Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -8 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -23 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

'n Hartseer storie

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

My suster se kleindogter het tandarts studeer by Kovsies en haar toekomstige man daar ontmoet.  Omtrent 'n jaar na hul graad gevang het, getrou.  Hulle was een jaar getroud toe reis hul van Bloemfontein na Port Elizabeth.  Op die Hofmeyr pad verloor hy beheer oor sy motor en dit rol met hulle.  Hy is opslag oorlede en sy was in 'n kritieke toestand met erge beserings.  Dit het maande geneem vir haar om te herstel.  Dit was amper 5 jaar gelede.  2½ jaar gelede ontmoet sy weer iemand en hul het 'n jaar gelede verloof geraak.  Hul het reeds hul eie huis laat bou en die troudatum is 29 Julie.  Vanoggend kry ons die hartseer nuus dat die verloofde vanaf Jeffreys na Humansdorp gery het en in 'n kop aan kop botsing betrokke was.  Hy is uit die voertuig gegooi, sy nek gebreek en opslag oorlede.  Die ander motoris was te blameer vir die ongeluk.   Dit is moeilik om te verstaan dat sy haar eerste man moes verloor 'n jaar na hul huwelik  en nou haar tweede man 3 maande voor hul huwelik.  Wat sê mens vir haar?  Sy is diep gelowig en 'n baie goeie kind.

Boonop trou haar jongste sussie op 6 Mei in Pretoria en sy is veronderstel om die strooimeisie te wees.  Ai, dit is vir ons baie tragies.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 25/04/2017 - 17:41

Freda, Ek het nie ander woorde as Frans nie.

Dis nou werklik tragies!!!, mens kan maar net Sterkte toebid!!!

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 25/04/2017 - 21:15

sadMy verslikste simpatie met die verlies.

Net EEN persoon het ń antwoord daarvoor.

Ons dink aan die verlies en soos ek nou hier sit en tik, loop my trane erg.

Baie sterkte aan julle en sy familie

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 26/04/2017 - 04:33

Freda,

Dit is voorwaar hartseer.Sterkte vir haar en vir julle. Ons bid vir haar en al die familie dat die Vader elkeen met sy liefde sal omvou.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 26/04/2017 - 06:49

Ek het die verloofde gladnie geken nie en haar ook lanklaas gesien.  Toe sy en haar drie sussies en boetie klein was, het ek hulle gereeld "ge-babysit".   Ek kry net vir haar so jammer dat dit nou twee keer met haar moes gebeur.  Haar pa is 'n dokter hier in die Baai.  Ek het gister met hom gepraat en hy klink platgeslaan vir sy kind se onthalwe.  Hy vertel toe die man se ma het kanker en hy het spesiaal 'n woonstel aan die huis laat aanbou sodat sy by hulle kan kom bly.  Dink net hoe moet sy voel?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 26/04/2017 - 07:23

Ai Freda, ek het geen woorde nie, woorde bring in elk geval nie vertroosting nie!

Ons dink en bid vir julle, en spesiaal vir haar om krag te kry om hier deur te kom.

Ai man dit is so hartseer!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 26/04/2017 - 07:45

My suster sê nou vir my dit was 'n groot Hestony trok met 'n vol vrag wat van voor gekom het.  Die man het nie 'n kans gestaan nie.   Die drywer van die trok sê die opkomende son het hom verblind.

0

Baie hartseer, mens verstaan nie aldag die klas van gebeure nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 26/04/2017 - 19:30

Ek het vir haar 'n boodskap gestuur om te sê baie mense dink aan haar in hierdie tyd en wens haar sterkte toe.  Baie dankie vir al die mooi woorde.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus