Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Geen probleem Groot G. Jy…
Geen probleem Groot G. Jy kla darem nie oor die skeidsregter nie.
Jy het my nog nie gehoor nie.
Ek voel party keer of ek my lyf Piet van Zyl moet hou, maar ek is bang ek mis ook die duikslag
Tellings raai
Kom ons kyk wie kan die twee kwarteind wedstryde wat eintlik halfeind wedstryde moes wees se tellings reg raai. Dis moeilik om te doen voor mens weet hoe ons span gaan lyk, maar hier is my poging:
Ierland 16 - Nieu-Seeland 14
Suid-Afrika 19 - Frankryk 15
Laphoed telling
My skatting geaseer op, voorgevoel![]()
Ierland 13 All blacks 19
Boerbokke 13 Franse 25
Welkom terug Wildehond? …
Welkom terug Wildehond?
Die gesprekslyn raak nou te vol politiek.
Springbok rugby word beheer deur politiek en politieke besluite. Tip van die dag----As jy wil wegkom van dit moet jy 'n ander span ondersteun as jy vrede vir jou siel wil hê. Ek sal eers vergeet van die woord Protea.
Nie een span moet onderskat word nie. Mag goeie en opwindende rugby met 30 spelers op die veld wen. Hopelik geen geel of rooi kaarte beslissings nie. Hopelik kla niemand oor skeidsregters na die game nie want jy kan nie die scoreboard verander nie.
Ierland As ek 'n plumpie mag uitdeel sal dit vir Ierland wees. Hulle dissipline en spel is die beste wat ek in die laaste 4 jaar gesien het. As daar moontlike konflik is tel die Iere net hulle hande op en probeer wegstap. 10 uit 10 vir dit. Selfdissipline wen games. As Ierland wen ewenaar hulle die All Blacks se 18 x onoorwane lopie.
Franse. Hulle is te wisselvallig. As hulle goed begin speel hulle vir 80min voluit. As hulle swak begin gee hulle vinnig moed op. Dis waar die Bokke hulle kan trap.
Springbokke Met die regte spankeuse kan hulle maklik wen. Kry eers 'n skopper en kies dan die ander 14 man. Die gees is goed en hulle kan goeie rugby speel. Probeer die game vinnig hou en kyk na julle dissipline.
All Blacks. Hopelik het hulle wakker geskrik na die Franse game. Tans spog hulle met die meeste punte drie (38), meeste punte (253) , meeste doelskoppe (30) in die WB. Is dit genoeg? Ek dink nie so nie. Ek as ondersteuners staan by my span en wens hulle sterkte toe.
My skatting op emosie, gevoel en kennis.
All Blacks 32 Ierland 17
Springbokke 26 Franse 17
Derogatory
Oom Wessel. Vir wat moet jy die geliefde span van 99% Suid Afrikaners "boerbokke" staan en noem... en vir hulle n verloorpunt voorspel ?? Hel nee, nou kamp ek nie weer saam jou nie.![]()
Elk geval my gevoel is geen weghardloop oorwinnings enige kant toe nie. 20 -16 vir die bokke en 21- 20 vir Ierland
Derogatory
Oom Wessel. My device het mal geraak. Nou wil dit net dubbels plaas. Seker ontsteld.
Herman...
...ai man, ek het nog altyd gehoop ons kan weer saam staan om 'n vuur en onder die Santamsambreel. Nou het rugby, en my draakstekery 'n stokkie daarvoor gesteek.
Onthou, as ek plat lê, met my hoedjie oor my oge, sien ek net sovêr, en net soveel bollie raak as vorige sieners van weleer.![]()
Skerp oom Wessel. Sonder 'n…
Skerp oom Wessel.
Sonder 'n beentrekkery is die ou forum maar 'n droee plekkie.
'n Jagter soos ek kan ook net soveel keer kyk na 'n ou bokkie deur 'n verkyker. Daarna moet jy deur 'n geweerteleskoop kyk na hom.
Dis goed om soms iemand op sy toonnaals te laat hardloop.![]()
Herman...
Neef, wat se vreeslike Oxbridge taal besig jy hier op 'n oorwegend boere forum?? Ek moes nou eers dubbeld seker gaan maak oor die betekenis van daai woord.
Jy sal mos dat ek oorslaan na my beste Royal queen's language, of dan 'n meer verstaanbare "slang" begin gebruik. Die nadeel is, met beide sal ek die woordeboek moet byderhand hou, anders kry ons vriend Len, weer 'n oorval van moerse proporsies.
Moenie worry nie Wessel. Ons…
Moenie worry nie Wessel. Ons sal tjomme bly. Jou voorspellings blyk net vreemd vir ń laphoedjie omie wat hou van boerbeskuit en Springbok biltong.
Skuus vir die Engels. Net sommige woorde ontbreek in my moedertaalonderig. Hier in die Kaap doen ek meestal besigheid in Engels, wel die geskryfde dele.
Neef Herman
Kan tegniese besigheid, dokumentasie en spesifikasies dan neerhalend wees?? Moontlik onderskat ek jou vele talente.
Terug na my telling voorspellings, dalk is ek net realisties![]()
2 Nasies.
Shit Wessel. Waar is jy nou ??? Kom asb aarde toe en moet nie hierdie stoere SA rugbyondersteuner se intellek ootskat nie. Dood gewoon, pap, skilpadjies en brannewyn mens. Dat jy wragtig glo die ....blacks gaan die Iere n moerse pak gee...
In sport is daar 2 nasies wat die man nie ondersteun nie. Vat n raai.
Herman...
... "waar is jy nou"?, waarna ek verwys het, is jou stelling " doen ek besigheid in engels" .
Moenie uitwei nie, volgens die land se president mag dinge wat nasionale sekuriteit en grotte raak, verswyg word.![]()
Ek wil nie die kans om weer saam te kamp, skillies te braai, en mampoer te teug totaal opmors nie. Ek beplan mos juis om volgende jaar daar neffens jou tuiste te kom kamp/draai.
Dobbelspel
Ek hou nie van dobbel nie, maar skynbaar gee Rassie nie om nie. Die dobbelspel om met Libbok te begin kan vrugte afwerp om ‘n drie of twee te druk voor halftyd, of dit kan ons drie punte kos wat die verskil tussen huis toe gaan en teen die Engelse speel volgende naweek beteken. Ek hoop dis eersgenoemde en ek is bly ek is nie die Springbokafrigter nie.
Lees saam...
...ek gaan net saamlees en myself op die draad balanseer.
Ek gaan darem die 2 wedstryde kyk, mits my TV en kodeerder instaat is om dit op te vang.
naweek inkopies
Julle ouens is seker besig met aankope vie naweek se rugby. Dis nou drinkgoete, biltong, droëwors vir voor die TV.
Onthou tog die boks sneesdoekies ook, net dalk het julle dit nodig![]()
Sorry Ireland, nou moet…
Sorry Ireland, nou moet julle weer 4 jaar wag en weer probeer. Sorry né. ![]()
Geluk oom kromstert met jou span..





Te veel politiek
Die gesprekslyn raak nou te vol politiek. Mag die beste spanne wen die komende naweek en die res van die toernooi. Geniet julle rugby, skree vir wie julle wil of kyk krieket as julle nie van rugby hou nie. Daar is darem ook ‘n wereldbeker aan die gang en die Proteas het verskeie rekords opgestel in hulle eerste wedstryd sonder die springbok wat al baie jare gelede verwyder is van hulle truie af.