6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 minutes ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -4 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Stem dag

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Was so 10 uur by ons stemlokaal, 50km van hier by ń amper plaas skool. Dit us nou die 3de keer wat ek daar stem, en iets wat treffend is, hoe stil dit is. Daar was niemand op dieselfde tyd as ek daar nie.

Selfs buite waar die I'd  nagegaan is, het net die DA ń gazebo! In die verlede was dit anc en eff, en t hemde uitdeel, besig...

Die ander stasies, ek het Oudshoorn om terug gery, het op die oog af ook maar stil gelyk. So ek kan amper waag om te voorspel dat die wegbly stem baie gaan wees. Weet nie hoe dit in die stede gegaan het nie.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/06/2024 - 15:13

...besluit julle wie is ingeloop met RNE se poste verdeling. Ek verneem dat DA darem die volgende gekry het;

Binnelandse sake

Basiese onderwys

Openbare werke

Kommunikasie

Bosbou.vissery omgewing

Landbou.

Dit is sekerlik nie die poste wat hulle wou hê waar hulle oor geld en ekonomie kon regeer nie.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 30/06/2024 - 16:26

As ek so van die kantlyn kan mening gee is dit so asof die klompie poste nogal probleemkinders is, wat aange- pass is. 

Die wat handel en nywerheid terug getrek is. DA sal baie meer teenstrydig met huidige Brics en ander stelling inneem,

Nou moet die DA hulle " mettle" wys, en in die volgende 5 jaar ń punt maak. Dan gaan ons weer stembus toe, en sien hoe ons volk stem.

Ek hoop dat die grondbesit kwessie regtig ń haalbare rigting inneem, dit is ń massiewe struikelblok . Lekker tameletjie vir die DA.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/06/2024 - 17:53

en vakbonde spoeg vuur oor samewerking van ANC met DA. Ek dink die vakbonde regeer die ANC.

Ek ys om te dink wat EFF, MK en ANC saam aan bewind sal aanvang. Ek lees dat Zuma gesê het, dat Ramaphosa nie hoef te bedank voor hulle kan saamwerk nie.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 30/06/2024 - 18:17

....adjunk ministerposte gaan ook DA toe, onder andere Finansies, Handel & Nywerheid, Energie, Hoër Onderwys, Water & Sanitasie.

Die belangrikste ministeriële poste wat die DA kry is Binnelandse Sake, Hoër Onderwys, Energie en Water & Sanitasie.

Ons sal maar vanaand om 9nm luister hoe die Kabinet daaruit gaan sien.

 

Pretoria

Geert

Sun, 30/06/2024 - 22:22

DA

Ook dankbaar vir Pieter Groenewald se pos by korrektiewe dienste

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/07/2024 - 08:40

....tande!!!!

ANC was baie slim, verdeel die vorige ministerie na Landbou en Grondhervormig. ANC hou grondhervorming [onteien van grond eiedom] en gee sagte deel [landbou] vir DA. 

Ai tog, om 50 minute te wag vir president is nie vir my nie. Die hele land moet wag omdat hy 'n veer voel vir die bevolking. Die nuus van posverdeling was alreeds vroeg gister beskikbaar, so waarom die vertraging?? 

Dalk is dit maar net ek wat gesteld is op stiptelikheid. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/07/2024 - 08:53

... om my te weerhou van kommentaar of sienswyses t.o.v. politiek en godsdiens. Dit al te veel kere op my ge-"backfire". Verskoon dus my toege-"zipte" bek. Maar ek lees graag wat andere oor dié onderwerpe te sê het.

Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/07/2024 - 09:04

 

Dalk is dit maar net ek wat gesteld is op stiptelikheid. 

Respek vir jou kiesers en mede Suid Afrikaners. Voel vere. 

Nou nog 'n groter pateet as minister van verdediging (let wel, sien my kleinletter) Totaal en al onbevoeg.

Die minister van gesondheid nou adjunk en vorige onbevoegde een sommer nou weer die minister. Sal kaders is oral in sleutelposte.

Soos ChrisB sê, ek moet dalk eerder ZIP. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2024 - 09:05

Wat ek van die analiste waarneem, is dat Cyril baie slim skuiwe gemaak het. Die PAC het grondhervorming, en dit is al jare lank hulle kwelpunt. So nou is dit met werkbare oplossings kom. Wessel, onthou wat Regter Zondo geantwoord het aan Eff. " Sou die konstitusie gewysig word aangaande grondbesit, beteken dit nie dat almal kan loop en gryp nie". 

Vaalpark

Johann L

Mon, 01/07/2024 - 09:06

Goed gekamofleerde kabinet, is al wat ek gaan kwyt raak. Stem saam met Chris B.

Gelukkig is politiek baie laag op my belangstelings lys, te min tyd oor om oor sulke onbenullige twak te bekommerlaugh

Kom ons kyk liewer wat sê Chris S ivm sy Fordwink

Moet egter nie dat my sien wyse 'n demper plaas op ander se insette nie, dit is net my persoonlike uit kyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2024 - 10:48

................sinvolle kommentaar te kan lewer.  Ek weet net, op die ou basis kon ons nie voortgaan nie want hopeloos teveel sake het verkeerd geloop, veral omdat die oormag van ANC-getalle sake in ANC-guns bevoordeel het.  In alle beskeidenheid (dalk domheid) gee ek die nuwe kabinet 'n kans om te sien wat gaan hier uitbroei.

Ns. Al weet ek nie veel van politiek nie, geniet ek tog om na aktualiteit-programme te kyk, te luister en te lees waar kenners hulle onderskeie opinies beredeneer.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2024 - 11:28

Nes jy sê Len. Die "wetenskap?"van politiek is vit my duister. Maar dat elke faset van my lewe deur politiekery beinvloed word, kan nie geignoreer word nie. As die beurse sleg doen agv swak regering, dan vat dit aan sakke van almal. Verswak die rand, kos brandstof meer, en inflasie maak die kosmandjie duurder.

Soos ń geleerde analis vanoggend opmerk. " van die DA ministers is heeltemal uit hul diepte met poste gekry. Bv Steenhuisen weet net mooi niks van landbou af nie. Hoop die man leer vinnig. " 

Ons sal hopelik in ń paar jaar verandering en verbetringe sien. Intussen sal dit net so voort ploeter. Die minister van elektrisiteit gaan neef sy hoedjie voor lig, die man mag maar. Dit was toe nie ń verkiesingsfoefie nie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/07/2024 - 14:15

....onthou die swaeltjie idioom!!! Het die minister dit reggekry om Eskom te "bekragtig", of is daar ander faktore ook ter sprake. Baie mense moes 'n kopskuif maak om die ligte vir solank aan te hou.

Tong in die kies, hoekom kon de Ryuiter dit nie regkry nie???

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2024 - 15:05

Wessel. De Ruyter is eerstens Kaukasies, en tweedens nie ń spanspeler nie. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/07/2024 - 13:41

Ek wonder wat hou die uitslag van Engelse verkiesing vir hulle in. Ek is nie ophoogte met hulle politieke bestel nie.

Is die Arbeidersparty ook 'n konserwatiewe party en wat id hulle houding oor die immigrante kwessie?? 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus