Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -9 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Waarheid met Max

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Wie het die program gekyk op 144 ?

Die was vanaand (Sondag) op gewees, S1/E1.

Ek het dit vreeslik geniet. Ek is 'n aanhanger van beide die manne.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 04/04/2022 - 18:31

... het gesê dit was 'n goeie onderhoud. Ek kan maar net sekondeer. Met hierdie onderhoud agtergekom in watter, kom ons sê maar, strooi-staat hierdie liewe land van ons is. En verder hou ek my bek voordat ek weer uitgehaal word as "negatief".

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 04/04/2022 - 18:53

Sou ook graag wil hoor, Max is n man wat blou, blou noem en nie doekies omdraai nie, Geniet hom regtig. 

Von se my dat, ek weet nie wie, het ons opgradeer het na "Stabiel".

As jy die res van die bekaafde, eerste wereld, se swak leierskap, en korrupsie kyk, is ons dalk "due" vir n opgradering. Die Engelse het hulle self ook dik gesteel tydens Covid, om maar een sondetjie te noem. Korrupsie is nie net 3de werelds nie.

0

Môre vriende

Tog vreemd hoe mens se sentiment verander.

Daar was 'n tyd in ons land se bestaan, of dan in myne, waar ou Max maar voor my trok kon staan, vir 'n omry. Het hom as baie liberaal ervaar.

Deesdae luister ek na hom, en vind sy menings en uitlatings as heel vanpas.

Seker maar te doen met elke persoon se eie lewensfases, gekoppel aan land se bestel op 'n sekere stadium in die geskiedenis.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/04/2022 - 09:01

......ek het nogal baie oor dieselfde verskillende indrukke nagedink.  Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat dit gaan oor sy absolute eerlikheid in sy joernalistieke loopbaan, ongeag wat 'n mens graag sou wou hoor. In die verlede was sy skerp kritiek in kontras met my eie denke van daardie tyd en vandag is sy skerp kritiek in lyn met my denke van vandag.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 07/04/2022 - 17:36

Ook gekyk en sal graag die boek wil lees. Kan baie interesante leesstof wees met baie inligting waarvan ek niks weet nie en net plek plek van gehoor het. Stel nie regtig belang in die politiek nie maar hou daarvan om op hoogte te wees van wat aangaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus