Nou hoe vertel neef van een van sy heel beste strandverblyfplekke wat hy ken. Die afgelope besoek het net weer bevestig, as jy hou van ons geskiedenis, privaatheid, en baie vryheid is Agulhas regtig spesiaal. Veral as jou verblyf die gerestoreerde huisie reg so 10m van die springety merk is. Daar is 3 gemerkte staproetes, en dan kilometers ongerepte strande om te verken.
Naby die huisie is n pragtige Lagoon, net so 1, 2m diep. Die rede waarom die oorspronklike ouma haar strandhuisie daar laat bou het. Dink dit was vroeg 1900

Die huisie het 4 slaapkamers waarvan 3 en suite is.

En dan die nabyheid van die strand. Die foto is geneem met selfoon van binne die huisie.

En my beste in dieselfde deur gesien vanaf die warerkant.

Nou ja, dit is nogal duur, sowat R6k per nag, maar as jy dink dat daar 8 persone kan oorbly, met wit linne, gladnie te rof nie.
Wragtig, daai een prentjie…
Wragtig, daai een prentjie lyk soos 'n skildery......
Neef .....
.... nou moet jy my oriënteer. Waar presies is die plekkie by Agulhas? Ek is nou totaal 'confuse' met die lagoon.
Bly julle geniet dit ook…
Bly julle geniet dit ook. Chris, dit is die Agulhas N Park. As jy gaan loer op hulle akkomodasie kaart, uitleg, sal jy die Lagoon house sien, so entjie weg van die Chalets. Mens kan nie anders as om te dink aan die geslagte wat daar gaan vakansie hou het nie. Die werf is dik van die Alikreukel en Perlemoen skulp reste, kan my net indink aan al die blinklywe wat daar uitgetrek en geniet is. Soos Johann sê, dalk met koffie by n kersliggie.
Agulhas N Park.
Neef ek is ook verdwaal, die huis wat afgehreek wss was nie te ver van die lig toring nie. Maar ek sak moet gaan kyk op hulle kaart. Is dit nie in Suider Strand se rigting nie ?
(Wag ek sal môre op hulle kasrt gaan kyk)
Kos vir die
Neef soos ek die fotos nou kyk wil ek se dis kos virrie siel mooi verby![]()
Dit is baie mooi. 'n Mens se…
Dit is baie mooi. 'n Mens se gedagtes gaan onwillekeurig terug in die verlede.





Prentjie mooi
Pragtig Neef. Daar kan n mens vrede vir jou siel kry!
Ek sien en ruik sommer die tuisgebakte brood met lekker botter en konfyt saam met n koppie boeretroos...........