Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -7 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -9 hours ago

VW Golf eienaars

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK
Submitted by DK on
Forums

Vandag oppad Weesgerus toe, kry ek ń boodskap van my seun.

Hy het met ons skoondogter se Golf winkel toe gery. Met uitkoms, wou die kar nie wegkom nie. Gelukkig dink hy verder en laat die kar insleep.

Ons keer toe huiswaarts om haar te akkomodeer om by haar werk te kom.

Met ondersoek tel ek op dat die "GOED" die clutch kabel ten styfte gestel het sodat die kar nie kan wegkom nie sodat dit daar gelaat moet word.

Hulle wou dan terugkom en alles regstel en dan die outjie neem, Vir altydangry

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 01/05/2017 - 12:11

En amper dink ek daar het mense met 'n Golf langs jou kom kamp opslaan en geraas gemaak of so...

Nou hoe stel die "GOED" die clutch kabel terwyl jy in die winkel is?  Of verstaan ek verkeerd?

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 01/05/2017 - 13:03

Op ń MK1 Golf is dit baie maklik.

Klein shifting spanner.

Lê onder die kar.

Draai die "lock nut" los.

Draai die verstelling meganisme tot maksimum.

Die einde is dat die stywe verstelling die die "pressure plate druk sodat dit die clutch plaat" druk wat veroorsaak dat die eind resultaat ń effek het asof die pedaal ingetrap is.

 

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 01/05/2017 - 17:27

Dit is nou vir jou n ding.

Wat sal hulle nog aan dink

0

Ek het my ou Golf, so baba bloue wat my pa nog gekoop het by oorlede Hendrik Schoeman vir baie jare gery in die weermag en op varsity. Dit was n 1100 diesel en niks aan hom het gewerk behalwe sy enjin nie. Lig op sous en hy het n bulbar opgehad.

Daai clutch kabel het hoeveel keer gebreek todat ek my eie een gebou het.

Op n slag het ek en my pelle gou die enjin geoverall sommer agter die koshuis in n boom in gekatrol.

Die dag toe ek grad vang toe los ek hom by die koshuis vir almal se gebruik want hy het nie sleutels gehad nie en almal het in elkgeval diesel gegooi en hom gebruik.

Ek dink hy het naby n miljoen kilos opgehad.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus