Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

One Drive Memories

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.

Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.

Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Shingwedzi

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".

Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Shingwedzi

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Mopani

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 15:55

As ek so na die Berg en Dal video kyk wonder of ek nie maar van volgende jaar maar in die warmer maande KNP toe moet gaan nie

 ... dit is hoeka die tyd wat die mooi Duitse anties baie warm kry en hulle boonste stukkies klere laat waai. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 26/02/2024 - 16:25

dit is hoeka die tyd wat die mooi Duitse anties baie warm kry en hulle boonste stukkies klere laat waai. 

Sal draad dophou vir deel van daai memory.... 🤣😀😅 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/02/2024 - 17:22

... nee, daai "memory" is ongelukkig net in die kop vasgelê. Daardie dae toe ek dít laas gesien het (was dit 1999 of 2000?) het ek nog nie oor 'n digitale kamera beskik nie. Sooo jammer! Dit was mooi om te sien.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 26/02/2024 - 20:00

Een keer op ‘n toer in Chobe sien ons die laaste dag ‘n luiperd in ‘n dooie boom. ‘n Amerikaanse tienermeisie in my groep vra na ‘n ruk haar jonger boetie waarom hy nie foto’s neem nie. Sy antwoord sal my altyd bybly; “I’m taking pictures with my mind”.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 26/02/2024 - 20:23

Ek lees gereeld hier, maar is maar stil want dit gaan klink of ek vas haaklaugh

Die terein wat op jou video can Buffelspoort is, lyk nogal of dit A blok kan wees?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 28/02/2024 - 15:12

Ek het gedink dat ek geen foto's of videos op 27 Februarie in die verlede geneem het nie, omdat ek gister niks van One Drive Memories ontvang het nie. Maar toe sien ek net-nou ek het wel 'n herinnering gister ontvang - wat ek misgekyk het op my e-pos.

Ons het in 2018, toe ons van Buffelspoort af ry, by Lilydale in Mokala Nasionale Park oornag. Ons het nog meerendeels by Mosu Lodge oorgebly, maar het besluit om Lilydale 'n "go" te gee. Dit was netjies, maar Mosu sal altyd my eerste keuse bly (synde ek nie met my "Ou Lady" by Motswedi kan gaan kamp nie). Ek plaas 'n foto of twee van ons wooneenheid by Lilydale asook 'n kort video clip.

Lilydale

Lilydale

Lilydale

 

 

 

video
0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 28/02/2024 - 15:22

Ek het ook die volgende heriineringe gister ontvang, maar ek kan glad nie onthou waarnatoe ons 27 Feb 2016 op pad was nie. Ons het egter by een van ons gunsteling oornagplekke (wanneer ons nie karavaan sleep nie) oornag, naamlik Travalia by Drie Susters. Die eienaars het 'n Wire-haired Terrier, ene Bubbles, gehad. Om een of ander rede het dié hond 'n groot liefde vir Ralie gekry. Vandat ons daar aankom totdat ons vertrek was hy soos 'n stertjie agter haar aan - keer op keer. Die dag toe ons verneem dat Bubbles dood is, het Ralie 'n hele paar trane gestort. Ons mis hom nou nog elke keer as ons daar oorbly.

Hy't homself die reg toegeëien om styf langs Ralie te kom lê. En mag ek mag nie gedurf waag het om hom daar te verjaag of selfs net aan my vrou te raak nie.

Bubbles

Bubbles

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/02/2024 - 16:01

Chris ek moet jou komplimenteer met jou videos, dit is maklik om te volg sonder om seesiek te raak. Het al videos gesien waar die ouens so vinnig rond ruk, lyk of hulle getrek islaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 28/02/2024 - 17:47

... dit is slegs wyn uit die Breederiviervallei wat daarvoor help. Veral BC en Aan De Doorns.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/03/2024 - 11:11

... so laat weet One Drive my, het ek saam met my internasionale kollegas die geleentheid gehad om op die mees oostelike Kanariese Eiland, Lanzarote, te gaan kameel ry. Ek moet sê dat ek inderwaarheid die arme diere eintlik jammer gekry het. Om 'n dubbele metaalsaal te dra met twee mense (een weerskant), moet maar swaar werk wees. Dan is die kamele nog geniepsig ook en neig om hulle passasiers te byt - ek sou ook as ek 'n kameel was. Gevolglik het elkeen 'n kontrepsie om die bek om te verhoed dat hulle hul geniepsigheid uithaal.

Lanzarote

Lanzarote is 'n vulkaniese eiland. Die laaste uitbarsting was 'n volle 200 jaar gelede in 1824, maar die een vulkaan, maar die Timanfaya vulkaan is steeds aktief met temperature van tussen 100° tot 600° C so vlak as 13 meter onder die oppervlak. Ons het by 'n unieke restaurant gaan eet wat bo-op die vulkaniese rots gebou is met vulkaniese steen. Sien die formasie van die bousteen waarmee gebou is.

Lanzarote

Die kos word gaargemaak op 'n natuurlike oond wat sy hitte kry vanaf die ondergrondse hittebron. (Verskoon - die rooster met hoendersosaties is uit fokus).

Lanzarote

Die hele omgewing is 'n absolute "maanlandskap" met bykans geen plantegroei nie.

Lanzarote

Maar tog produseer Lanzarote uitstekende wyne. Klaarblyklik is die "grond" nogal vrugbaar en wingerd groei redelik goed. Maar uitermatig sterk winde kan soms verwoesting saai en daarom word die wingerdstokke met skermmuurtjies afgeskerm. 

Lanzarote

Lanzarote

Lanzarote

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/03/2024 - 11:47

....se doel?? Sjoe dit lyk maar 'n bar aarde, ek sou nie kon dink dat wingerd daar sal aard nie. Waar kom die water vandaan, ondergronds??

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/03/2024 - 13:11

... glad nie onthou waar hulle besproeiingswater vandaan kry nie. Ek kan onthou dat die hotel se waterbron was ontsoute seewater. Ons is gewaarsku om nie die kraanwater te drink nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 06/03/2024 - 10:39

Gedurende Maart 2010 het ek 'n simposium van die Graanhanterings-organisasie van Suider-Afrika by die Wilderness Hotel bygewoon. Ek en Ralie besluit toe om die opvolgende naweek, met 'n ekstra dag of twee, by Ebb & Flow deur te bring. Dit was ons eerste besoek aan hierdie pragtige ruskamp van Sanparke. Hierdie plek het dadelik onder ons vel ingekruip. Hier onder volg 'n paar foto's waaraan One Drive Memories my weer vandag herinner het.

Dit was ons eerste keer in een van die Log Cabins. Verskeie verdere kuiers in hierdie lieflike wooneenhede en kampe sou volg.

Ebb & Flow

Hierdie was ons uitsig oor die kampeerterrein (wat redelik leeg was) vanaf ons blyplek.

Ebb & Flow

Jy kan kano's huur om op die Touwrivier te gaan roei. Ons het dit gedoen en die natuurlike woudomgewing weerskante van die rivier terdeë geniet.

Ebb & Flow

Jy kan tot op 'n bepaalde plek roei waar jy jou kano laat en dan met 'n klein pont jouself oor die rivier moet trek om aan die oorkant by die begin van die wandelpad na die waterval te kom.

Ebb & Flow

Die uitsig oor Ebb & Flow bo van Hoekwil se kant af. Daardie houtgeboutjie met die groen dak aan die oorkant van die rivier is waar jy die kano's kan huur.

Ebb & Flow

Die ou groot geelhoutboom tussen Hoekwil en George is nogal 'n besoek werd.

Ebb & Flow

En die ou boom ís groot.

Ebb & Flow

Die mooi van hierdie oord het ons al keer op keer terug gelok.

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Op hierdie datum in 2012 het ek die African Seed Trade Association se jaarlikse kongres op die eiland Zanzibar bygewoon. Ek het ongelukkig nie die geleentheid gehad om Zanzibar as vakansiebestemming te ervaar nie en beswaarlik die geleentheid gehad om foto's te neem.

Op die laaste dag het ek by hierdie opelug-restaurant van die hotel gesit om die tyd te verwyl totdat my vlug sou vertrek. Die plaaslike bevolking maak nog baie gebruik van "dhow boats" op die see. Toe een van hulle daar verbyvaar, terwyl ek daar sit en wag vir my vlugtyd, lyk dit asof ek 'n prentjie-mooie foto kan neem met die kokos-palms in die voorgrond. Maar daar glip my voet op die treetjies en ek val my knie in sy moer. Dit was die ongemaklikste (en pynlikste) vlug wat ek ooit in my lewe onderneem het toe ek via Dar-es-Salaam moes terugvlieg Suid-Afrika toe. Ek het my binne-in die hospitaal geval vir 'n knie-prosedure. Op die ou end was my herinnering van Zanzibar nie baie goed nie.

Zanzibar

0
Worcester

Wildehont

Wed, 06/03/2024 - 11:50

Die val is darem ‘n slegte manier om ‘n uitstappie af te sluit. En dit net voor die vlug terug ook nog. Aan die een kant is dit gelukkig. Ek was al ses keer op Zanzibar, en ek weet darem nie of ek graag mediese hulp daar wil kry nie. Dit laat mens besef waarom jy reisversekering moet uitneem as jy buite SA reis. So iets gebeur so maklik, en dan sit jy met jou vinger waar jy dit nie wil hê nie as jy nie reis versekering het nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 06/03/2024 - 13:36

Daar het 'n tipe steek vlieg of iets my by daai boom verlede jaar gesteek. Flip, dit was baie seer en het gebloei. Ek moes salf gekry het en die ding het 'n roof gemaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 06/03/2024 - 14:48

Geert, het ek dit nou reg???laugh

Dit is wraggies 'n netjiese plek. Dit is darem natuurskoon gewys mooi daar. Tesame met die Sanparke tarief behoort dit meer aantreklik te wees as Dwarswegstrand of enige strandoord teen die see.  

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/03/2024 - 16:05

Ons wou gaan roei het toe ons Januarie daar was, maar teen R450 per uur per persoon het ons liewer besluit om op die motorboot te ry wat R250 kos vir 1.5 uur. Ek het geskrik wat roeibootjies deesdae kos om te huur.....ek is nog gewoond aan die R20/R30 op Margate se lagoon. 

Omdat geen petrol enjins in Noordkamp mag kom nie, skakel hulle oor na n 12v battery motor wat stil is....sodra hulle onderdeur die enkel pad brug is {Ou treinbrug}. Boot ry eers tot amper by strand en dan in die kloof in tot waar stappers met vlot oor rivier gaan 

Wessel....tussen & en F n spasie asblaughwinklaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 08/03/2024 - 09:32

17 Jaar gelede het ek die eerste van drie (wat ek teenwoordig was) Africa Seed Trade Association kongresse bygewoon. Dit was by die Victoria Valle aan die Zambië kant. Die tweede van hierdie kongresse was die een in Zanzibar, waarna ek hierbo verwys het. Die laaste een wat ek bygewoon het was in Tunisië.

Dit was die eerste keer wat ek die valle gesien het en ek was gemesmeraais met die volume water wat daar gevloei het. Ons kon nie naby aan die valle kom nie tensy jy bereid was om waternat te word van die sproei.

Victoria Valle

Victoria Valle

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus