Forums
Ek het ‘n Nuwe dak canvas (vir pop-up dak) laat maak vir my Caravette 6; en ingeruig, maar die hoeke onder is oop. Enige raad hoe om dit toe te maak asb?
Oop hoeke
Môre Antonie
As jy sê "laat maak", sal ek dit terugvat en sê " maak reg".
Hoeveel hoeke is oop, moet dit nie net een wees, waar dit bymekaarkom nadat jy dit ingeryg het nie. Dalk is die velgro stroke te kort waarmee dit geheg word.
Is daar rek ingewerk om die seil effe in te trek soos die dak sak. Indien wel, is die rek te kort en trek die hoeke oop.
Hoop my hardop saamdink help.
Antonie welkom
Welkom op forum vat dit terug en laat hulle regmaak





Goeie môre Antonie, baie…
Goeie môre Antonie, baie welkom by ons forum, hoop jy gaan lekker saam gesêls
Is daar 'n moontlikheid dat jy 'n foto hier kan op laai van die gate waarna jy verwys?
Fotos kan net help om goeie advies te kry, en te voorkom dat ouens soos ek vir jou stupid advies gee soos, pomp die bande om te sien waar die gat is