Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johan Umfula Johann L -3 minutes ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 minutes ago
ATKV Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -34 minutes ago
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -7 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago

LM Radio

Florauna, Pretoria
Submitted by chris dupreez on

Hallo vriende, vir die bo sestigers , en die onder sestig wat die ou LM radio kan onthou, dit is nou weer op die lug vanuit Maputo. Op DSTV audio kanaal 821 en op radio, MW 702. Lekker ou memories van die 70,s en hulle speel ook daardie musiek.

Nelspruit

Koos Mol

Thu, 04/05/2017 - 14:49

Stem saam Chris, lekker musiek. Ons luister gereeld na LM in die wa.

Daar is interressante inligting op die web oor die ou LM en sy einde en die begin van die nuwe LM (Lifetime Music).

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/05/2017 - 16:59

Ek dink die mense wat LM radio kan onthou sal beslis ook die ou Springbok radio kan onthou.  Ek weet van LM maar was te jonk om dit regtig te kon luister 

 

0

Om "oud" te wees is wat jy maak daarvan ek ken BAIE jong mense wat minder energie het en gevrek is in vergelyking met my en ek is seker baie ander ouer Forum lede. "AGE is only a state of mind" Wat dink julle van daai een ou manne.   Manne met 'n B - cup en wat swanger is byvoorbeeld

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 25/09/2017 - 06:52

ek stem saam bok, dis 'n state of mind, net die vlees wat mens in die steek begin laat.

- maar ek moet byvoeg, hier op hierdie forum is 'n paar stok ou manne, amper van die groot trek se dae af  cheeky.   As jy in jou 60's is, is jy blybaar nog nat agter die ore en myself nog 'n snotkop.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 25/09/2017 - 08:04

Dankie Chris sal op skottel bietjie luister deesdae luister ek RSG Chris ou Ewald Grail stuur groete

0

EN kamp is nie 'n aktiwiteit vir die luies nie dis hoekom net die sterkes onder ons kan kamp maak nie saak hoe oud ons is nie. EK self is nog jonk en ja die liedjie van BAZ LUHRMAN wat se woorde sê "look after your knees you will miss them when they are gone" is baie waar en die kinders besef nie maar ek is nou is eers in my fleur van my lewe en begin nou eers my kleinkinders geniet. Ek hoop ek kan hulle kan sien trou ook. Dit is baie waar dat baie mense nie die kans kry om oud te word nie. ONS is baie bevoorreg as jy kan sê jy is oud oor 60 of 70 en jy kamp nog gereeld of permanent.

0
Randfontein

bokvirsports

Mon, 25/09/2017 - 09:52

Ek daag hiermee die jong manne uit om te vertel hoe aktief hulle is almal onder 40 en dit sluit nie werk by die werk in nie. Wat anders doen jy wat jou aktief maak en om te baklei met jou vrou vir die DSTV remote tel ook nie.

Kyk byvoorbeeld na Stefan se draad van die Exclusive en wat hy vermag.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 25/09/2017 - 11:34

My goeie vriend is nou amper 82 en kamp nog voltyds, sleep die wereld vol en sit altyd kamp op met net sy vrou wat help.

Hy kamp ook net waar daar 'n ordentlike gholfbaan naby is, speel 2 dae elke week 18 putjies.

Hy huur ook nie 'n golf karretjie nie maar stap die 18 putjies en sleep sy golf sak agterna.

Die sak gedra tot hy 70 is toe besluit hy, hy is nou groot genoeg om wieletjies te kry!

Die dae wat hy nie golf speel nie stap hy die wereld vol, by Drie Berge stap hy elke dag [behalwe waneer hy golf speel] die bergroete, by richards Baai aan gesluit by 'n klub wat Saterdae oggende 7 km stap, hy is nou die span leier daar.

Nee wat 60 is nog jonk, mense dink hulself oud en dan word hulle ook sommer oud!

Onder 40 is nog bloed jonk, dan behoort 'n man nog klub rugby of ten minste "action krieket" te speel, maar ek sien baie van daai jong klomp speel snoeker of darts en glo hulle kry genoeg oefening?

Vroer die jaar het Petra en ek alleen, 'n nuwe yskas in die wa in gebou, toe ons by Manzi Maningi gekamp het. Ons het alleen die ou yskas deur die venster uitgehaal en die nuwe in weer ingedra en ge-instaleer. Sodra mens glo jy is oud dan sien jy nie meer kans vir sulke sports nie!

Ons sit ook altyd alleen ons kamp op en breek af, te same met die skonmaak van alles en was van grondseile. Lekker om te weet mens kan nog.

Twee jaar terug nog gaan "White water rafting" doen alleen sonder enige "back up" of gidse, en as ons weer die kans kry sal ons weer gaan.

Ek het ook 'n vriend, so 10 jaar jonger as ons, wat nie self sy toon naels kan knip nie, kan nie bykom nie, sy pens is in die pad!!

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 26/09/2017 - 07:03

Het vanoggend vier uur geluister na stasie laat my dink aan springbok radio

0

When my son piped at me and said I'm so old I've got caveman paintings under my armpits, I stopped him in his tracks with..........

No such thing as old....

There's only experiance....

I just happen to have a lot of it.....

Just reciently he's <my son> upgraded......

Says he to me The only way to reasonably accurately determine just how old I am, is for you to go and be carbon dated......

Kids............ love to hate them.........

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus