Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Mensvreter leeus

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Miskien 'n nare onderwerp, maar slaan liewer oor as dit jou dalk afsit.

Ek is mos Kruger Wildtuin -mal en lees nog heerlik en rustig aan die boek "Shaping Kruger" wat Neef Herman vir my gegee het.  Maggies, maar dis 'n interessante boek wat 'n mens nie sommer kan deurdraf nie  -  baie hoofstukke lees ek meer as eenkeer oor want daar is soveel feitelike inligting wat ek graag wil indrink.

Ek lees tans die jag-gedrag van leeus en hul voorkeur prooi, en moenie dink dis so eenvoudig soos wat die meeste mense dink nie.  Wat ook interessant is, is die jag-gedrag wissel van trop tot trop en ook van wildtuin tot wildtuin.

Wild liefhebbers word dikwels met wrewel vervul wanneer leeus wat mense gedood het geskiet word want jarelange ervaring en navorsing het getoon dat wanneer 'n leeu eenkeer 'n mens as prooi aangeval het, dit altyd daarna weer sal doen as die geleentheid hom voordoen. Daarom word sulke diere vernietig as hulle gevind sou word.  Oor die algemeen sien leeus in 'n wildtuin nie mense as prooi nie omdat hulle meestal in voertuie is en die voertuie geen bedreiging vir hulle inhou nie.

Die verre noord-ooste van die Kruger Wildtuin, noord van Shingwedzi het geen toeriste-paaie nie en die wild daar sien amper nooit mense of voertuie nie, behalwe so dan en wan Wildtuin-personeel of Eskom werkers wat aan die Cahora Bassa kraglyne werk.  Hierdie gebied grens aan Zimbabwe en Mozambiek en veral vlugtelinge en onwettige immigrante het Suid-Afrika probeer bereik deur die Kruger Wildtuin.  Geen amptelike statistiek bestaan van slagoffers deur wild in hierdie gebied nie, maar die beraming is dat voor die huidige Regering ons landsgrense geopen het, daar 'n geskatte 1,7 miljoen mense per jaar die prooi van veral leeus geword het.  Uit die aard van die saak kon die skuldige jagters nooit opgespoor om vernietig te word nie.  In 2003 is 'n trop leeus wat in die omgewing van Klopperfontein-watergat noord-oos van Punda Maria aktief was, uitgeroei omdat bewyse gevind is wat daarop dui dat die hele trop mense  (Wildtuin-personeel) met reëlmaat as prooi aanval.

Nouja, ek het gedink om hierdie inligting met julle te deel.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 17/03/2021 - 18:45

Lees Peter Hathaway Capstick se " Death in the long grass".  Ware verhale, waar leeus hutte oopskeur om by die mense uit tekom, en vele meer rillers waar wilde diere mense dood.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 21:07

Die knaap het my eendag toe ek by die kar was en hom nie gesien kom het nie gejaag om die plek

Clive Walker beskryf dit baie goed: An elephant charge is something you won’t forget... 

Except perhaps for the prospect of imminent hanging, there can be few situations that concentrate the mind more wonderfully. 
 

Soos ek elders vertel het was ek ook al aan die ontvang kant van een, en ek het soos ‘n riet gebewe daarna van die adrenalien.  

video
0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/03/2021 - 06:46

Môre Chris, ek dink nie ek sou bewe nie, dooie mense bewe nie, ek sou omkom van hartaanval, dit is nou as ek die guts gehad het om te bly staan.

Nee wragtag, jy het guts.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 18/03/2021 - 08:15

Voordat ek met staptoere begin het, het ek baie opleiding ondergaan - teoreties en prakties. Ek het ook gekwalifiseer as gids wat in areas met gevaarlike wild mag stap in Suid Afrika. In Botswana moes ek weer ‘n eksamen skryf voor ek daar kon gids. Uitlanders soos ek moes 75% kry om te slaag, en plaaslikes 50% Ek het my eerste poging gedruip, met 73%, maar die tweede keer geslaag.
 

Hoe dit ookal sy; ek was seker so ordentlik voorberei as wat ek kon wees. En soos Clive Walker gesê het; Except perhaps for the prospect of imminent hanging, there can be few situations that concentrate the mind more wonderfully. En dan is daar natuurlik adrenalien. Ek het vir ure na die voorval nog gebuzz van die adrenalien. 
 

Olifante doen amper altyd eers ‘n mock charge waartydens hulle ‘n groot lawaai maak, hulle ore flap en gewoonlik hulle koppe oplig. Die stormloop word nie deurgevoer nie, en is bedoel om jou af te skrik. Jy moet egter jou man staan en nie omdraai of weghardloop nie. Anders raak dit ‘n speletjie en kan die olifant jou aanhou jaag. Hulle hardloop vinniger as ons, so dit sal nie goed eindig nie. Soos op die video behoort die olifant na twee of drie sulke stormlope die aftog te blaas as jy jou man staan en selfs self bietjie geraas maak. Onder sekere omstandighede, soos bv as jy tussen ‘n koei en kalf kom, besluit die olifant om die stormloop deur te voer. Dan laat sak dit die kop om jou met die harde voorkop te stamp, vou die ore plat teen die kop en rol die slurp onder of langs die mond in sodat dit nie seerkry nie. Dan moet jy die olifant dood of self gedood word. Ek het met al die kennis gestaan toe die jong bul my bestorm, en dis waarom ek nie geskiet het nie. Na die tyd het ek dit afgetree, want mens kon in die grond sien hoe ver hy van my af gestop het, en dit was net drie meter. Dit was gelukkig my nouste ontkoming, en ek het nooit nodig gehad om ‘n dier tydens ‘n staptog te skiet nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus