Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 minutes ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -45 minutes ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago

Kgalagadi avontuur April 2023

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Weens die ewig stygende koste om Kruger wildtuin toe te sleep, het ek min of meer besluit ons toer van 29 Junie tot 19 Julie vanjaar is vir eers ons laaste daarheen. Toe mis ek SANPARKE se oopmaak van besprekings vir April 2023, en kon nie plek kry aan die SA kant van Kgalagadi nie. Oor die afgelope paar weke het ‘n agent in Botswana vir my plek probeer kry by Rooiputs en Polentswa. Vandag het sy vir my gestuur wat sy kon kry, en ek het gevra sy moet dit bespreek. 
 

Ons toer lyk so:

31 Maart: Kakamas Palmhof Chalets

1 & 2 April: Kalahari Sands (kampeer)

3 & 4 April: Polentswa (kampeer)

5 - 8 April: Rooiputs (kampeer)

9 April: Kenhardt hotel

10 April: Worcester 

Worcester

Wildehont

Tue, 21/04/2026 - 09:18

Ek het vanoggend 07:30 gebel en was nr 79 in die ry. Sowat 40 min later kom ek deur na ‘n mens, maar daar was net drie aande by die premium staanplekke van 30 Maart tot 2 April oor by Nossob en niks by Mata-Mata nie. Ek het toe maar die drie aande bespreek, en daarna navraag gedoen by die agent in Botswana oor beskikbaarheid by Rooiputs van 23  tot 27 Maart en Polentswa van 27 tot 30 Maart. Uit vorige ondervinding weet ek dat hulle nie vinnig reageer nie.
 

Sou hulle plek hê vir die datums hier bo sal ek dit bespreek, en dan probeer om twee aande aan te las (21 en 22 Maart) by Kalahari Trails. Dan moet daar nog slaapplek gesoek word vir die eerste en laaste aande. Lg moet egter wag tot die res vasgemaak is. 
 

Aangesien daar so baie onsekere veranderlikes is, het ek sommer as volg bespreek om ‘n moontlike alternatief te hê:

Letaba 22 Maart

Shingwedzi 23 - 29 Maart

Tsendze 29 Maart - 2 April

Dis alles long shots agv die Smalle se gebrek aan besteebare inkomste en die onsekerheid oor reiskoste met die dieselprys wat nie meer stabiel is nie. Ek vat maar die kanse, en hoop een van die planne (eintlik net drome) word ‘n werklikheid.
 

Ek glo nie ons Julie 2026 toer Krugerwildtuin toe gaan ‘n werklikheid word nie. Ek sal op 20 Mei die finale besluit moet neem, want as ek nie voor 21 Mei die deposito betaal vir Nossob of die Krugerwildtuin in Maart 2027 nie verval daardie besprekings. Ek moet ook voor einde Mei die Julie 2026 Krugerwildtuin besprekings kanselleer as ek nie die geld wil verloor nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/04/2026 - 10:02

Ek haal my hoed af vir jou wat so sukkel om plek te kry.  As ek so moet sukkel bly ek net mooi by die huis !

Gelukkig is my SANParke-besprekingsagent baie geduldig met my (seker omdat ons al jare vriende is en selfs al 'n naweek saamgekuier het) want ek sê net wat ek wil hê en kry dit gewoonlik.  Toegegee, ek doen elke enkele SANParke-bespreking al vir jare  net deur haar en my keuses is met enkele uitsonderings, ALTYD buite populêre tye.

Maar nouja ChrisS, ek hou namens jou duimvas dat jy die besprekings gaan kry waaroor jy droom.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 21/04/2026 - 11:31

Ek haal my hoed af vir jou wat so sukkel om plek te kry.  As ek so moet sukkel bly ek net mooi by die huis !

Dis hoe mens sukkel om tydens skoolvakansies plek te kry. Ons gaan wel al hoe meer net mooi by die huis moet bly weens ekonomiese oorwegings. Vakansies raak ‘n luukse wat ek al hoe minder kan bekostig. Ek het my salarisplafon amper presies nege jaar gelede bereik, en daar is geen kans op bevordering vir my nie.
 

Die EE agenda word kliphard gedryf in ons munisipaliteit. Ek en twee wit kollegas het sopas na die syfers gekyk. Ons is ‘n totaal van 31 uit ‘n personeelkorps van meer as ‘n duisend, en daar word nie meer van ons aangestel nie. Bevordering is ons ook nie beskore nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus