Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -22 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -51 minutes ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Desember saampraat

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings. 

Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.

Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.

Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 02/12/2025 - 21:39

Soos julle op "wie is jy" gelees het, is ek baie lief vir enige musiek, behalwe boe..Ek luister na Ge Korsten....

Ek sit vannaand en die lysies maak om al die goed bymekaar te maak vir inpak Saterdag.  Volgende Vrydag ry ons vroeg die pad Onrus toe.  

Kan nie wag.  Na ons Mei maand toer wil mama sekere veranderinge aan bring aan die kaste..... So ek wag net en kyk...

Mooi bly vriende.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/12/2025 - 13:36

... (afgelope Vrydag) dat Rona se oud-padstal, naby die Stilbaai-afdraai, nou heeltemal gesluit is. Daar's nie eens 'n naambord op nie. En dit net voor die vakansie-seisoen??

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 03/12/2025 - 17:27

jy laat my sommer baie ver terugdink en verlang na goeie tye. As ek reg onthou het Wildehont ook 'n tyd gelede gesê dit lyk asof iemand nou daar woon. Sal moet baie soek, maar iewers is nog foto's van die stalletjie met vrolike sambrele en tafels. Ek was elke oggend so opgewonde om die plekkie oop te sluit en het ook van die interessantste mense ontmoet. Praat van naamborde - Daan kán 'n sign maak en het daar ook nie teruggehou nie. Dit was/is 'n 120km/h pad, so moet borde groot wees om teen daardie snelheid leesbaar te wees.....Tot groot frustrasie (wat later moedswilligheid geword het) van 'n omie wat by die padadministrasie gewerk het. Ek onthou sy van so goed, maar sal dit liefs nie hier skryf nie. Ten spyte van die feit dat dit verder ingeplant was as die toelaatbare afstand vanaf die pad het hy dit elke keer laat verwyder. Hy wou ons beperk tot slegs 'n naam op die geboutjie. Ons het geweet daar was politiek ook by betrokke. Opgee was min, en Daan het twee sleepwaens gebou waarop hy die borde gemonteer het. Daar is nooit iets oor gesê nie. Skielik was dit aanvaarbaar, want dit is nie permanente strukture nie. Ai tog! Maar besigheid was goed en ek het dit geniet om mooi en lekker en vars goed aan mense te verkoop en hulle gelukkig te sien. Tolangé Padstal.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 17:28

Laat ek julle vertel van hoe kriminele mens skade berokken!!!

Laas Sondagoggend 01h00 bel 'n huurder in kompleksie my wakker----daar het nounet 2 goete op haar dak geval. Ek laat die sekuriteit uitkom, en kry niks aan straatkant nie.

Vandag 11h30 bel die eienaar my. Ek moet tog daar gaan kyk. Daar is groot waterskade met die baie reen wat ons van Sondagnag af gekry. Ek klim op en vind 2 bakstene wat dwarsdeur die sement dakteels geval het. Die booswigte het toe sowaar 2 bakstene oor 'n 2.5m hoge tuinmuur gegooi, seker om te kyk of daar reaksie is, en mense tuis is.

Die water stroom toe deur die gate, loop deur die "drop lights" en natuurlik is plafon lekker bruin gevlek. Gelukkig is dit van hierdie hoë skuins plafonne wat teen dakhelling ingesit is.

Ek het toe maar die son trotseer en 3 teëls vervang. Ek hoop goeie plafon verf ["flat white enamel] sal voldoende wees om plafonne net te verf. 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 03/12/2025 - 19:43

Jislaaik.  Dit is so onnodig om bakstene te gooi.

Gelukkig het ek bure wat so goed is sso jy Wessel.  As ek weg is gebruik hulle my buitekant van my huis om karre ens te stoor.  So daar is bewegings byt my huis....

Groete uit Windgat kaap...

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 03/12/2025 - 19:51

Fleetline is nu weer ingerig vir lank staan.  Kaste se binnegoed is verander wat reg was vir toer.  Ek neem nie deel hieraan.  

Saterdag begin ek te pak en uit te werk en lysies by te werk.

Lekker man lekker.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/12/2025 - 07:33

Ek lees van die vrou wat op die Jakes Gerwel pad, wat ook die N7 is, waar dit by die N2 aansluit, doodgesteek is. Dis nou naby Kaapstad lughawe.

Helder oordag, blykbaar het verkeer gestaan en die syruit is uitgeslaan. Daarna is sy paar keer in die bors gesteek.

Die mense was afkomstig van Nelspruit, oppad na Vredendal. Ek raai hulle het die GPS se roete gevolg, en die het hulle op daardie rower besaaide roete geplaas. GPS'e toon mos gewoonlik die kortste roete na jou bestemming, en die Laevelders was dalk onbewus van die hool waardeur die GPS hulle lei. 

Die R300 om vanaf lughawe, om op N1 te kom en dan Klipheuwel om te ry is beslis veiliger, maar ook nie gewaarborg veilig nie.   

Ek hoop die nuwe lughawe naby Durbanville word spoedig voltooi, en die omgewing word "plaas" beskaafd gehou. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/12/2025 - 13:45

...ek hoop jy is ten volle herstel, en lekker terug by die werk!!!

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 08/12/2025 - 19:54

Almal se kom Kaap toe want die DA... Bly daar waar julle is.

DA sluip addisionele kostes in on munisipale rekeninge om kostes te verhaal....

Hulle verloor die oorlog en geveg.

Nee wat.  Ek skaam my dood as dit gebeur.

En ons politisie en polisie trek net skouers op.

Jammer mense

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/12/2025 - 06:22

....dis amper tyd om amptelik met verlof te wees.

Julle moet weet dat wanneer pensioenarisse ook reikhalsend uitsien na die laaste "werksdag", dan is dit rof.

Party lede het lekker vooruitsigte soos;

Onrus toe gaan

ander gaan hulle nuwe 4x4 instudeer en hopenlik oefen

ander gaan vêrder ontdek aan hulle Sensasionele nuwe wa. 

dan wag Dwarswegstrand vir party vriende

ander gaan heerlik saam met kinders en kleinkinders kuier.

Dan is daar ander wat maar die tuinroete gaan doensad

Dink tog aan ons tuisblyers,  en vergas ons met julle vakansie-staaltjies.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 09/12/2025 - 07:58

Jip, Onrus is ons voorland vir die volgende 4 weke.  Maar die voete gaan baie wees.

Almal moet lekker kuier en ek sal so nou en dan ietsie op sit.

Groot G - gaan groot.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/12/2025 - 11:07

...neem jy 'n boot, kano of platboomskuit saam Onrus toe. 

Seker maar baie OBS vir daardie koue water, of hoe?"? 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/12/2025 - 09:19

Hierdie is 'n toets om te kyk of die forum induie gestort het. As ek kyk na die tydsverloop vanaf vorige [laaste] insette, moet hier fout wees.laugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 10/12/2025 - 16:09

Vandag  gaan hare skeer en toe in die spieël gesien hoe my nekvel met die hand so na die eenkant toe getrek word om dit glad te kry vir die skeer werk. Sommer hard begin lag. 

Ai oudword kom met verskeie uitdagings smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/12/2025 - 16:18

...van my is ook geskeer die week. Ek het egter 'n jong soepel neklaugh en kom weg met die krenk van die nek, na links en regs en af, om vel glad te trek. 

Die probleem is dan egter, skoon lighoofdig soos wat die nekare toegetrek was. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/12/2025 - 16:28

... my hare skeer sal nie waag om te doen wat met Jan gebeur het nie. Sy weet dat sy saans saam met my moet slaap.

Ons is volgende Saterdag 50 jaar getroud en was al vir 3 jaar 'n paartjie voor ons troue - m.a.w. 53 jaar saam. Vir 53 jaar skeer sy my hare. Nee ek jok, my skoondogter ('n haarkapster) het darem ook by 2 geleenthede my hare geskeer.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 10/12/2025 - 16:33

... "shopping" om Mei/Junie vir die ver kinders te gaan kuier. Mensig - nou kos dit darem 'n arm en 'n been om oorsee te vlieg. Gevolglik is ek verplig om ekonomiese klas te vlieg, maar dit is 'n straf met my lang lyf in daardie opmekaar sitplekke. Ek kan sitplekke met ekstra beenruimte vooraf bespreek, maar ai - jy hoes daarvoor. Ek sal maar môre probeer finaliseer - nadat ek die bankbestuurder gaan spreek het.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 10/12/2025 - 20:59

Groot wind of Groot Hurricane.  

More, 11/12/2025 is my laaste dag van audits/konsultasie, ens, ens.  Jippee

Mamma het vandag klaar gemaak.

 

Groete aan almal.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus