Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Prins Albert & Gamkaskloof (Die Hel)

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop gaan ons vanaf 13 Nov, saam met vriende, vir 3 aande Prins Albert toe (Ralie se grootword-dorp). Dié vriende van ons was nog nooit in Gamkaskloof nie. Afgesien van die feit dat ek jare gelede met 'n Ford Estcort (my eie - nie 'n Avis voertuig nie) daarnatoe is om te gaan werk, het ons sedertdien by drie geleenthede ander vriende en ons kinders na die kloof geneem. Na die laaste keer het ek eintlik besluit - nie weer nie. Maar na etlike jare het ek tog weer 'n behoefte om daar in die Swartberge te gaan rondry. Ons het tydens ons voorlaaste besoek aan Gamkaskloof 'n totaal van 18 klipspringers gesien.

Ons bly oor in 'n Lekkeslaap selfsorgplek en beplan om die een dag net vir 'n dagbesoek kloof toe te gaan en om die ander voldag sommer net in Prins Albert "rond te hang". 

Synde ons so lanklaas N1-langs Karoo toe gery het, is die voorlopige beplanning om weer by ons tradisionele "brunch-stop" 'n lekker brekkie te geniet - Veldskoen Padstal in die Hexvallei. En een van die aande in Prins Albert sal Karoo Kombuis se spyskaart beproef word. Andersins sal daar sekerlik Karoo lamstjops en boerewors van Das Olivier op die kole sneuwel. Das is die plaaslike slaghuis-eienaar en 'n destydse klasmaat van Ralie. Behalwe vir die dagtrippie Gamkaskloof toe, waartydens padkos saamgeneem sal word, sal ons ook die Swartberg Hotel se deli se lamspasteie gaan nuttig. 

Waarskynlik sal ons via Meiringspoort en die Klein Karoo terugkeer.

Synde kampering tans aan die agterspeen suig in die Boucher-huishouding, sien ek uiteraard baie uit na dié kort wegbreek.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 17/10/2023 - 10:10

Vriend daar noem eendag, " Ek glo dat Prins Albert  meer oorslapplekke het as George. "  Natuurlik het hy vergroot, maar daar is werklik baie. Ongelukkig word die koekie net dunner gesny vir almal.

Jare gelede, toe ons nog jonk was. Het ek en Von gereeld oorgebly in "Rosies" Was dit die eerste b/b daar? Kan jy dit onthou Chris. So op die rand van die dorp gesit, selfde straat as Lucas, sy van nou vergeet. Martins of so iets.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/10/2023 - 10:28

... is dit nie die Lucas wat die "thatching" besigheid gehad het nie? Hy't in sy groot erf 'n paar rondawels o.a. gehad.

Rosie's is naby my skoonmense se eertydse dorpshuis.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 17/10/2023 - 10:39

Net so Chris. Sy naam is Jason Lucas en behalwe die thatching maak hy ook Parma ham. Ek wou op n stadium aan hom  hamme lewer van my organiese varke. Toe lig hy my in dat die Parma ham n groot gedeelte van hul dieet akkers is, en sy ham hom als van ń Stellenbosch boer af. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/10/2023 - 11:09

... ek het hom jare gelede by 'n troue van een van Ralie se skoolmaats op Prins Albert ontmoet.

0
Pretoria

Geert

Mon, 23/10/2023 - 10:32

Ons het in die boskamp by "Die Hel" bespreek vir Desember. Dit bestaan uit 4x 2-bed eenhede met n gemeenskaplike ablusie en kombuis kuierplek in die middel. Ons is net 3x persone....ons het gedink ons gaan die area deel met ander besoekers, maar hulle sê hulle boek net 1x groep vir die hele area.....nogal mors van plek vir n Desember, want ons is nou daar met 3x, waar hulle 8x kan akkomodeer. 

Dis hoe die 2bed eenhede lyk

Dis hoe gemeenskaplike area in middel lyk....kombuis en eetplek. Eintlik seker nie gemeenskaplik nie omdat net ons daar geboek is 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/10/2023 - 10:36

Môre Geert

Is julle bereid om te deel??? Indien wel, dalk is daar naby forumlede wat sal belangstel.

Dalk moet jy julle bespreekte datums hier plaas, net dalk sleep jy maters saam Hel toelaughdevil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus