6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -1 minute ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -58 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Ramaphosa se vloekwoord in die parlement

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die voorval is op ‘n ander gesprekslyn aangehaal, maar ek wil nie daardie gesprekslyn verder besoedel met die onderwerp nie. 
 

Baie mense dink dis snaaks dat die president van SA die woord gebruik het in ‘n parlementêre vraag- en antwoordsessie. Hulle vind ook die daaropvolgende gebeure waarin hy dit grappenderwys terug getrek het nadat die UDM die volgende gesê het op ‘n punt van orde amusant. 

“It will be a sad day if the word 'f*k*l' enters the lexicon of parliament because the president used it here. MPs would use it in the future and the speaker will not be able to call them to order.”

Ek moet met die UDM saamstem. Ek vind dit betreurenswaardig dat die president van ons land so min respek vir die hoogste openbare forum in die land het dat hy sulke taal daar gebruik. Ek gee nie om wie die vraag gevra het wat hy so beantwoord het, of wat die vraag was nie (ek stem terloops saam met die vraag, maar dis nie belangrik nie). 

Is dit hoe die leier van ‘n land homself behoort te gedra? Of is ek oorsensitief en konserwatief? Dis tog eenvoudig vir Engelse sprekers om af te lei wat die woord beteken, dit klink amper soos die Engelse weergawe waar dit waarskynlik vandaan kom. Hy wil beleggers na SA lok, maar watse beeld skets hy deur sulke taal te gebruik en te dink dis ‘n groot grap?

 

.... dan praat jy ook soos 'n semel.

Onthou, die gemiddelde opvoedingsvlak en kommunikasie vaardigheid in die parlement is laag.

Ek is soms verstom hoe maklik rol daardie woord uit monde uit, as mens om jou luister, in jou normale wandeling/kontak met mense. Soms selfs van die waar mens dit nie verwag  nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/03/2022 - 15:10

..............dis 'n totale oordrywing van die aangeleentheid.  Dit is nie die president se gewone spreektaal in die openbaar nie en het op die ingewing van die oomblik uitgeglip.  Hy het dit later teruggetrek. 

Storm in 'n teekoppie.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/03/2022 - 16:11

Of dit nou jou gewone spreektaal is of nie, daar's bepaalse plekke, tye, geleenthede (noem maar op), wat 'n spreker, nog te meer iemand in sy posisie nooit, maar nooit sulke taal/woorde mag gebruik nie. Iemand van sy statuur/posisie kan/mag hom nie aan so-iets skuldig maak nie. Dit hoort nie by 'n president nie en veral nie in die parlement nie. Hy kan maar terugtrek soos hy wil. Wat gesê is, is gesê. Sy verskoning word aanvaar (ook deur my) - maar dit bly ongehoorde optrede deur die president van 'n land. En dit is wat ek veroordeel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/03/2022 - 16:47

.................niks fout daarmee dat ons verskil van opinie nie !  Een hou van rooiwyn en 'n ander van witwyn. Een hou van Ford en 'n ander weer van Toyota.

Irene

Grootwind

Mon, 28/03/2022 - 17:12

Stem saam dis bloot 'n storm in 'n teekoppie? Etlike senior bestuursvergaderings kan ek onthou het ook in ietwat van 'n skeeu sessie ontaard...met gepaardgaande "uitdrukkingsvolle" dinge wat gesê was! Op www.healthline.com seg die sielkundiges:

"Don't Watch Your Mouth. Swearing Can Actually Be Good for Your Health. Studies show cursing during a physically painful event can help us better tolerate the pain. Experts say using curse words can also help us build emotional resilience and cope with situations in which we feel that we have no control"

Dalk was die president net besig om na sy gesondheid om te sienlaugh Ek persoonlik vind dat as ek my duim met 'n hamer raakslaan tydens die inkap van tentpenne dit baie help om die eina te verduur....

 

Worcester

Wildehont

Mon, 28/03/2022 - 20:55

Ek is soos Mnr Boucher van mening dat dit nie tuis hoort in die parlement uit enigiemand se mond nie, maar veral nie uit die president s’n nie. En dan nog ‘n bespotting maak van die onttrekking van die woord deur dit te herhaal en te sê dit help nie hy sê hy onttrek f-ol nie want dit sal beteken hy onttrek niks nie. 

Nee wat; die woord het nie uitgeglip nie en dit betaam glad nie die president van ‘n land om so in die parlement of openbaar te praat nie. In die proses het hy ook die vraag ontduik, maar dit sou in elk geval niks beteken het as hy ‘n ordentlike antwoord gegee het nie want teen die tyd weet ons sy woorde is net wind. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/03/2022 - 06:39

Ons stem darem saam dat menings verskil.  Een ou sê Ford is die beste en 'n ander ou sê Toyota is die beste. Of, een ou sê die kragwoord deur die president het uitgeglip en die ander ou sê dit het nie uitgeglip nie.

Die lewe bly interessant  -  sou maar saai gewees het as almal saamgestem het !

eendag in die parlement---die helfte van julle is bobbejane. Hy moes dit ook terugtrek, wat hy gedoen het, as volg---- ek vra om verskoning, die helfte van julle is nie bobbejane nie.

Deesdae in enige werkplek is die woord "bobbejaan" 'n veel groter beledigende vloekwoord as f.....l. 

Tog opvallend deesdae dat sekere bevolkingsgroepe, veral in staatsinstellings, baie sensitief is vir 'n vloekwoord. Ek was op die rooitapyt omdat ek 'n groepie gevra het om nie so 'n donnerse lawaai te maak in die gang nie. 

Môre vriende

Gaan kyk gerus in vandag se Daily Maverick hoe mooi skets Zapiro die Dubai toespraak van ons president.

Ek het probeer om dit te laai, maar lyk my mens kan nie "pdf" formaat laai nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 29/03/2022 - 08:32

Nogal goeie humor die een.

En Voortekker noem die president" Ramaphoesa", dit is heelwat growwer  as om fokol te se. Maar so sal elkeen besluit waar om sy streep te trek.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/03/2022 - 09:21

Ek wil nie derms uitryg oor hierdie onderwerp nie. En dit is verstaanbaar dat menings sal verskil. Maar daar is tog (in my persoonlike opinie) grense t.o.v. taalgebruik in verskillende omstandighede. Ek is geen engeltjie as dit kom by taalgebruik nie – alhoewel ek myself probeer dissiplineer. Ek los ook soms ‘n knoop, maar ek plaas ‘n wag voor my mond t.o.v. die geselskap en omstandighede.

Ek kan sommige voorbeelde noem van bepaalde omstandighede wat sulke taalgebruik na my mening taboe behoort te wees. Skoolhoofde (of onderwysers) is sekerlik nie almal engeltjies nie en mag dalk soms ‘n growwe woord tydens hulle privaat aangeleenthede gebruik. Maar my opinie is dat dit totaal onaanvaarbaar is as hulle sulke taal/woorde voor leerders – hetsy in ‘n klas-situasie of in ‘n saalbyeenkoms sou gebruik.

Alhoewel ek nie myself nie deesdae as ‘n kerkmens beskou nie, het ek tog so grootgeword dat onwelvoeglike taal nie tydens kerkgeleenthede gebruik word nie – hetsy ‘n predikant/pastoor of enige lidmaat. Daar is strepe te trek waar jy beslis ‘n wag voor jou mond plaas. En een daarvan is beslis deur ‘n president van ‘n land in die parlement

Net ‘n opinie (waarmee almal nie noodwendig saamstem nie - kom ek agter).

