6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Die koerant

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

My oorlede pa het altyd gese die Transvaler koerant is beter as al die koerante as die koerant klaar gelees was het my pa hulle gebruik om vuur aan die gang te kry en roster skoon te maak ek maar altyd gewonder waarom my pa so verslaaf is aan die koerant ek was nog nooit n fan as ek dit so kan stel van n koerant nie het jy nog memories van die koerant is daar nog plek in vandag se elektroniese wereld vir die koerant ek hoor graag smiley

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/12/2022 - 15:33

... deesdae my koerant in elektroniese formaat. Maar bloot net omdat dit soveel goedkoper is as die gedrukte formaat.

Ek het grootgeword met Die Burger wat daagliks by my ouerhuis afgelewer is. Ek het dit geweldig gemis in my weermag en studentedae - ook die periode wat ons in Tzaneen gewoon het. Ek kon maar nie gewoond raak aan Beeld se gedrukte formaat nie.

Terug in die Kaap (sedert 1984) is Die Burger weer by my afgelewer tot onlangse jare - waarna ek ingeteken het op Netwerk 24. Vir R99,98 per maand kry ek Die Burger elke Maandag tot Saterdag, Rapport op Sondae, Huisgenoot, Sarie, Tuis, Weg, Wegsleep en Ry, Finweek en nog baie ander streekskoerante - 'n absolute "bargain". Ek moet sê dat die papierformaat van al bogenoemde lees makliker as die elektroniese formaat. En Ralie mis die papier wat altyd in Stoffel (papegaai) se hok gebruik was.

Maar of ek nou in die wildtuin kuier of by my kinders in Roemenië - ek kan elke oggend saam met my koppie koffie my geliefde "Die Burger" deurblaai - solank as wat ek WiFi of 'n datasein het.

Ek reken dit is net 'n kwessie van tyd voordat die gedrukte koerantformaat gaan verdwyn - dalk nog 'n lang tyd of korter as wat ek vermoed.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/12/2022 - 16:24

...lees ek ook maar die elektroniese koerante.

Ek het ook grootgeword met Die Burger, en later die "Argus" om my engels te verbeter. Dit was ookmaar 'n minder geslaagde oefening. 

Ek het toe die Argus verruil vir die CAR-tydskrif, man was dit nou lekker leesstof. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 12/12/2022 - 16:25

Chris, jy moet vertel hoe neef moet maak om te kry. Jy weet ek is bietjie baie stadig om die klas van werksaamhede in te stel.Met die baie stoepsit vir nog 3 maande , is daar  baaaie tyd vir lees. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/12/2022 - 17:07

.... ek is nou-al 'n paar jaar ingeteken op Netwerk24 en het inderwaarheid die inteken-proses vergeet. Maar ek glo jy gaan al die nodige inligting op Netwerk24.com kan kry. Hoop jy kom reg. Dit is absoluut die moeite werd teen R98.99 per maand.

Pretoria

Geert

Mon, 12/12/2022 - 18:31

Ek het altyd my kamp tydskrifte geniet, maar dan in harde kopie. Op die oomblik is daar net Wegsleep, maar kos R100 en daar is ook nie veel meer inligting as wat jy gratis op die net kan kry nie. Ek hou nie van tydskrifte lees op rekenaar nie. Nuus kry mens oral op die net gratis....MSN hou mens lekker op hoogte van daaglikse hoogte punte. Maroela media is ook gratis en nice.....hul stories is lekker kort lees, nie langdradig nie.....ook kan mens lekker saam gesels as n artikel prikkel

Brackenfell

HennieBo

Tue, 13/12/2022 - 06:07

Ek is ook nou al 2 jaar ingeteken op Netwerk24. Baie keer stuur mense vir jou 'n LINK van 'n artikel wat slegs vir Netwerk24 intekenare bedoel is, wat jy dan nie kan lees nie. My vrou lees ook die Huisgenoot en Sarie so. Die Burger, Volksblad, Rapport, Weg/Wegsleep ook deel van die inskrywing per maand.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus