Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Vat jy spaarsleutels saam?

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek het nooit nie, maar het op hierdie toer Kruger wildtuin toe waarmee ons gister begin het, die Prado se spaarsleutel saamgebring, en hou dit in die wa. Deesdae se sleutels het batterye in wat een of ander tyd pap word of foutief kan raak - soos die sleutel se elektroniese binnegoed.

Dit kan ‘n duur speletjie raak as jy iemand na bv Shingwedzi of Kgalagadi moet laat kom met ‘n nuwe sleutel. Die agente haal ook nie net ‘n nuwe sleutel van die rak af nie, en daar is ‘n beperkte aantal locksmiths wat geregisteer is en die toerusting het om spaarsleutels wat ingeboude afstandbeheer het te maak. 

Vaalpark

Johann L

Fri, 30/06/2023 - 06:41

Chris nee ek vat nie die spaarsleutels saam nie, maar het die gewoonte om elke jaar al drie voertuie se sleutels om te ruil.

Die rede is: sou jy 'n sleutel te lank laat lê, kan dit die kode verloor en dit op sigself is reeds 'n duur storie om dit te laat "reset". So is ek deur Kia Motors aan beveel toe ek my kar gekoop het, en het destyds die gewoonte aan geleer.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/06/2023 - 06:52

Môre vriende

Die gesprek het my nou laat dink;

1] vir 'n rede het ek 'n volle stel sleutels vir al die woonwa verwante slotte en knippe in Grompie.

2] Ek ry nie spaar sleutels vir Grompie saam nie. Ek het die 1ste seker gemaak dat die gewone sleutelaksie Grompie kan oopsluit en aanskakel, sonder enige  "remote" ingryping.

3] Johann se inset oor kode verloor, is belangrik. Ek het nog nooit daaraan gedink nie. Die vraag is, gaan dit oor die battery in die "remote", of oor die gebruik van die sleutel en sy remote??

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 30/06/2023 - 07:33

Jurg se spaar sleutel hang aan die Cruiser se ringetjie. Cruiser se spaar sleutel in Von se handsak. Is useless by die huis in die kluis.

Het onlangs een van die Toyota se remotes moes vervang. Slegs agente, maw Toyota handelaar, het dit bestel, met my regestrasie dokument afdruk. 

By die Prado moes ek n spaar sleutel laat maak. Blank by Toyota gekry. Locksmith het gesny en dit toe grprogrsmme. Dit word gedoen met sleutel in slot, kar aan gesluit en dan word deure oop en toe gemaak, aan en af gesit in ń spesifieke volgorde . Die werktuigkundige sit met boek instruksies waneer hy dit doen. Ek dink dit was so R3500.00  totaal vir sleutel.

Batterye ruil ek jaarliks by juwelier, hulle het beter as die Chinese batterye, en gee n jaar waarborg. Of dit nou sal help as jy in die wildtuin is en die spaar sleutel is in die kluis by die huis.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 30/06/2023 - 08:55

Ons neem ook spaar sleutels..,......................................................saam op enige toer. Beide woonwa en voertuig sin.

Het ook die gewoonte aangeleer met my oorsee/buurlande reise en doen dit ook op elke binnelandse toer om gesertifiseerde afskrifte van ons dokumente saam te neem. Het so 'n spesiale leër daarvoor. 

 

 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 30/06/2023 - 09:56

Ja, ons vat n' stel vir die kar en vir all die slotte op die woonwa en spaar batterye vir die kar se sleutel/s.

Die kar syn is in die woonwa en die woonwa syn is in die kar.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 30/06/2023 - 10:10

  • Wanneer ons sleep, is die Pathfinder se duplikaatsleutels in die Exclusive en die Exclusive se duplikaatsleutels in die Pathfinder se paneelkassie.
  • Wanneer ons langpad reis sonder om te sleep, is die voertuig waarmee ons reis se duplikaatsleutel in Annatjie se handsak
  • Ek ruil ook die voertuie se gebruik-sleutels en die duplikaatsleutels gereeld om
0
Vaalpark

Johann L

Fri, 30/06/2023 - 10:13

Om eerder die spaar sleutels saam te ry, kan 'n goeie gewoonte wees. "Call out fees" plus om en by R4000.00 vir sleutel wat by die huis lê gaan 'n groot onnodige uitgawe wees wat paar kampe kon uit werk.

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 30/06/2023 - 10:31

Ek maak presies soos oom Len. Ek is vertel dat die ruil van die sleutels belangrik is agv slytasie op die sleutelsen binnekant van slot.

Ek dra ook nie te veel sleutels aan die bossie nie net die absolute nodige want hoe meer sleutels hoe meer gewig en hoe meer slytasie.

Het al gesien dat `n spaarsleutel nie die voertuig kon aanskakel nie agv die verskil in  slytasie tussen slot en sleutel.

 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 04/07/2023 - 09:13

My Mahindra se spaar sleutel is nie 'n elektroniese een nie.   Net 'n gewone sleutel wat die kar kan oopsluit en aanskakel maar sonder remote ens.    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus