...................is nog een van my voorkeur braaigeregte. Wat sê jy ?
- Hou jy ook daarvan om sosaties te braai en indien wel, watter tipe sosaties verkies jy ?
- Watter vleis moet op die sosatie-stokkie wees en wat moet alles tussenin gevoeg word ?
- Maak jy die sosaties self of koop jy dit by jou slagter/afdelingswinkel ?
- Verkies jy dat dit 'n kerrie-geur moet hê en indien nie, watter soort marenade moet dit in lê voor braaityd ?
- Vries jy jou sosaties totdat braaityd aanbreek ?
- Hou jy van sosaties as 'n hoof-braaigereg of moet dit deur ander braaivleis gekomplimenteer word ?
- Braai jy sosaties in 'n toeknyp-rooster of draai jy elkeen met 'n tang om ?
Sal graag wil hoor wat jou voorkeure is ?
Miami Canners ...
Wessel, "Hanlie" klink vir my bekend. Jy is 100% reg met "La Cotte" op die laaste draai voor jy effe afdraande gaan na Miami Canners is 'n plaas winkel met 'n (ou) petrol pomp, dit is La Cotte.
Die winkel is waar ek die rooi kol links van die pad gemaak het.

Hier is die winkel en 1 pomp, dit is gesien van Miami se kant.

Nouvelle La Cotte
Bernard Vermaak was in my tyd die bestuurder van Nouvelle La Cotte (naam van die boerdery wat aan eienaars van Montagu behoort het) en sy vrou het die winkel by La Cotte bedryf. Bernard en Jan Welthagen was baie groot vriende. Lekker ou dae gewees.
Kyk hoe besoedel ons nou Len se draad. Jammer Len.
Verskoning...............
.............aanvaar, geen probleem nie.
Lekker gewees
Ek wil nou nie julle eetlus wegneem met die groen goed wat ek gebraai het nie, maar dit was vir ons heerlik🤣
Nog sosaties
Ek het darem nog 10 sosaties uitgekry vir Dwarswegstrand. Ek het besluit om dit eerder klaar te ryg as om die stukkies hoender alleen te vries.

Ek het ook ‘n pot krummelpap gemaak om die res van die sous mee te geniet.

Pap en tik
Môre Chris S
Ek moet nou eers hierdie gaping vat. Jy ry 'n fancy Prado, maar wil "pap en tik" eet.![]()
NS: Onthou, ek is eintlik jaloers, daarom die grappie.
Pap en tik
Is dit nie daardie stywe pap wat ons landsgenote in so bolletjie afknyp en as ‘n lepel gebruik om sous mee op te skep nie?
Toemaar, ons almal ken al jou draakstekery.
Varknek Sosaties ...
Ek het op hierdie skakel afgekom vir Varknek Sosaties lyk nogals lekker.
Danksy die draad
Danksy hierdie draad, het ek weer in die "sosatie maak mood" geraak. Weer gister gemaak vir vandag se braai, maar hierdie keer sonder die groen goed
Mooi so ...
... Geert. So bly om te sien jy't hierdie keer Satan se tamaties uitgelos. Dit smaak toe baie lekkerder nê?
... Geert. So bly om te sien…
... Geert. So bly om te sien jy't hierdie keer Satan se tamaties uitgelos. Dit smaak toe baie lekkerder nê?
Hoe lekker lag en nou oor hierdie opmerking.
Nou wag ek....
....om van Geert te hoor. Ek hoop net hy is 'n eerlike persoon, wat 'n goed deurdagte antwoord sal gee.
O gaats, binne die huidige politieke bestel, gaan dit nie noodwendig 'n eerlike antwoord wees nie.
Ek dink ek hef dit reeds op…
Ek dink ek hef dit reeds op die forum genoem. 'n Ou kennis van my (ook reeds die tydelike met die ewige verwissel) het gesê dat die duiwel wou wys hy kan net so goed skep as die Hemelse Vader. Hy poog toe om tamaties te skep, toe kom hy by green peppers uit. En so wou hy ook uie skep en kom by knoffel uit.
Vandaar my opmerking oor "Satan se tamaties."
Nie sosaties nie, maar met…
Nie sosaties nie, maar met Wessel se instruksies Karoo Oesters gebraai, en hule behoorlik uitgebraai!! Die vetjie was so papierdun skilletjie soos n Simba chip en die binnekant redelik naby aan n goeie uitveer. Von het gedink dit is heerlik, sy hou van haar vleis baie gaar, veral die vetjie moet crisp wees.
Peppers is ook nie vir my juis aangenaam nie maar!. Maar, Von maak n red pepper sop. Die peppers word eers gerooster totdat die skille swart is. Dan word dit afgeskil en die word die hoof bestandeel, saam met room in n blender, wat n sop van "distinction" gee. Jum jum.
Eish julle mense, of party…
Eish julle mense, of party mense, darem maar, ek is juis so lief vir knoffel en enige pepper.
Om dit nou so te loop staan en blatant satan se maaksels te noem, ek sal myselwers buite my geloof uit vererre vir julle![]()
So verkil ons maar, my oorlede swaer kon sy mond nie aan enige iets sit wat klapper bevat nie, nie eers liquorice allsorts nie, ek eet myself deurmekaar aan Hertzog koekies wat my vrou bak, maar ek sal darem nie klapper in 'n sosatie sit nie😉
"sosatie maak mood" ...
Ek hoop net jy maak om hier by Dinokeng ook te braai met daai anders se tamaties dan kan ek ook sê wat ek dink. 🤞🏻🙏🏻👏🏻🔥
Geert wou mos vra....
...wat hy vir jou kan bring Willem.
Julle ouens wat so sosaties met vreeslike souse en groen goete braai, laat ek julle waarsku;
daai rook oor 'n voertuig lei tot erge korrosie en metaalvermoeidheid. Dis glo al daai erge sure wat verskuil is in die souse. Veel erger as bietjie seelug.![]()
![]()
Beide lekker gewees
@ChrisB. Ja, hy was lekker sonder die groen tomaties. Met die vorige met green peppers was die verhouding van hoeveelheid vleis teenoor uie/green peppers miskien nie heeltemaal reg nie...groter blokke vleis sou seker gedoen het, maar ek wat green pepper net so skoon kan eet, was dit lekker, maar gesin het gehou van net die uie.
@Willem. Ek sal vir jou proe stuk bring, plan sover is om weer te maak vir die naweek.....maar gaan 10 teen 1 sonder die groen goed wees





Miami inmaak
Ek het vriende gehad wat in die laat negentigs, en vroë 2000's by Miami inmaak gewerk het.
Hulle was Nico en Hanlie, maar ek kan nie hulle van onthou nie. Dalk was dit van Schalkwyk. ??? Ons het 2 keer by hulle oorgebly oppad wildtuin toe, en met 'n swemgala.
As ek korrek onthou, was die deel genoem " La Cotte"