengde gevoelens het oor hierdie saamtrekke.
My vrou se een vriendin huil want sy wil vreeslik graag gaan, maar haar man is teen dit gekant en wil haar nie toelaat nie.
Ek dink dit is great dat mense so kan saamkom onder eenheid.