Daar is seker min goed wat so lekker is as lekker eet!
Wel daar is een maar kinders lees ook hier.
Na my ovethaul en tune up, hoor ek toe met ń hengse skok dat ek nie meet mag eet nie!!! Wel ek mag maar alles goed wat nie vir menslike gebruik geskik is nie, goed soos spinasie en allerande ander varkkos!
Ek het lank met so pragtige jong dame met die lieflikste blou oë ( seker so 32 B) en sulke laaaang wel gevormde bene. Sy het my ń hele lesing oor kos gegee en sommer nog ń boek ook. Die boek het so 50 bladsye waarvan 49, 5 bladsye lyste het can goed wat ek nie mag eet nie!
Drem ń halwe bladsy met goed wat ek wel mag eet!
Gelukig verduidelik sy toe mooi aan my dat mens elke week so cheat dag mag hê! Ek besluit toe dat Dinsdae my cheat dag sal wees. Verder as mens nou mooi dink is Saterdae en Sondae mos nie weeks dae nie dus kan ek oor naweke ook kos eet, Alta en ek verskil nog oor die naweke maar ons ken mos ń vrou se redenasie? Dus steur ek maar nie aan hawr nie!
Maar terug ba die lekker eet! My oggend begin met room roereiers en ń mooi vet varktjop en toast. Lekket verby!
Ry toe toeka se dae toe en koop daar ń mooi kilogram rib eye steak en ń klompie murg bene. Die steak behandel ek toe mooi met die murg. Ek het die steakie so 2 cm dik laat sny! Gooi ek toe laat middag die vleisie op die kole met ń groot lepel vol vars room op dit. Elke keer as daai vleisie draai kry dit weer ń lepel room, tot hy so mooi bruin is buite maar nog lielik pienk binne. Die murgies het lekker in die vleis ingesmelt. Ek het ook ń dosyn oepsies gekoop, wat ook lekker lê op die warm kole. In die kole ń paar aarappels met so eetlepel botter en sout toegedraai in foelie.
Mense het die Kaaskop gesmul aan daai kos, gelukig eet Alta maar skraps dus was daar amper genoeg cleisies en oepsies vir my.
Daai aarapels oopgesny met lekker styfgeklopte vars room! Lek nou nog lipoe af!
O ja ek het darem aan my gesondheid ook gedink, ń halwe rou tamatie ook op my bord gehad, en ek het selfs die tamatie kkaar ge-eet!!
Nou moet ek begin dink aan Saterdag se spyskaart!
Wonder ek nou skielik, ń vakansie dag is seker ook nie ń weeks dag nie? Dit is tog immers duidelik ń cakansie dag!!
Nee wat met bietjie slim beplaning sal ek redelik maklik by die dieet kan hou!





Lekker drink?