Worcester

Wildehont

Tue, 29/03/2022 - 10:01

My doel met die skep van die gesprekslyn was om mening te toets. Een van my vriende het ‘n WhatsApp video van die voorval aangestuur wat die president se aanvanklike gebruik van die woord en ook sy grappies rondom die terugtrek ingesluit het. Ek het dit glad nie snaaks gevind nie, inteendeel het ek dit betreurenswaardig gevind dat my vriend dit snaaks gevind het. Toe wonder ek hoe voel ander mense daaroor, en dis waarom ek die vraag gevra het:

Is dit hoe die leier van ‘n land homself behoort te gedra? Of is ek oorsensitief en konserwatief?

Uit sommige menings hier is ek oorsensitief en konserwatief, en was die insident net ‘n storm in ‘n teekoppie. Nou wonder ek of die mening dieselfde sou wees as PW Botha sulke taal gebruik het in die parlement toe hy staatspresident was. Ek verwys glad nie na politiek hier nie, maar na die tydvak waarin dinge gebeur. 
 

Daar kan geargumenteer word dat tye verander, en dat ons met die tye moet verander. Salomien sê altyd dat dit goed is om oopkop te wees; maar as jou kop te oop is val jou brein op die grond. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/03/2022 - 10:21

Ek het nie 'n probleem met die woord Fo%o! nie, maar net 'n probleem met 'n president wat dink alles is 'n grap.

Gepraat van die kerk mense -  die afrikaners tog so ordentlik het die woord "stront" na die woord "waardeloos" (AFR 83) vertaal om ordentlik te probeer voorkom.   Maar Paulus het eintlik na "stront" verwys om sy punt duidelik te maak.    Die 33/53 (1933) het dit darem meer oorspronklik vertaal na "drek" toe -  wat direk vertaal beteken "die uitwerpsel van mens of dier"   (Ek verwys na die skrif van die dag  Fil 3:8)

Bekende versie nogal - maar die betekenis daarvan kan nogal  verdraai word?     Wat die apostel vir ons wil sê is dat ons pogings om God te beindruk as "drek" gesien moet word - ja jou pogings om self regverdig te wees is so goed soos jou eie uitwerpsel of stront. --?  

Ai tog, ek kon nie die geleentheid laat verbygaan om die gedagte van die dag sommer op hierdie draad te plaas nie.  Hoop nie jy geen om nie Wildehont wink      

Ek gaan maar nie hier betrokke raak nie want ek oortree ook te veel. Die uitlating deur ons President was egter vir my ongemaklik en teleurstellend.

Vaalpark

Johann L

Tue, 29/03/2022 - 11:04

Ek het myself voor geneem om die gesprekslyn te vermy, maar wil tog ook my klippie in die blikkie gooi.

As enige leier, hetsy kerk, politiek of wat ook al, sulke onsmaaklike optrede openbaar, wys dit op so persoon se op voeding, of gebrek daaraan. Hoe sal dit gaan as ons predikante begin swets ens.....

Ek wil aansluit by Chris WH se stelling, 

Nou wonder ek of die mening dieselfde sou wees as PW Botha sulke taal gebruik het in die parlement toe hy staatspresident was.

Dit was benede sy persoonlikheid om so te praat in die openbaar. 

Ek gebruik ook krag woorde, maar is nie in 'n posisie waar ek ander moet lei nie.

Die engelse spreek woord kom by my op "Lead by example"

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/03/2022 - 12:46

..............dat dit 'n glips van president Ramaphosa was wat op die ingewing van die oomblik die betrokke woord laat uitglip het.  Die feit dat dat daar nou so 'n bohaai van gemaak word illustreer juis dat dit nie sy algemene spreektaal is nie en daarom is dit nou nuuswaardig.  Moet ook nie vergeet nie, hy is ook net 'n mens wat ook foute maak.

Ek verskil heftig met die idee dat vloek "geregverdig" is  net op sommige plekke en net deur  sommige mense.  As onwelvoeglike taal in jou verwysingsraamwerk taboe is, behoort dit in alle gevalle oral en altyd taboe te wees en nie net selektief op sekere persone en in sekere instellings nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus