Ek soek n goed opgepaste Gypsey 4B vanaf model 1995 tot1997 om te koop
Waarom die soeke na die ou modelle
Middag vriende
Wat maak daardie jaartal en model Gypsey so besonders??
Ek is sommer net nuuskierig. As ek korrek onthou, het daardie waens nie nog 'n staandak nie.
staandak ...
Wessel hulle was almal vaste dakke gewees, op fb is my foto's van die een wat ek vir die kinders gekoop en reg gemaak het.
Fb skakel van die 3B

Kon nog nooit vertsaan…
Kon nog nooit vertsaan waarom Gypsey gestaak is nie, dit was in my opinie die mooiste karavane.
Hier vanaf ATKV Hartenbos
Die rede waarom ek oorskakel na n vaste dak 28 Aug word ek 80 jaar dit word nou moelik vir my om dak te lig na ek n nek operasie gehad het , sal die Penta mis
Sal ook kyk na n Classique rondom 1997 tot 2000 model
Classique ...
Ons het 'n 2007 Classique gehad en het baie van hom gehou.
Sterkte met die soektog verder, hou fb ook dop.
28 Augustus
Middag Neels
Sterkte met jou soektog.
Ek sien ons verjaar op dieselfde dag!! Ek is net 'n 15 jaar jonger model![]()
Jy is voorwaar geseend om nog jou lewe so kamp-kamp voluit te kan geniet.
Wow Neels, dit is 'n seëning…
Wow Neels, dit is 'n seëning om nog steeds voluit te kamp, dit is my droom.
28 Aug word ek 80 jaar
Ek stem saam
Wow Neels, dit is 'n seëning om nog steeds voluit te kamp, dit is my droom.
Neels, voorwaar 'n seëning ...
Wens/hoop ek kan dit ook doen 🙏👍🏕
Daar was 'n vrou wat elke…
Daar was 'n vrou wat elke jaar by Scottburgh gestaan het met so 'n klein maar ou karavaan. Dink sy was al diep in haar 80's en het steeds gekamp lank na haar man oorlede is. Dink sy het van Newcastle af gekom, haar kinders het die wa vir haar afgesleep en opgeslaan en haar ouerige Nissan Sentra ook vir haar afgery toe sy nie meer self kon nie En vir die volgende paar weke was sy aan die kamp, heeltyd kaalvoet rondegeloop en haar ding gedoen. Mens moet jou hoed afhaal vir sulke mense wat niks, selfs ouderdom, hulle laat onderkry nie. Maar soos Wessel het ek nog 15 jaar voor ek die groot 8 bereik....hoop en vertrou ons sal ook dan nog so aktief kan wees!
Goeiemore hier vanaf Groenbossies uit die Baai
Ek het toe n Sprite Scenic 2004 model gekoop wat n in Pretoria gehaal moet word hy is maar dieselfde as die Swing net met n vaste dak
Ek dink daaraan om die buite kombuis te verander soek voorbeelde hoe die Swing manne hulle buite kombuis verander het FOTOS ASB indien moontlik
Baie geluk Neels, glo dit…
Baie geluk Neels, glo dit gaan julle baie plesier verskaf![]()





Gypsey 4B ...
Miskien moet ek die kinders se 3B ook ruil vir 'n 4B.
Sterkte met die soektog.