15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
Hilux ratte
My trokkie is ook as volg;
1]beweeg hefboom na regs om handrat opsie te skakel. Dit skakel direk oor na 4de rat, wat dan hoogste rat is.
2] trek/tik hefboom na agter om laer rat te kies.
3] tik hefboom na voor om hoër rat te skakel.
Ek moet ook maar eers elke keer mooi kyk as ek dit handrat wil ry.
Ek het nogal geskrik, eerste dag van afgelope toer. Ek het die spoedbeheer op 105km/hr, en beweeg teen baie steil bult op. Die volgende oomblik verloor Grompie net krag en begin spoedverloor. Die rekenaar het net spoedbeheer afgeskakel want dit kon nie spoed handhaaf teen bult nie. Ek was vir 'n oomblik verward, tot ek besef het wat gebeur het. Die oomblik toe ekself begin diesel trap, begin alles natuurlik regkom, maar teen laer spoed in normale "Drive"
Ranger is verkeerd om
Sien, julle voertuie werk met dieselfde logika as my ou Everest en die Prado. Af is agtertoe en op is vorentoe. Die Ranger werk andersom, en dis hoekom ek gedink het ek gaan sukkel om ‘n lae genoeg rat te kies teen ‘n bergpas af. Nou dat ek weet ek moet vorentoe druk om af te rat is ek gemaklik.

Chris S.......
...ek dink jy is verkeerdom.
Ek neem aan P in foto hierbo is aan paneelbord kant. Dan is afrat vorentoe en oprat is na agter [weg van P]
Korrek. Verkeerd om
Dis reg Wessel. Vorentoe is af en agtertoe is op. Die teenoorgestelde van die ander vier voertuie wat hier bespreek is.
Medisyne gekoop
Ons gesin is geseënd met goeie gesondheid, maar ek het na werk ‘n klompie medisyne gaan koop. Hoofsaaklik griep goed. Ons het darem soos elke jaar inentings gehad, en het sover die erge griep wat party kinders hier in die hospitaal laat beland het vrygespring. Maar mens wil nie van Shingwedzi af Phalaborwa toe neuk omdat jy nie basiese medisyne het nie.
Dit is nogal,
Dit is nogal "weird", mens dink mos anders om?
Wat ek ook gedink het
Dit is nogal "weird", mens dink mos anders om?
Gasbottel lek
Gelukkig besluit ek om na werk ‘n gasbottel wat ek onlangs laat volmaak het in die wa te sit. Toe ek dit koppel, toets ek eers om te kyk of die koppeling nie lek nie. Dit blaas soos ‘n pofadder langs wie jy getrap het. Om ‘n lang storie kort te maak, dit lek by die meganisme waarmee die klep oopgedraai word - nie by die koppeling nie.
Die bottel kom al saam met my vir 27 jaar, en het rowwe paaie gery in ‘n vragmotor toe ek toere gelei het in Botswana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië en Kenia. Ek sal môre uitvind of hulle dit kan regmaak, maar ‘n spaar een saamvat om vol te maak ook. Ek sal liewers die spaar een (wat ek toevallig saam met die Kavango gekry het) in die wa sit. Ek is net bly ek het dit vandag agtergekom.
Môre moet ek deur drie vergaderings sit en nog ‘n paar takies afhandel by die werk voor ek met mag en mening moet kom pak. Die plan is om Saterdag 05:00 op te staan en 07:00 te vertrek. Wel, dis my plan…
Voorspoed Wildehont. Môre…
Voorspoed Wildehont. Môre gaan ń kort dag wees.
Chris S....
....jy moet onthou, ons almal wil saam toer. Hou ons ophoogte van al julle wedevaringe en fotos is altyd welkom.
Veilig sleep
Veilig sleep
Veilig sleep Wildehont. Ek hoop julle ry voorspoedig en het n onvergeetlike lekker vakansie en nice sightings in KNP. Sal draad dophou vir vertellinge en foto's
Amper daar, Wildehont!
Sewe slapies is verby, sewe stap laaier ook, nou nog net +/- 7 ure voordat julle in die pad val! Hoop julle het 'n veilige rit en dat die vakansie alles sal wees waarvoor julle wens. Geniet!!!
Dankie julle
Gister was ‘n vreeslike besige dag. Ek het darem so 6,5 ure geslaap en gaan nou opstaan om die Ranger te pak. Dan die gesin wakker kry en sleep. Ons vakansie begin amper!
Veilige reis ...
... toegewens Wildehont en geniet elke oomblik.
Veilige reis al die Smalle…
Veilige reis al die Smalle en mag die voorspoed julle verveel hoor. Nou kan ek ook sien wat in die wildtuin aangaan, ek was lank gelede eendag ook daar gewees en dink so laaang toer daar kan lekker wees. Geniet dit hoor.
Ons ry goed sover
Die Ranger sleep soos ‘n droom. Party lede sal die plek herken.

Ja, ek herken ...
... die Engen Truck Stop in Beaufort-Wes. Al baie daar volgemaak met diesel. Lekker verder ry.





Rat hefboom
Môre Chris, my kar se rat hefboom werk soos volg, normaal in D, dan druk jy die hefboom na links vir sport mode. Om laer te rat tik (trek) jy die hefboom na agter, vir hoër ratte na voor. (ek hou nie daarvan dat die ratkas in sport self besluit nie, dit vat te lank na my sin om op te rat)
Hoop ek maak sin.
As ek jou reg verstaan, is die Ranger anders om?