Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -2 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -2 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -10 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -11 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Swaar Sand - en 'n Slepie Agterna

Kaapstad
Submitted by Rusty on
Forums

Toe ek nog mooi, jonk en onskuldig was, kon ons bestuur.  Ek het gery met 2WD sedans waar 'n paar manne nie met Kroezers wou deur nie.  Dis maklik.

Ten eerste beland mens nie jouself in dinge nie. Tussen die ore is daar iets bruikbaar. Gebruik dit.

Ten tweede, was 4x4's net so algemeen soos vlieënde pierings en Marsmannetjies. Voor 1970 het ek net Oom Jannie Symington en Sir Div geken, wie LR6 SW's besit het. Tenseaters. Oom Lewies het 'n 4 silinder 90 gatstamper gehad.  Van Alldays tot Agulhas was dit die somtotaal 4x4's wat ek geken het. 

In die vroeë 1970s het Oom Giepie sy Dodge 100 ingeruil op 'n Landcruiser, die een met die 3.8 Husky enjin.

Maar ons het gewoonlik Gruis toe gery neffens die blink streep, met die 404, die 66 Rekord en met die Audi het ons gaan mossels jive op Die Plaat. 

Alles 2WD, geen diff locks, lift kits, MT bande of traction control nie.  Net common sense.

My resep:. Afblaas na 0.8 bar voor, 1.1 agter, derde rat en Mexican speedocruise.  Jy verstaan daai ene....??  Die vyftienduimwiele het hoëprofielbande opgehad en kon dus lekker afblaas. 

Maar deesdae smeer mense net 'n lagie bitumen oor 'n 22 duim wiel, so hoe verlaag jy die druk by die gebrek aan bandprofiel? 

Dink aan daai 20km swaar sand in die Namakwapark; daar is twee sulkes.  Jy moet daar deur, maar hoe maak jy met 'n Sorento of 'n Q5 of X7 daar?

Hoe sleep mens in swaar sand?  Nog nooit eens daaraan gedink nie. 

 

Irene

Grootwind

Thu, 13/04/2023 - 15:23

Probeer 'n Helicoil, die ding is wonderlik om gestripte skroefdrade reg te sien! Anton jy weet duidelik hoe om die goed te gebruik, die dat jy so vinnig weer terug islaugh LMGA!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/04/2023 - 15:36

Rusty is klaarblyklik nou nie nie meer hier om my vraag te beantwoord nie. Kan iemand anders dalk? Wat is 'n Mexican speedocruise? Waarna verwys dit?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 17:01

Middag Chris B

Hy het dit erens beskryf toe hy oor die MB240d geskryf het.

Dit kom basies daarop neer dat jy die pedaal vastrap op die vloer, en soos die topografie verander, verander jou spoed ooreenkomstig. Net jammer dit was nie spoedbordjies sensitief nie, want hy beweer dat hy spoedkaartjies met daai 240d gekry het. 

Iets in daai voege.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 13/04/2023 - 18:05

Wonder of die 240d populer in Mexico was? Sou maar n slegte "get away" kar gewees het vir die kartel. Maar dit is my opinie, sonder enige fisika agtergrond, so ignoreer die stelling.

Dalk het die polisie die 404 Peugeots gery, en dan jaag hulle vir die kartel manne  in die woestyn rond totdat die een wat langste aanhou wen, en die Merc kan amper vir ewig loop, en het altyd gewen. Daarna het die manne gaan visvang en mossels gesoek. Van hulle ou pelle het met die Rolls opgedaag, die jongeres het met die Audi gekom.

Die is my opsomming van die gesprek.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 13/04/2023 - 20:12

...............week se gesprekke gewonder of daar onder ons ou klompie geselsers dalk 'n sielkundige is wat miskien vir ons gewone mense die trant van sommige gesprekke kon ontleed.  Dit sou interessante leesstof gewees het.

Ek luister in die week na 'n radiogesprek met twee sielkundiges oor die uitwerking van beurtkrag op 'n mens se gemoedstoestand.  In kort kom dit daarop neer dat hulle navorsing toon dat die voortdurende gespook in verkeer sonder werkende verkeersligte , kosmaak, gereedmaak vir werk/skool, WiFi/selfoon/rekenaar-onderbrekings, hysbakke wat nie werk nie, kleiner winkels wat moet sluit ens. die oorsaak is dat mense kort van draad is, ongeduldig, aggressief en sommer onbeskof raak.  Klagtes van alles en nog wat neem toe en mense is oor die algemeen net ongelukkig.

Nogal iets om oor na te dink.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus