6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -27 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -39 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -55 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -58 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Toyota Veiligheids Opgradering

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien Toyota het (uiteindelik!) erken dat hulle voertuie redlik maklik gesteel kan word. Moet byvoeg ander soos VW en Ford (Ranger/Everest) word net so maklik gesteel. Toyota bied nou glo 'n gratis opgradering aan vir Hilux en Fortuner eienaars, vreemd genoeg slegs vir sekere van die duurder modelle - vir eienaars van die goedkoper modelle word slegs aanbeveel om maar 'n Faraday sleutel sakkie by 'n agent te koop. Vanuit 'n stuk wat ek vanoggend gelees het is daar vlgs Toyota basies drie metodes om die voertuie te steel (verbaas hulle het so lank geneem om dit te besef!):

Vehicle crime methods explained

  • The Control Area Network (CAN) method uses highly sophisticated electronic equipment to gain entry and then access the computer system to start the engine.
  • Fob relaying is achieved using high-tech receivers and transmitters to remotely read the vehicle's security key while in the owner's possession, thereby allowing the attacker to unlock and start the car.
  • Forced entry and key cloning are executed using advanced techniques and equipment to disable the vehicle's alarm system and then cloning its security key.

 

Ek het vantevore ook die onderwerp aangeraak nadat my vorige Ranger einde 2018 gesteel was (en tot vandag toe steeds weg is). Dalk sal dit 'n paar maters help om weer die onderwerp aan te raak, daarom eerder 'n afsonderlike draad (sal die drie punte soos Toyota gelys om die beurt aanraak). Verskoon maar die meng van tale, Ingels bly 'n beter taal om tegniese begrippe te beskryf.

Die Control Area Network (ook bekend as "CAN-Bus) is 'n data netwerk standaard oorspronklik deur Bosch in 1986 ontwikkel (tans is daar drie weergawes, CAN-A, CAN-B en CAN-C eersgenoemde 'n stadiger data oordrag spoed, sowat 125 kbit/sekonde en CAN-C sowat 1 Mega Bit/sekonde. Tans is daar seker geen voertuig meer wat nie van CAN gebruik maak nie. Die manier wat diewe gebruik om in te breek op die data netwerk is deur die diagnostiese poort (bekend as die OBDII standaard) wat werkswinkels gebruik om oa. foutdata te onttrek as iets verkeerd is met die voertuig, hulle gebruik ook die poort om sagteware opgraderings te doen sou dit nodig wees - dis die funksie wat diewe gebruik om jou sleutel te "kanselleer en hulle eie in die plek daarvan in te lees, dus "sien" die voertuig nie meer jou (wettige) sleutel nie maar slegs die ene wat deur die dief ingelees was. Dit gee hulle toegang tot byna alle funksies van die voertuig.  Kyk gerus ook die volgende Youtube video vir meer info oor hoe CAN-bus werk. Die OBDII programmerings eenheid wat deur kriminele gebruik word kan vrylik gekoop word deur enigiemand

https://www.youtube.com/…

Fob Relaying is basies ook net 'n manier om in jou voertuig se datanetwerk in te breek. Die verskil is dat hulle dmv 'n "repeater' slegs naby aan jou (die persoon wat die sleutel hou) te wees waarna hulle "box of tricks" die sleutelsein (wat deurlopend uitgesaai word) op te vang, te versterk en dan uit te stuur na iemand wat by die voertuig staan met sy swart boksie en dan so die voertuig oop te sluit. Die rekenaar stelsel van die voertuigsien die sein slegs as 'n wettige sein en reageer daarvolgens. Die modus operandi het sy kop seker al sowat 10 jaar gelede in Engeland uitgesteek waar voertuig diewe bloot die sein van die sleutel opvang deur naby bv. die eienaar se huis voordeur te staan (meeste mense se motorsleutels is erens naby die voordeur - waar is joune?!). Die enigste manier om die ding te verhoed is 'n Faraday sakkie wat alle seine van die sleutel blokkeer, uiteraard moe jy die sleutel daaruit haal as jy jou voertuig wil oopsluit, 'n pyn maar dit werk (deur die sleutel in aluminium foelie toe te draai werk ook). Hou in gedagte dat indien jou voertuig sleutelloos is, maw hy skakel aan dmv 'n "stop/start" knoppie is die voertuig weg binne sekondes. In die Ranger se geval (en sekerlik ook ander) sluit die "fob" net die voertuig oop en skakel die alarm af, die voertuig moet steeds met 'n fisiese sleutel aangeskakel word, maar dit neem net 'n minuut of so langer om te omseil.

Forced entry and key cloning is maar 'n kombinasie van bg, twee. In my vorige Ranger se geval is dit waarskynlik wat gebruik was. 

In my geval het ek 'n deeglike tegniese studie gedoen oor kriminele se modus operandi  en rondom dit die nodige veiligheids versterkings laat doen.

Punt wat ek wil maak is dat indien jou voertuig  jonger as sowat 10 jaar is hy met 'n CAN-bus toegerus is (en nee daar is geen verskil tussen die CAN-bus wat bv Toyota, Ford, Nissan Kia, ens. gebruik nie, ALMAL voldoen aan ISO 11898. Anders gestel dieselfde manier word gebruik om enige voertuig te steel, party soos Hilux, Fortuner en Ranger is bloot meer gewild en word dus ook meer gesteel). In my geval het ek seker gemaak my Ranger se alarm nie meer is waar hy oorsponklik was nie, my deurslot kan nie meer met 'n skroewedraaier oopgeforseer word nie, die OBDII poort is geskuif en basies ontoeganklik, en dan is dit ook moeilik en tydrowend gemaak om die enjin se beheerrekenaar ("ECU") te ruil met 'n ander. Ek hoor wat Toyota doen maar enigiets wat "aan alle handelaars" verskaf word is ook geneig om vinnig in kriminele elemente se hande te val. En moenie die fout maak om te dink 'n voertuig dief is onnosel nie, hulle is meestal tegnies baie gesofistikeerd....Ford het ook sg. opgraderings gedoen so 'n jaar of wat gelede toe elke Jan Rap en sy maat Fiesta's en Ecosport's kon oopbreek sonder dat die alarm afgaan - nie lank geneem voordat die opgradering omseil kon word nie! (Ford het selfs 'n plakker op die voertuie se venster geplak om aan te dui die veiligheidstelsel is opgegradeer...nie veel gehelp nie!)

Jammer vir die deurmekaar opstel, tikfoute en al, maar ek dink dis goed as ons maters bewus is van hulle sleepvoertuie se swakpunte waar dit diefstal aanbetref! Gaan nou soek vir 'n Faraday sakkielaughdis die een ding wat ek nie het nie, die ander areas soos deur Toyota gelys is reeds 4 jaar terug aangespreek op my huidige Ranger...

Geseënde Kersfees!

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/12/2022 - 10:49

Môre Grootwind

Dankie vir hierdie info. Help nou gou;

My goedkoop Hilux [ 2.4GDS], maw, nie die Legend reeks nie, het nog 'n sleutel vir aanskakel, en 'n "remote" vir oop en toesluit. Is myne ook kwesbaar met die elektroniese sein onderskepping. Of geld dit net vir die sleutellose modelle.

In kort, moet ek my remote ook  in 'n Faraday sakkie dra en stoor. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/12/2022 - 12:20

Middag vriende

Ek kom nounet van Toyota af, wou die Faradaysakkie gaan koop. Volgens Toyota se personeel het ek dit nie nodig nie. 

Die Hilux Raiders, wat nie die "start/stop" knop funksie het nie, het nie die sakkie nodig nie. Ons moet net sekermaak dat die bakkie wel gesluit het. Ons "remotes" gee nie heeltyd die 'n sein uit nie. 

Volgens Toyota moet ons maar 'n dik ketting koop, en bakkies aan 'n paal vasketting, of 'n Pittbull in die kajuit laat waghou.laugh 

Irene

Grootwind

Wed, 21/12/2022 - 14:58

Heeltemal reg Wessel, so ook my Ranger, nuwes nou heeltemal sleutelloos verstaan ek (slegte idee in 'n land soos SA). Interressant, my vrou se 14 jaar oue Suzuki SX4 is sleutelloos en het sekerlik 'n Faraday sakkie nodig, behalwe dat so 'n ou voertuig nie hoog op die diefstal lys is nie, altans ek hoop so! Terloops ek het erens ook gelees dat Toyota aanbeveel dat diegene wie se voertuie nie deel is van die opgradering wel eerder 'n Faraday sakkie koop? Ek vertrou deesdae min van die mense by 'n agentskap, baie van hulle weet ook nie regtig nie...My plaaslike Ford agentskap is steeds vol vetroue dat dit baie moeilik is om 'n Ranger te steel - "I beg to differ"! In alle geval dit bly steeds verspot maklik om ook jou Grompie te steel. Neem maar voorsorg, verkieslik iets wat nie algemeen in die handel is nie. Wat 'n Pitbul aanbetref sal die ding dalk jou sitplekke bemors...dalk beter om 'n mak mamba aan te skaflaugh

Terloops as jy een of ander tyd in Centurion omgewing is laat my weet dan koop ek vir jou 'n koffie by die Irene melkplaas, dan wys ek jou wat ek gedoen het.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/12/2022 - 15:29

Middag Grootwind

Dankie vir die uitnodiging, so iets mag dalk net gebeur as ek woonwaens soek/besoek.

Met 'n mak mamba sal dit die baas wees wat die sitplekke gaan bevuil.laugh

Worcester

Wildehont

Wed, 21/12/2022 - 21:55

So het my oupa altyd gesê. Dieselfde is waar van alle ander sekuriteit maatreels. Ek dink die nuwer Fords kan jy aansluit van jou slimfoon af met ‘n toepassing  nog voor jy by die voertuig kom. Seker ‘n goeie plan in ‘n land soos Kanada. 
 

Gelukkig is my drie voertuie onderskeidelik 15, 14 en 11 jaar oud. Die oudste (die RAV) skakel wel met ‘n knoppie aan en het dieselfde diesel enjin as die Quantum so is seker ‘n moontlike teiken vir diefstal. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus