Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -13 minutes ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -37 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -37 minutes ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Worcester

Wildehont

Wed, 19/06/2024 - 15:38

maar was dit nie 'n wyfie-kolgans nie?

Jammer vir die tikfout 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/06/2024 - 06:31

Jy kan maar spot Lapskag, dit bly maar senutergend in Kruger met 'n woonwa, of selfs waentjie gehak, as daar olifante naby/in pad is. Sekerlik een van die redes waarom ek die afgelope toer so geniet het. Geen olifante in parke nie.    

0
Worcester

Wildehont

Thu, 20/06/2024 - 12:54

Ons ou vriend wat hier woon het van so 04:00 af gewei net ander kant die heining. Hierdie swak foto het ek 06:04 geneem net voor ons op wildrit gegaan het.

A

Die volgende swak foto het ek gisteraand geneem. Terwyl ek vir Kara nag soen hoor ek Chris Jnr sê hy sien ‘n siwet. Toe ek buite kom sien ek dis ‘n witkwas jakkals. Slegs die tweede een wat ek in die Krugerwildtuin sien. Hy het ‘n paar keer reg voor ons staanplek verby gehardloop. 
 

A

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 20/06/2024 - 13:27

Ek was darem al gelukkiger as jy met witkwasjakkalse, maar 1 van 8 wat ek al in die wildtuin gesien het was juis teen die kampdraad by Shingwedzi.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/06/2024 - 13:31

... hou baie van jou 2de foto. laugh dis lekker om seldsame dier te sien.

Het julle 'n staanplek met 220V, want ek is seker daar is 'n sonpaneel agter jou bakkie uitgepak,  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 20/06/2024 - 19:14

Na ons wildrit vanmiddag kom ‘n wildvreemde dame om die Kavango se tent gestap, en vra of ons van Worcester is. Toe ons bevestig sê sy dat haar ma op een of ander kampforum is, en vir ons beskuit gestuur het. Dis toe Rona se dogter, wat hier kuier oppad terug Mesina toe nadat hulle in Dullstroom gekuier het. Kyk nou net die lieflike verrassing. Baie dankie Rona!

 

A

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/06/2024 - 19:41

Ek sê mos, kampmense is besondere mense.  Wat 'n mooi gebaar van Rona !

Ek weet niemand lees meer op my vervelige Wildtuin-gesprekslyn nie, maar daar het ek vanoggend drie bewyse geplaas van hoe wonderlik kampvriende is.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 20/06/2024 - 19:49

net 'n baie klein happie om te sê dat ek aan julle dink en wens ek was ook daar...(geen baasbakster nie - maar met liefde gebaksmiley) Toe ek besef julle datums in Shingwedzi oorvleuel kon ek die versoeking om ietsie saam te stuur nie weerstaan nie.

Hoop julle geniet die kamp en die wildtuin met alles wat dit bied. Vandag se hoogtepunt....sjoe! Met kleintjies in die trop is dit darem 'n taamlik gewaagde posisie...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 20/06/2024 - 19:55

.........die slurp in die lug, het hy/sy getrompetter ?  Dis darem 'n besonderse klank !  Ek sien dit was op 'n gruispad, was dit darem skaflik en watter pad was dit ?

Ek aanvaar dit was vroeg tydens sonsopkoms.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 20/06/2024 - 20:53

Mooi gebaar, so tipiese kampeerder gebaar. 

Len ek het jou vervelige gesprekslyn gelees en vind dit NIE vervelig nie, wou daar ook sê dat kampeerders is 'n spesiale spesie van mense. Ons ervaar soorgelyke vriendelikheid oral waar ons gaan. Bennanta het bv een keer 'n glas hartjie gekry van 'n buurvrou wat dankie sê vir ons hulp met hulle opslaan.

Terug na die gesprek, Chris beonderse foto van Wessel se gunsteling dier, kan nie help om in my mou te glimlag as ek die prentjie met hom voorstel nie.devil

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/06/2024 - 05:09

Julle ouens kan maar spot, volgende maand is dit sulke tyd. Gelukkig het my kamera 'n goeie zoom op, dus kan ek van vêr afneem. Boonop kan ek nog in "reverse" ook dalk afneem.

Met olifante is daar 'n paar afstande, veilig vêr, naby en do....rs naby. Ek verkies veilig vêr, olifante is mos mooi groot om van vêr te bekyklaugh

0
Worcester

Wildehont

Fri, 21/06/2024 - 13:50

Ons het vanoggend van Rona se heerlike beskuit geniet tydens ons oggendrit. Wat ‘n wonderlike bederf! Baie dankie Rona. 
 

Die olifante op gister se foto was net voor sonsondergang op die S55 ommetjie naby aan die brug se ingang daarvan. Ek het die troppie sien aankom oppad rivier toe en gestop voor ek hulle weg versper oor die pad en afgeskakel. Dis die matriarg wat so neus in die lug vir ons gestaan en kyk het terwyl die trop wag vir haar teken dat dit veilig is om die pad oor te steek. Sy het nader gekom en ons goed uitgekyk, en ook om die kar geloop na Salomien se kant en haar die oog gegee. Toe besluit sy dis veilig en hulle stap af rivier toe waar ons hulle ‘n rukkie later sien drink het uit gate wat hulle in die droeë bedding gegrawe het.
 

Dit was ‘n lieflike ervaring en al was my gesin bietjie op hulle senuwees weet hulle teen die tyd hulle pappa ken olifant gedrag goed genoeg om nie kanse te vat nie. Die mamma met die kleinste kalfie het laaste oorgesteek en ook gestop en ons vuil uitgekyk voor sy die res van trop gevolg het. 

Die grondpaaie waarop ons was sover (S50 verby Kanniedood en S56 se onderste deel) is heel skaflik, maar die paaie sien aansienlik minder verkeer en reën as die in die Suide. Die stuk tussen Nyawutsi skuiling en Grootvlei dam was redelik erg sinkplaat. Grootvlei dam was ‘n teleurstelling - kurkdroog.

Sover ontwyk die roofdiere ons, maar ons sien lieflike olifante, buffels, koedoes, kameelperde, sebras en rooibokke. Ons het gister ook ‘n paar nyalas gesien en vanoggend nog ‘n trop basterhartbeeste sommer naby die kamp in die rivier. 
 

Hier is gister se kwaai mamma en haar klein kalfie. Die was nog nie ‘n jaar oud nie met dons op die voorkop.

A

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/06/2024 - 14:25

..............vertellinge en fotos.  Ek stem saam, 'n troppie olifante is altyd 'n interessante ervaring om hierdie slim diere dop te hou.

Ek onthou so 25 jaar terug was ons ook in Shingwedzi toe daar een nag leeus al langs die rivier loop en brul het, eers van veraf en later al nader en die gebrul al harder en toe weer al sagter soos hulle by die ruskamp verby geloop het - natuurlik hulle nooit gesien nie, maar net gehoor. Met die gebrul het ons drie kinders wakker geskrik en penregop in hulle beddens gesit van skrik.  Ons het destyds 'n ses-slaapplek Gypsey Caravette gehad en al vyf van ons het binne-in die karavaan geslaap.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/06/2024 - 14:51

... die deel Wildehont.

Die stuk tussen Nyawutsi skuiling en Grootvlei dam was redelik erg sinkplaat. Grootvlei dam was ‘n teleurstelling - kurkdroog.

My persoonlike ervaring is dat die grootste gedeelte van die S50 tussen die S143-afdraai (Tropic of Capricorn Loop) en die Nyawutsi-skuiling gewoonlik maar sleg is. Alhoewel ek nog slegs 4 keer by Grootvleidam was, was ons nog nooit besonders gelukkig daar nie - alhoewel ons al by geleentheid 2 leeuwyfies daar gekry het. Nietemin, is dit gewoonlik 'n mooi dam om te besoek.

Verskoon dat ek jou draad met onderstaande foto besoedel - maar dit is presies die tipe toneel wat my die lang- en gewoonlik slegte pad na Grootvleidam laat aandurf.

Grootvleidam

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/06/2024 - 16:26

....en ander saam geselsers, deel maar die inligting, ek maak verwoed notas en merkies in my Kruger padkaart boek.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 22/06/2024 - 13:15

Wessel, al die staanplekke hier het krag sover ek weet. Jy moet net ‘n lang verlengkoord hê en nie hartseer wees as mense daaroor ry nie. Die sonpaneel is vir die tweede battery vir die Engel waarin vloeistowwe koudgehou word agter in die Ranger. Dit word gelaai met die WRND DC-DC laaier van die Ranger se battery af tydens wildritte en met die sonpaneel in die kamp. 
 

Die staanplek is eintlik vrek groot. Dit strek van die rooi lyn aan een kant van die foto tot die rooi lyn aan die ander kant. 13 langsaan is ook lekker skaduryk. 
 

A
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/06/2024 - 16:04

...wat jy daar het. As jy reg is met jou 2 rooi strepe is dit omtrent groot. Ek sien egter links en knap regs van jou wa sulke klein groen bordjies. Dis nie dalk 2 staanpleknommers nie???laugh

Marie sal ook hou van daardie staning, lekker skoon sonder gras enstruike, en mens kan slang se sleepsel sien. Sy glo die slange gaan by badkamer se stortpan toegang kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus