6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

SA Weer ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

E begin dié draad om te gesels oor ons weer in SA.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/08/2021 - 20:50

Ons het darem al so 15mm reëntjie gehad vanaf 3nm vanmiddag, maar nog geen teken van vloede of storms nie.  Dis nogal koud, maar beslis nie vriesend koud nie.

Miskien kom die groot reën en erge koue vannag en/of môre.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 27/08/2021 - 08:40

Verlede nag saggies begin reen, en sonder enige noemenswaardige voortydige wind. Lyk my die was net spoke opjaag. Het gister n varkie OB's gekry vir net ingeval....

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/08/2021 - 09:11

Van fb gekry.

From Matroosberg Reserve close to Ceres in the Western Cape. 

It seems there is a good amount of low-level snow with more snow expected throughout the day.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/08/2021 - 09:19

Hier by ons in Brackenfell het ons die afgelope 24 uur 42mm reën gehad (gemeet 7vm vanoggend) en dis lekker yskoud  -  gelukkig het die wind darem 'n bietjie bedaar.  My drie 2200 liter watertenks is propvol en die swembad is nou al tweekeer uitgepomp om onder die plaveisel te bly.

Ons is baie geseënd en dankbaar.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 27/08/2021 - 09:30

Ek hoor vanoggend op RSG dat ‘n meter sneeu voorspel word op plekke in die Wes-Kaap. Dis heerlike lente (maar) die winter (is nog nie) verby. Toe ek van die berge om Worcester kon sien vanoggend was daar al ‘n mooi klompie sneeu, en ek is seker daar val tans nog. Dis koud en reën nog aan en af, maar die wind het gaan lê so dis nog nie so koud nie.
 

Môre behoort die son te skyn, so dan gaan Matroosberg seker ‘n malhuis wees met almal wat uit die Kaap uit ry om sneeu te gaan kyk. Ons ry gewoonlik na ‘n Sentech toring anderkant Brandvlei kelder, want daar is baie minder mense. Die kontak wat ons het wat iemand met ‘n sleutel vir die hek ken werk egter môre, so ek weet nie of ons sal kan gaan nie. Dalk moet ek na werk gou Koo toe ry met die kinders en kyk of daar nog sneeu is. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 27/08/2021 - 10:18

Ek het nou op die 10:00 nuus gehoor hulle praat van 10cm op hoogliggende gebiede, nie ‘n meter nie. Ek het verniet opgewonde geraak. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/08/2021 - 13:06

Eintlik moet ek niks sê nie en maar net die skaarste gou wys. 2013 laas gebeur en toe net so effe.

Vorige keer wat ek hier gepraat het, het 'n paar gekultiveerdes en hoog ge-eerdes nie my ietwat moedswillige terg en humor oor die Vaaldam waardeer nie. (Dis maar hoe ons Namakwalanders is). En dan is daar ook soms so een of 2, soms selfs 5, wat erg geroepe voel om my te korrigeer en selfs 'n virtuele prekie vir my af te steek. Veral oor dankbaarheid en sulke goed. My taal- en tikfoute kom ook soms onder die vergrootglas.

Maar nouja. As mens jou nek waag uitsteek op so 'n groot groep, moet jy sekerlik nie skytjiefyn (liggeraak vir die suiweres van hart en gees) wees vir wat na jou kant toe kan kom nie. Ek het egter besluit om weg te bly. Vir altyd.

Maar hier kom staan en sneeu dit toe na blou jare vannag op my berge. So laat ek amper wou tjank toe ek dit sien. Maar ek het nooit geleer van tjank nie. So ek het seker darem nie.🤔

Wou dit maar net wys en sal nou weer verdwyn.

Rooiberg. Die hoogste spits in die Kamiesberge van Namakwaland met Garies die naaste dorp. Foto uit my veld. Koördinate het ek nie nou nie. Jammer daaroor vir die suiweres van rigting en plek.

Die wonderdrommel in verwondering vir my Rooiberg.

.

https://www.facebook.com…

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 27/08/2021 - 20:58

... die Kaap is maar mooi - met of sonder sneeu. En nog lekker ook. Dit is baie lekkerder om hier te woon en net by geleentheid in die noorde te gaan kuier 😊😊

0

Môre Chris B

Ja, vryf dit maar in.  Die gefoeter is, is as jou beterhelfte 'n gebore Transvaler is, en in my geval, bly ekself al veel langer hierbo as wat ek in die Kaap gebly het. 

Dan natuurlik was die Wes Kaap veral veiliger as hierbo, maar dit wil voorkom of die plaasaanvalle daar ook ernstig kop uitsteek. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 28/08/2021 - 07:53

... as ek reg onthou het jou dogter darem die 'slim "trick" gespeel'. Sy's mos hier oor die baai van ons af - in Hermanus?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 28/08/2021 - 09:44

Ek weet dit alte goed.

Van ek in die Kaap was tydens my diensplig dae '73 in die Vloot het ek my hard verloor vir die plek.  Was op 'n slag daar (dink Koo) vir 'n werks onderhoud maar 🤷‍♂️.  Nampak Bevcan Epping en Divfood Paarl is darm 2 takke waar ek redelik tyd gespandeer het.  Het selfs destyd die plot in L'Agulhas gekoop, maar dal is dit my nie beskore om in die Kaap te bly nie. ☹ 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/08/2021 - 11:11

Wessel, vroulief is geen verskoning nie.  Ek is self 'n gebore Pretorianer en my wederhelfte kom daar uit jou geweste, net nog 'n bietjie verder wes, doer anderkant Northam.  Maar met my heen en weer verplasings het my drie kinders (gelukkig) wortel geskiet in die Kaap en dis 'n ou se troefkaart.  Ma stel glad nie meer belang in die ou Wes-Transvaal of Pretoria nie en verkies waar die kinders is, eintlik die kleinkinders.  Met jou dogter in Hermanus, is jou stryd mos eintlik halfpad gewen.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 28/08/2021 - 12:06

Kaapstad kry nooit sneeu nie, maar gisteraand kon ons 'n wit landskap bewonder na 'n massiewe fyn haelstorm/ysreën(?). Hierdie is hoe dit in Table View gelyk het gisteraand.

.

https://www.facebook.com…

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus