TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

Wie was/is jou gunsteling aktrise

Secunda
Submitted by Sleep nou on Mon, 25/05/2020 - 14:49
Myne het suiwer Afrikaans gepraat soms kwaai voorgekom altyd die vrede bewaar kaaings uit die vuur gekrap ja sy is Wena Naude het weer die laaste tyd films afgestof en gekyk soos Dr Kalie 1968 , toe ook Tant Ralie se losieshuis 1974 en Dingetjie en Dynamite in 1975 sy sal altyd my gunsteling wees wie was joune?
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 25/05/2020 - 15:33

Jana Cilliers, nie net mooi op die oog nie, maar ook 'n uitstekende aktrise.

Internationaal, is dit Sandra Bullock, en Julia Roberts, hulle laat my asem min raak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/05/2020 - 17:38

My gunsteling "aktrise" is Nkosazana Dlamini-Zuma, sy is tog te oulik met haar goed deurdagte politiese standpunte, soos byvoorbeeld die gevaar van die draai van zolle om te rook !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/05/2020 - 17:50

Wessel, verwys jy nou na swart/wit argumente wat deesdae deur veral onder die EFF populêr is of na Peter Marais wat voel gekleurdes word oor die hoof gesien ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/05/2020 - 20:59

Johann, ek glo hy bedoel werklike flieks  -  dis sommer ek wat 'n bietjie stroom-op met hom mors.

Wow, maar ons hier op Kampforum is darem lekker verveeld met die "lockdown"-storie dat ons nou al oor flieks en "meisies" van jare terug praat (uitgesonderd M vd W)!

Môre Len en ander verveelde kampeerders

Ek het eintlik 'n strik gestel, maar jy het NIE daarin getrap nie. Ek wag om te sien wie gaan Arie klop, en eerste in die sponsdoring trap.

Jy is natuurlik korrek, daar is baie ervare politieke akteurs. Ek is bekommerd dat die president moontlik die mees ervare akteur is, synde dat hy al vanaf die Callagher-onderhandel dae die NP en ander hedendaagse partye ore aansit.

Op die internasionale front, sekerlik Donald Trump. 

Groete 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/05/2020 - 07:51

O gits natuurlik Wessel, ou DT-jie lyk darem op 'n haar na daardie steak-profiel van hom wat op sosiale media rondgestuur word, veral daardie boonste stuk wit vet lyk netsoos sy gedaaide hare wat soos 'n bosbreker sy voorkop beskerm.

En terwyl ons nou van internasionale akteurs praat, Boris lyk of hy vergeet het om sy hare te kam nadat hy dit droog geblaas het.

Ten slotte :  ek hou nie van een van hierdie twee akteurs nie.

Goeiedag Ammal,

Len, ek sien jy probeer steeds die standaard van elektroniese kommunikasie hier op die blad redelik hoog hou, maar ek dink in die geval het jy die vraag verkeerd gelees.He He.

Sleep nou het gevra - Wie is jou gunsteling AKTRISE.

Nou karring jy hier rond met NARRE - hoe nou, -  vra ek jou mooi???

Groete aan almal en mag die vervelentheid nie te groot raak vandag nie.

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 26/05/2020 - 10:23

Wessel, nee ek trap nie in die slagyster nie 

Ek lees die draad baie vinnig en opervlakig. Gasn mos glad nie in vir Afrikaanse flieks, sepies, of musiek nie! O ja, ook nie boeke nie.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 26/05/2020 - 13:26

Einste daai een Willem, classy... Gaan nie saam gesels as dit oor PW se wange en hoedjie gaan nie, gee my die horries as daai gesig in my gedagtes opkom.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/05/2020 - 20:48

My maggies André, baie lekker om van jou te hoor en dankie vir die reghelp  -  jy's reg die twee is narre en beslis nie aktrises nie.

Hoe gaan dit met die pensioentyd ?  En is die Amarok se laaisisteem toe al voltooi ?  Wat hou jou so besig dat jy so min hier gesels ?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 27/05/2020 - 08:06

Hellen Mirren...vir oom Neef.

Het oom al die RED (Retired and Extremely Dangerous) Movies waarin sy speel gekyk. Sy is `n bietjies Psycho daarin. Excellent action flieks.