6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/07/2026 - 08:50

Baie dankie, Geert. Ek het die 4e en 5e van Pretoriuskop uitgeruil gekry vir Satara op grond van jou plasing hier bo. Die 6e steeds Pretoriuskop. Wanneer ons eers daar is kan dit moontlik weer verander. Intussen is ek baie bly vir 2 aande in Satara.

Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 10:05

Dis n lekker trip Rona, net jammer ons gaan julle netnet miskamp....andersins gehoop op n ontmoeting by n lekker plek soos Tshokwane....maar miskien n ander dag. 

Ek dink dis n lekker trip vanaf Satara na Pretoriuskop.  Ons het Maart vir een aand oorgebly in Pretoriuskop en het dit baie geniet....lekker rustige kamp gewees so buite seisoen. En dan is die Wimpy vir ons n groooot trekpleister gewees vir n lekker ontbyt.

Geniet die voorbereidings

Pretoria

Geert

Wed, 07/10/2026 - 18:45

Ek lees dat Wimpy sy deure gesluit het by Pretoriuskop. Blykbaar kontrak wat verstreke is. Oms kom oor die algemeen nie sommer daar nie, maar het wel gedurende Maart heerlik daar ge-eet. Ons geniet hul burgers en ontbyte. Wat lekker was van Wimpy was hul lekker ontbyt teen billike pryse. Wonder wie nou die tender gekry het....hoop net nie die maatskappy wat in Letaba, Olifants kamp en BergenDal is nie....hulle doen dit nie vir my nie.

Sover ek weet was Mug en Bean se kontrak ook laasjaar verstreke en het n jaar ekstra gekry....wonder of daar ook n skuif gaan wees

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 08/10/2026 - 14:54

Ons maak baie selde gebruik daarvan - enigste is piekniekplekke soos Tshokwane en Nkuhlu. Miskien tel Afsaal met sy groen melkskommels ook. Ek kan wel verstaan dat heelwat mense van die restaurante gebruik maak (om verskeie redes). So hoop ek dan vir Pretoriuskop se gaste dat 'n nuwe goeie restaurant gou weer daar sal oopmaak.

Terloops, ons vind Afsaal deesdae totaal 'oorbevolk'. Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar? Verder aan op die teerpad na Skukuza gaan naderhand nie meer plek oorlaat vir wildbesigtiging nie. Dink dit is onprakties vir SANParke om sulke piekniekplekke op grondpad roetes te bou a.g.v die moontlikheid dat die paaie kan verspoel. Oplossing? Weet nie. .

Pretoria

Geert

Thu, 08/10/2026 - 15:22

Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar?Bd

As ek so na lugfoto kyk van Berg-en-Dal se piekniek plek, lyk dit baie aangenaam. Lyk of alles nog staan en omheining in plek

Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/10/2026 - 15:58

Ons ondersteun gladnie restaurante in Kruger nie. 

Ons hou egter daarvan om iets te kry by die piekniek plekke, veral Nkulu en Tshokwane. Die afgelope paar kere het ons Afsaal egter BAIE besig en vol gevind. Al wat 'n toeriste trokkie is, kom saal daar af rondom ontbyt tyd. Veral met 'n woonwa aan, is parkering nogal 'n probleem by Afsaal.

Aangesien ons in Tsendze kampeer, stop ons nooit by Mooiplaas nie. Ek kan deur die hekkie loop tot daar, mag mens??? Sal vir Rodger moet vra😉 

Tot gesiggie gevind en aan geplak. Nou weet ek die "Edit" werk ook

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 08/10/2026 - 17:33

siende dat meeste lede vandag winkels toe is om vleis aan te vul.

Lank gelede (seker 25 of meer jaar gelede) het ons nog wel SANParke se eie restaurante, veral in Skukuza en Satara ondersteun met aandetes.. Ek onthou 'n vol spyskaart met die heerlikste geregte. Soms was daar wildsvleis as hoofgereg, dan het ons verby gehou - mŏre moet ek sy maters in die oē kyk. Een aand het dit baie gereēn en braai was nie moontlik nie. Vlakvarkboud met appelsous was die hoofdis. Dit was onvergeetlik lekker. Nadat SANParke se eie gesluit is het dit vir my platgeval vir 'n paar jaar en was nie meer 'n uitstappie waarna ons uitgesien het nie. Cattle Baron nog 'n keer of wat besoek, maar vir daardie ervaring kan ek eerder dorp toe gaan. Dit is nie meer eie aan die wildtuin nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus