Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -9 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/06/2024 - 10:19

Dis 'n mooi eienskap om hardwekend te wees, maar daar MOET perke gestel word. Selfs vir eienaars van hul eie onderneming MOET daar 'n ruskans wees,

... "jou eie baas, jou eie slaaf". Ek het dit meermale vir my seun gesê wat ook 'n eenmansaak het - deesdae twee eenmansake. Na etlike jare het die pennie by hom ge-"drop" en gaan hy jaarliks met vakansie met sy gesin (gewoonlik winter-vakansie) en dan gun hy homself ook minstens 2 weke se hengel by Henties. Hy't juis nou-nou vir my die datums (22 Feb - 8 Mrt 2025) vir volgende jaar se Henties-trip gestuur en verneem of ek "in" is (sal nog besluit). Eerskomende Saterdag vertrek hy met sy gesin vir 3 weke na Thailand. Sy kliënte word net dienooreenkomstig in kennis gestel.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2024 - 13:10

ChrisS, ek staan by my "skoonpa-prekie". Soos ChrisB ook hierbo uitwys, gesinsvakansies behoort nie ondergeskik te wees aan werk in 'n eenman/vrou-saak nie - dit hoort andersom.

Planne moet beraam word om die struikelblok te oorkom, deur byvoorbeeld 'n geskikte werknemer aan te stel of om 'n vennoot in te neem of om 'n "locum" toe te laat om die fort te hou.

Soos 'n goeie, bekommerde skoonpa, "Ik heb gesegt" -  sal nie verder torring nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/06/2024 - 16:34

Chris S, volgens my buurman het Georges valley se pad 'n paar slegte gate. Hy het my aangeraai om eerder Magoebaskloof te ry.

Laat weet watter pad jy gebruik het, Tzaneen toe, dankie 

0
Pretoria

Geert

Mon, 10/06/2024 - 16:38

Ek het nounet elders gelees van iemand wat vanoggend Magoebaskloof gery het....dit is sy terugvoering

Magoebas gery vanoggend. Tops.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 10/06/2024 - 19:12

Die nadeel van die Ranger is dat ek nie op teer in laestrek kan ry nie. Die Prado kan, en mens kan enige rat kies. Ek weet mens kan teoreties met die Ranger ook, maar in hoëstrek gaan selfs tweede sukkel om die kombinasie stadig genoeg te laat ry sonder remme teen Magoebasklood af en mens gaan baie stadig moet ry om na tweede te kan skakel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/06/2024 - 19:42

....gaan jy dus maar wel Georges valley afsleep. Indien wel, laat weet tog hoe die pad was. Ek verkies mos eerder Georges valley langs.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 06:02

Die kere wat ek met die roete af is, was daar ook maar ‘n paar slaggate. Mens moet net in die skadukolle mooi kyk, want dis waar dit mens onkant kan betrap. 
 

Verlede jaar is ek met die Prado by Magoebaskloof af, en die dele waar dit ‘n enkelbaan was het mense agter my ongeduldig geraak en kanse gevat deur verby te gaan waar nie hulle of ek kon sien of dit veilig is nie. Dis ook nie pret of veilig nie. 
 

Soos ek nou voel gaan ek die alternatiewe roete gebruik  oppad af. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 11/06/2024 - 07:13

Terugvoering soos elders raakgelees. 

If you stay over in Magoebaskloof, dont get confused with Magoebaskloof Getaway. Fantastic place with 10 stands but you need a 4x4 to get in and out. Whatever you do DONT take the Georgesvalley Rd its horrible. Magoebaskloof is a 7km pass, not bad at all. I am driving that rd tomorrow morning 6H00 with a Quantum and a trailer. 

The R81 Duiwelskloof/Modjaji rd very bumpy and I stay away from that one as well. Up to Gravellote the road is in good condition.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/06/2024 - 12:05

Ek ry altyd Magoebas kloof en sukkel nie te veel nie, my kar is maar 2.9 diesel. Ek skakel oor na sport mode en rem tot by tweede waar nodig. Gebruik ook die remme om te help, nog nooit warm remme gekry nie, "touch wood".

Met die terug kom is die opdraendes plek-plek bietjie erg vir die kombinasie, as daar stadiger voertuie is, maar vir my is dit 'n lieflike pad.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 12:09

...  " my kar is maar 2.9 diesel" Dan seker ook nog met 'n turbo, nou hoe moet  ek nou voel met my 2.4 dieseltjiesad

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/06/2024 - 12:16

Nee man, kar het nie eers 'n turbo in nie. Ek hou nie van daai aanjaers nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/06/2024 - 12:56

'n Vriend van my in Tzaneen sleep 'n Penta met sy Ford Ranger. Ek het net-nou met hom geskakel en hy't bevestig wat hy voorheen genoem het - Magoebas (op en af) is die beste pad om woonwa te sleep. Hy raai George's Valley heeltemal af.

Ekself het nog nooit George's Valley gesleep nie, maar die laaste keer wat ek dit "bloots" gery het, het ek al die besluit geneem dat ek dit nie wil sleep nie. Ek het al die Modjadjiskloof-pad (Duiwelskloof) gesleep, maar Magoebas is maar net 'n baie lekkerder pad om te sleep.

Ja - dit is plek-plek steil, maar as ek afgaan rat ek af na 2de en rem waar nodig - en nog nooit probleme ervaar nie.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 13:06

Ek sal maar weer die bestuurders agter my frustreer as ek dit kan regkry om die Ranger in tweede te sit teen Magoebaskloof af. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/06/2024 - 13:35

Ek gaan my berus met wat alles hier geplaas is. Ek sal vir Marie die mooi deel deur Magoebaskloof wys die jaar. 

Chris S: Jy sal dit regkry, gaan toets dit bloots. Stel vas in sport mode, wat ook gebruik word om handrat te ry, teen watter spoed kan jy afrat na elke rat toe. Jy sal egter rat vir rat moet terugskakel.

As jy oorslaan van "Drive" na "Sport", gaan dit oor na dieselfde rat, of reeds 'n rat laer? By my Hilux, as ek uit Drive na handkeuse oorskakel, gaan dit teen minder as 100km/h vanaf 6de direk na 4de rat toe. Na gelang van hoe spoed verminder kan ek dan afrat.      

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 14:20

Ek het die handrat oorskakeling nog net een of twee keer getoets, so ek weet nog nie lekker hoe dit werk nie. Ek sal maar net stadig moet ry aan die bopunt van die pas voor dit te steil raak sodat ek ‘n lae genoeg rat(ek sal tweede verkies) kan kry. Ek verkies dit om teen die enjin se kompressie ‘n lae spoed te handhaaf pas af en so ver as moontlik nie aan die rem te raak nie. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 11/06/2024 - 20:10

Ek het vanmiddag toe daar niemand agter my is nie die Ranger se handrat modus getoets. Gewoonlik sit ek dit slegs in Sport modus wanneer ek sleep, en laat die ratkas self besluit wat dit wil doen. 
 

Die vorige kere wat ek dit teen die pas af na De Doorns toe van Touwsrivier af getoets het, het ek die rathefboom verkeerde kant toe gedruk. Dis omdat ek nie gelees het watter kant is + en watter - nie.
 

Ek het stadiger gery en die hefboom af (na die agterkant van die voertuig toe) gedruk en verwag dit moet na ‘n laer rat oorskakel. Dan flikker die rat waarin dit is, bv 3, net en dit bly in 3. Mens moet dit op (na die neus toe) druk om na ‘n laer rat te skakel. Nou is ek reg vir Magoebaskloof.
 

Soos julle kan aflei is dit my eerste outomatiese voertuig wat die funksie het. Dis ook maar net my derde voertuig met ‘n outo kas. Die eerste was die 2011 Everest en die tweede die 2008 Prado. 
 

Terloops Wessel, as ek die Ranger se hefboom regs druk uit D uit in S in wys dit steeds D op die paneel. Daar kom net ‘n klein S by. Dis eers wanneer ek die rathefboom op- of af druk dat dit die nommer wys van die rat waarin dit is. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 06:26

Ek dink steeds die skakeling werk verkeerd om. Die Everest en Prado se rathefbome het nog ‘n 1, 2, 3, 4 en dan D positie gehad. Die Everest wel nie 4 nie, maar jy kon dit beperk to 4 deur die overdrive af te skakel. Beide se 1 was aan die agterkant en D aan die voorkant van die voertuig. Dis my verskoning vir my fout en ek hou daarby. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus