So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Hallo Rona
Sterkte met Daan se knie. My knie was in Feb gedoen.
Ek doen nog steeds oefeninge. Bederf vir pappa.
forum deelname
Dis bemoedigend om 'n oplewing in deelname te bespeur. Daar is selfs ou vriende uit vergange se dae wat weer inloer en deelneem.
Daar is egter nog baie afgedwaalde lede wat weer moet begin deelneem.
Dankie Anton, ek is oortuig die opgradeerde forum tuisblad en sagteware speel 'n groot rol in die 2de asem.
Lekker gelag, Geert,...
maar ek verstaan dat iemand kan voel om die spulletjie op te blaas.
Hierdie is die eerste wat ons met molle te doen kry. Terwyl ons nog besig was om te bou het 'n buurman (net sy vakansiehuis) eendag arms-swaaiend iets beduie en toe gevra wat mens kan doen om molle uit te roei. Ek het gewonder waaroor die groot bohaai, maar nou weet ek dit gaan nie net oor die hopies grond nie. Ongelukkig is die buurman nie meer hier dat ons kan vra wat hy gedoen het nie. Dit moes gewerk het want nou bly hulle baie lekker aan ons kant van die heining. Gaan lank neem voordat ek weer by 'n koöperasie kan uitkom, so sal ek maar gaan hoor of Babu by die hardewarewinkel raad het. Ai!!!
Skerp reuke
Rona, dalk sal skerp onaangename reuke die molle verdryf. Iets soos Jeyes fluid, chloor pille, ek raai sommer.
Ek sal bietjie by my boere vriende navraag doen.
Knoffel
Rona ek sou ook nie die plofstof roete volg nie, Daan gaan sy baard brand🤣
Glo my, ek was in standard 8 toe my pa sê hy blaas sommer die molle "mo#r" toe met anfax (dit is 'n produk wat in die myne gebruik word) en ek was 'n gehoorsame kind, doen toe dit vir my pa sonder sy medewete, blaas daar 'n so groot soos 3 krywaens in die erf.
Die knoffel kan moontlik help, glas stukke sal ek ook liewer van weg bly, as jy tuin maak gaan iemand seer kry, is maar my opinie.
Molle
Vir waneer die molle lastig in die groentetuin, gebruik ek n pil wat in die gat gegooi word en dan weer toegestop word. Die goed is vreeslik gifting. Kry by die Koõperasie.
Ek dink amper die " Fumi tabs" wat vir binneshuise beroking gebruik word kan ook werk ?? Wees maar versigtig.
Neef ...
... se raad is die beste. Die aktiewe bestanddeel van die tablet waarvan hy praat is aluminium-fosfied - bekend as Phostoxin.
Maak elke gat oop, plaas 'n tablet daarin en maak die gat dig toe met opgefrommelde koerantpapier en .... "Bob's your uncle".
Ek het ook jare gelede 'n molslagyster gebruik toe ek in Wellington gewoon het en 20 molle oor 3 jaar gevang. Daar was altyd twee molle in 'n tonnel-netwerk. Dit lyk soms of jy 'n hele kolonie molle het wanneer jy na die klomp hope grond kyk. Meestal is dit net 2 molle (seker 'n mannetjie en wyfie) wat verantwoordelik is vir die klomp hope.
Vra gerus ook vir AI vir raad. Daar is lyk my n Effekto produk, maar sê ook uie en knoffel. 




glasskerwe
Rona, ek trek nie jou been nie.
waar om dit te kry is 'n ander saak. Dalk by plekke wat baie afval glas genereer, soos PG glass, skrootwerwe, botelerings fabrieke en inmaak fabrieke.