Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

Karoo Auchterlonie

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on

Het al vir die maters so bietjie gewys van die nuwe verwikkeling by my kamp.

Die Auchterlonie daar in die Kgalagadi, was nog altyd vir my iets uniek. Die eenvoud waarmee die mense geleef het, en al die vreugde, en leed, in die geboutjie, voel mens. So ook is die hut in Karoo N Park baie spesiaal. Eenvoud maar baie, baie spesiaal.

So nou bou neef sy eie plekkie, net vir geniet. Als is herwinde stukke, ou dakplate van historirese huise wat ek restoreer het, vensters van ou vergane werkswinkels, en pale en latte hier van die omgewing se indringers.

crofter

Die gebou is 4x8m binnemaat.

crofetr1

Die 2 openinge reg oor mekaar kyk op n waterval doer agter, en so effe Oos van noord. Ons nare wind is Wes to Noordwes.

crofter 2

Iets anders as die norm. Ek het heelwat Balinese strukture gebou, en ons Kaapse rietdakke. hier is so bietjie van n saamwerk. Daai opening reg voor, is die vuurmaakplek. Die begin volgende week.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 07/11/2021 - 18:00

Neef dit lyk klaar baie spogerig, kan my net indink hoe dit gaan lyk as dit klaar is, love dit. 👏👍

0

Môre neef Herman

Dit lyk na 'n lekker wegbreek nessie. Gaan die binne area 'n oop eenvertrek bly, of gaan jy dit ook opdeel soos die huisie in die Kalahari?

Ekskuus my onkunde, maar op die laaste foto lyk dit of die mure links en regs na binne oorleun. Is dit die styl, of 'n optiese illusie?

Sjoe, wat 'n natuurskoon, sien julle dit nog raak elke dag? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 08/11/2021 - 07:48

Wessel, nie skeef nie.  Die is een oop kuiervertrek. 4m deure weerskante wat wegskuif. die stoep gaan op dieselfde vloervlak wees, en die onder die pergola. Die pergola sit aan die uitsig kant. Gaan n rankplant die struktuur laat toerank. Rede hiervoor is dat die agtermiddagson die geboutjie die kant vang, en  dak sal net hitte opbou. Ranker sal dit weer afkoel.

Aan die teenoorgestelde kant is die afdakstruktuur sigbaar, Die kry ook rietplafon en sinkplaat. Wat nog nie wys nie, is dat daar kom n werfmuur gebou aan die kant, met n oop vuurmaakplek,  soos by die Afsaalhut.

 

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/11/2021 - 08:10

Mapstieks maar dis ‘n mooi geboutjie. Ek beny mense wat sulke skeppings tot stand kan bring. Hou ons asseblief ingelig van die vordering. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/11/2021 - 10:03

Puik Herman !

Wanneer open besprekings om daar te kan tuisgaan en geniet ?

0

.... 'n padwa sal tot daar kan kom nie. smiley

Ek kan al sien dat onse neef oorval gaan word met oorslaap[kampeer] versoeke.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/11/2021 - 13:33

Wessel, nee ek het nie die Exclusive ingedagte gehad nie !

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 16/12/2021 - 19:42

Vir die jaar, is die werk eers klaar.  Braai se skoorsteen was nogals n taamlike job. Dit is "off shutter concrete" met n klip laag buite om.

kaggel

En binne is dit nog rof, maar nie so baie erg nie.

binne

Asvaal van die stof. Het die skoorsteen se flashings gedoen.

spit

Die braai is 1,7m wyd x  1,1m diep. Neef spitbraai lam al vir baie jare, by n meester geleer, en nou... gaan ek binne spit. Regs kom n opwasbak, links kom die watergat, en die yskas.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 16/12/2021 - 21:24

Herman, kyk ek reg, het die gebou 'n ingeboude, nie-Eskom lugversorger  ?  Links en regs van die braai, kan 'n mens deur die klipmuur sien ?

Baie mooi tot dusver !  Jy moet nou 'n paar weke rus neem anders gaan jy begin droogmaak !

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 17/12/2021 - 07:08

Dankie vir komplimente. Len die mure is basies "gabions". Maw die paalstruktuur word weerskante met ogiesdraad gespan, en dan word die spasie met klippe gevul. Jy het seker al opgemerk waar die metode, natuurlik in sulke groot draad hokke, gebruik word as stutmure langs paaie etc. So dit is nie dig nie. Jy het nogal n punt beet met die Karoo-aircon. Dalk die mure natspuit op n warm dag vir afkoel.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/12/2021 - 09:17

Dankie Herman, ek hou baie van die "kippe in draad" mure.  In die Wildtuin sien mens dit deesdae oral om erosie hok te slaan.

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 03/03/2022 - 19:09

Die harde werk is klaar, bietjie electrical, plumbing en deure maak vir die openinge.

crofter1

Loer die stoepie van naby. Het die met klippertjies in die beton "geteel" was nogal n jop, maar lyk mooi.

crofter2

Die ander kant. Die het n Pergola van latte met Ansjovisnet bo-op. Die net was gebruik as skadunet by die ou kamp, so bietjie sentimenteel. Pal van Gansbaai het die net geskenk, jare gelede.

Daar gaan nou voor die pale inheemse rankplante inkom. "Travellers joy" om dit toe te rank.

crofter3

Eish, op sy sy , maar die binne vloer is net glad gepolishde sement screed met staal inleg.

crofter4

Die vuurmaakplek. Die throat en smoke shelf met matesis ontwerp en gebou, werk heel netjies.

Dit was n lekker projek. Sal later die jaar die badkamer ook vernuwe. Eers n bietjie asem skep.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus